3. Die jaar van Nelson Mandela en Kurt Cobain

5 0 0
                                    


1994 was 'n historiese jaar

Die meeste buitelanders met wie ek gesels is baie geïnteresseerd in SuidAfrika se geskiedenis. So laat ek my twee sente werd byvoeg vir die nageslag. Omdat ditgebeur het om en by die brug tussen my kinder-en-tienerjare, is hierdie myondervinding van hoe gebeure ontvou het.

In 1994, toe ek 14 geword het en in Graad 8 was (of Standerd 6 soos dit toe genoem is) het Suid Afrika sy eerste vry en regverdige, demokratiese verkiesing gehad. Nelson Mandela was vrygelaat van die tronk en, 'n jaar later het hy ons eerste, swart president geword.


Ek onthou, as 'n kleuter, in die 1980s, hoe swart mense nie toegelaat is om in dieselfde restaurante as wit mense te sit nie. Ek onthou hoe my ma gewoed en gerebeleer het teen die patriargale Apartheidsregeering en hoe gaaf sy was teernoor ons huishulp (ook "ausi" genoem in Suid Afrika. Dit is die Noord Sotho woord vir "ouer suster") wat in 'n buitekamer op ons erf gewoon het. 


Lettie se man, Lucky, was 'n dronklap wat haar geslaan het. Hy het 'n klomp buite-egtelike verhoudings gehad en eventueel opgeïndig met VIGS. Hy is oorlede, maar nie voor hy Lettie en twee van hul babas besmet het met VIGS nie, baie soos die Oscar-genomineerde, Suid Afrikaanse fliek "Yesterday".


My ma het haar baie gehelp. Ma het nog altyd 'n hart vir mishandelde vrouens gehad veral vrouens met klein kinders. Die lot van vrouens in Suid Afrika, praat nie eens van vrouens van kleur nie, is 'n moeilike een. Vandag is geslagsgebaseerde geweld ongebreideld in ons land.


My moeder sou ook haar Indiese vriendin van kerk, Maud, gaan besoek by haar huis in 'n lokasie. Selfs al is my ma en pa se kar gepeper met klippe, het sy nie toegelaat dat dit her afsit om klein gaafhede te bewys nie. Groot dade van verset sou jou in die trok laat opeindig. Rebellie was altyd, siedend onder die oppervlak.


Toe ons klein was het my ma ons "Wimpy" toe gevat, die plaaslike, kitskos restaurant. Ons was arm maar my ma sou een geroosterde kaastoebroodjie en een wafel opdeel in vier kwarte. Dan het sy 'n lepelvol roomys van die wafel in ons kinder-grootte, heldergroen, Cream Soda drankies gegooi om "floats" vir ons te maak. Sy was altyd baie oorspronklik in hoe sy haar laaste sent uitgerek het, uit 'n armsalige, onvoldoende skoenveter-begroting.


Dit het haar altyd ontstook en bedroef as sy die arme Indiese vrouens, buite op die bankie sien sit en eet het, met hulle kinders, in die hittige son. Die Indiese vrouens het drie keer meer geld gehad as ons maar hulle moes buite sit. Sy het altyd gesê "petty" Apartheid was verkeerd. Dit was, kleinlik!


Op daai April nag in 1994, toe die ANC die eerste, demokratiese verkiesing gewen het, het ons voor die televisiestel gesit en was on verslaë. Die meeste witmense het gevoel asof hulle hul land verloor het vir altyd en dat hulle in hulle beddens sou vermoor word binne die volgende jaar.


Maar President NelsonMandela was nie net 'n wonderlike revolutionêre leier nie, hy was ook 'n uitmuntende staatsman. Sy hoof doel was om die land te verenig, nie om dit enigsens verder optedeel nie. Hy het vrede bepleit (kyk asseblief "Mandela: Long Walk To Freedom"). 


Eerste het hy 'n wit, Afrikaanse persoonlike assistent, Zelda le Grange, aangestel (aanbeveelde boek; "Good Morning, Mister Mandela"). Toe het hy daarop aangedring om 'n gemengde ras groep mense te hê wat vir hom werk, van sy lyfwagte tot sy administrasiestaf. In werklikheid, het baie swart mense uitgelaat en afgeskeep gevoel omdat Madiba so hard probeer het om regverdig te wees en die witman se brandende vrese te kalmeer.

Briewe van die Ander KantWhere stories live. Discover now