Liefde Maak Seer
- Jay
Hoofstuk 6
Die twee weke het so vinnig geloop dus uiteindelik vrydag.
Ek het elke dag saam met Liam geloop en ons gespreke het net meer en meer interessant geraak.
Hy is rerig een van die mees angename mans wat ek ooit al ontmoet het.
Nie dat ek ooit al ander mans ontmoet het nie, maar hy is definitely die gentleman wat ek nog altyd gedink het hy is.
Dit lyk nie of Dedrei hom al gedrop het nie, maar dit is nie my besigheid so ek het besluit om niks te sê nie.
Die dag het soos gewoonlik begin. Ek en Liam het skool toe geloop. Hy het steeds my bene lam gemaak. Sy woorde het net dieper en dieper geword.
Ek kon ure na sy stem luister dit het soos musiek geklink vir my siel.
Ons het mekaar gegroet by die skool hek soos gewoonlik ,wat einlik simple was want ons is tog in een klas en sien heeldag mekaar.
Ek het na Karla toe geloop wat alweer heel besig was om haar vingers rooi te tik.
“Hey vriendin.”
“Heey Jess, so is jy reg vir vandag?”
“Wat maak ons vandag?”
“Durh, dommie is mondeling.”
“Ek het skoon vergeet daarvan”
“lord have mercy.”
“Ek het darem notas oor die topic so ek sal vinnig net iets aanmekaar slaan”
Ek het vir karla net daar gelos en vinnig badkamer toe gegaan, ek het nie keuse ek moet my net siek hou vandag want ek is rerig nie voorbei nie.
Die klok het gelui en darem is die eerste periode nie Afrikaans nie. Dus eers die vierde periode. So dit gee my darem nog tyd om iets aanmekaar te slaan.
Ek en Karla sit permanent langs mekaar in elke klas.
“Vriendin het jy toe iets geskryf?”
Fluister karla.
“Nee ek het nie.”
“Nou doen dan nou.”
“Ek wil reeds as jy net ophou kan praat.”
“Anyways ek hoor jy is aleen die naweek by die huis? Is dit waar?.”
“Ja ek is ek en my broer.”
Sy het hierdie skelm glimlag op haar gesig en ek ken baie goed as sy so glimlag dan is daar weer 'n hidden agenda.
“So ek het gedink ons moet saterdag aand iets by jou huis hou!”
Sowaar ek ken haar al so goed.
“Wat nee!! My Ma begin my nou net te vertrou, en nou wil jy dit opmors.”
“Asseblief ek gaan almal nooi!”
“Soos wie? Gaan jy vir Liam nooi?”
Dit moet nie uit my mond uit gekom het nie maar dit het.
“As dit beteken jy is fine met die kuier by jou huis as Liam kom, sal ek die skirk nooi.”
“Okay dan solank , ons nie omkeer nie. Maar ek los alles in jou hande die snaks en die drinks, wel ons het een probleem wat van my boetie?”
“Jy ken anyways niks van drinks af nie so los dit vir my. Moenie worry ek sal vir Manie ytsort”
Ek is nie juis seker oor hierdie idea nie, maar ek wil tog ook wys dat ek cool is en ‘n jol by my huis kan gooi so ek gaan met die plan.
Ek het darem my mondeling klaar geskryf. En alles is besig om in plek te val. Ek en Karla het laaste in die Afrikaans klas gekom, ons was vinnig badkamer toe net om ons mondeling vinnig in die badkamer hardop te sê.
Toe ons in die klas kom neem ons , ons sit plekke langs mekaar in, voor ek sit sien ek dat daar ‘n papier op my tafel is, met my naam voor op geskryf.
Ek maak oop, en begin lees. Karla nuuskurig natuurlik maar ek draai dan my voorkant na haar toe en lees die brief aleen.
