Liefde Maak Seer.
Season 2
Deur Jay
Hoofstuk 27.
My demons is terug en hulle is sterker as ooit en hulle soek vir ‘n geveg wat hulle kan wen en hierdie keer voel ek asof ek hulle gaan laat wen. Ek is swak ek probeer maar ek is nie sterk genoeg nie hierdie keer nie.
Ek het die hele dag in die toilet gesit kos was die laaste ding op my breins. En ten spyte dat Jerome kwaad is vir my het hy vir my aan een boodskappe gestuur om te hoor hoekom ek nie in klasse is nie.
Maar ek het my foon aangekyk asof dit die vyand is.
Brian se naam het ‘n verskyning gemaak.
Ek antwoord dadelik die foon want ek soek my sleutel.
“Jy kan jou sleutel kom kry hier by die cafeteria maak gou ek het nou klas.”
Ek probeer om reg te klink maar ek is seker dit is obvious dat ek gehuil het.
“Is reg...”
Ek sit die foon dadelik af en kyk gou in die spieel of ek nog reg lyk maar my oë is bloed rooi gehuil.
Ek gee toe nie om nie of Brian sien of nie is alles sy skuld die vark.
En die eerste ding wat hy agter kom is my oë.
“Is jy oraait babe?”
“Moet nie nog vra nie my sleutel asseblief?”
“Moenie so wees nie.”
Hy gee die sleutel.
“Hoe wees? Bye Brian.”
Draai ek my rug na hom toe en loop dadelik. Hy het nog die audacity om te vra of ek oraait is.
My lewe is een gemors dit voel asof ek op ‘n gebreekte rollercoaster is dit gaan af maar dit kom nie op nie.
Toe ek in my kamer kom bars ek dadelik weer in tranne uit en hierdie keer snik huil ek. Ek het net daar agter die deur inmekaar gesak. Die seer raak net al hoe erger.
Ek hoor my eie stem hoe ek skreeu dat hy moet op hou. Die reuk van drank die sweat op sy lyf.
Alles speel weer van voor af oor in my kop, ek sit inmekaar ek voel magteloos en al wat ek kan doen is huil dit is al manier hoe ek die pyn kan beskryf waardeur ek tans gaan deur te huil.
My hande bewe behoorlik en ek is pap nat gesweat.
Ek het weet nie vir hoe lank ek daar agter die deur gesit het nie maar toe ek my oë oop maak is dit pik donker in my kamer.
“Ruk jouself reg Jasiri .” probeer ek myself moed in praat om op te staan van die koue vloer af.
Toe ek op my bene is sit ek dadelik die lug aan, ek is honger maar ek kan nie eet nie.
Ek is na die klein kombuis toe om vir my ‘n brootjie te maak. Toe ek die lig aansit lê die glasse van die koppie wat ek gebreek het op die tafel.
“Ek haat myself.” Fluister ek stadig.
Ek neem ‘n stuk glas en gaan na my kamer toe.
“Dus mos wat jy wil hê Liam nou kan ek en jy uiteindelik saam wees.”
Liam maak sy verskyning net toe ek myself wil sny.
“Stop!”
Ek begin te lag soos ‘n maal haas “Oh so nou wil jy die held speel? Waar the hell was jy gisteraand? Toe ek jou die nodigste het??”
“Ek… het nie beheer oor sulke goed nie oulik jy moet verstaan.”
“Verdwyn net asseblief!!” ek gryp my hare borsel en gooi dit na Liam en dus verdwyn hy.
Maar hy maak net weer sy verskyning “Jasiri sit tog net die glas neer suicide is nie die oplossing.”
“Oh hoe gerief vir jou was dit ‘n oplossing hoekom nie vir my nie?”
Soos ek nog saam hom praat begin ek myself sny maar hy klap vinnig die glas uit my hand uit.
Ek wil myself nie dood maak nie ek wil rerig nie ek wil net die innerlike pyn na buite bring.
“Liam verdwyn asseblief.”
Die bloed begin af tap maar ek het myself nie so diep gesny nie.
“Okay maar belowe jy gaan jouself nie seer maak.”
“As if you care!”
Daar was ‘n klop aan die deur en Liam het dadelik verdwyn.
“Riri! Is jy daar?”
Dus Jerome ek wil nie antwoord nie maar hy kan sien die ligte is aan.
“Jerome!!! Loop net asseblief ek is oraait.”
“Jy klink nie oraait nie maak oop asseblief.”
Ek besluit toe om nie veder