‘Liewe Jasiri
Jy lyk mooi vandag. Met dit gese ek wou jou nommer heelweek vra maar ek het nie geweet hoe om te begin nie. Ek was nog nooit een wat skaam was om ‘n meisie se nommer te vra nie maar jy maak my skaam. Hiers my nomme 083…….
Stuur my ‘n SmS.
Xo
Liam. '
“En daardie glimlag , wat staan in daai brief?”
“arg nee dis somer maarnet ‘n brief!”
“uhm, ek sien somer maarnet ‘n brief!”
“hou op sarkasties wees jy!!”
Die was definitely nie my beste mondeling nie, ek het heeltyd oor my woorde gestruikel en die feit dat Liam se oë heeltyd op my was het my net meer en meer nervous gemaak totdat die juffrou gese het gaan sit maar Mev Bosman.
Die skool is finally uit en my ouers gaan vanaand die pad vat Johannesburg toe.
Oppad huistoe haal ek my selfoon uit en druk Liam se nommer in en stuur hom dadelik ‘n SmS sodat hy my nommer kan stoor. Maar ek weet hy gaan nie dadelik reply nie , omdat hy by die sokker oefeninge is.
(Paar minute later)
Ek en Manie het gehelp om Wilma en Seun se tasse in die motor te plaas. Ons was nog nooit so hastig vir hulle om te ry nie. Dit voel asof ons pas uit die tronk kom en vryheid vir die eerste keer ervaar.
“Jasiri jy moet mooi na Manie kyk ek sien julle Maandag.”
“Ek sal so maak Ma”
“okay dan my kinders ons sien julle dan.”
Ek en Manie groet hulle albei met soentjies en drukkies.
“Wees soet ons sal elke dag bel.”
My Ma hou aan met praat my Pa sit en wag alreeds vir haar sy maak asof ons haar nooit weer gaan sien nie.
“Regso! Totsiens mooi ry”
Toe die motor uiteindelik wegtrek gaan ek en Manie altwee in die huis.
“Sis kan ek saam met my vriende vanaand uit gaan?”
Ek wil sê nee maar ek voel skuldig omdat ek môre ‘n jol hier by die huis hou.
“Ja natuurlik kan jy , ek gaan môre paar vriende oor nooi. So kom ons maak ‘n deal jy kom sê nie vir Ma en Pa hiervan nie en ek sal hulle ook nie sê ek het laat jy uitgaan.”
“Jy is die beste ou sis, ons het ‘n deal maar ek gaan môre ook my vriende bring.”
“Geen probleem nie geniet jou aand!”
My boetie is maar net 16 en dus einlik die ouderdom waar mens jong mens word so ek gun hom ook maar die so called “freedom” vir die naweek.
Net toe Manie weg is begin ek en Liam mekaar heen en weer boodskape stuur.
Totdat ek hom vra om na my toe te kom, eerlik waar ek het begin bang raak omdat ek aleen in die huis is en ek is nie gewoond vir die stilte nie, lyk dit of daar iemand op die dak loop.
Dit was so voor 8 uur toe ek ‘n klop aan die deur hoor.
“Hey dit was vinnig!.”
“Jy weet mos ek bly net paar tree hiervanaf.”
“Soek jy iets om te drink?”
“Nee dankie ek het gehoop ek en jy kan iewers gaan.”
Ek wonder waarna toe gaan ons.
“Okay dan, maar het jy nie planne saam met jou meisie nie? dis tog vrydag.”
“Nee , ek en sy is nie meer saam nie!”
Ek probeer om verbaas te klink.
Die manier hoe sy stem klink gee my 'n aanduiding dat dit hom seer maak.
“aih nee rerig wat het gebeur?”
“Ek wil nie nou daoor praat nie, kom”
En so is ons twee weg....
Word vervolg.
Kort hoofstuk so jammer oor dit.
- Waarna toe vat Liam onse onskuldige Jasiri?
Kom vind sondag middag uit.
YOU ARE READING
Liefde Maak Seer!
Romance'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...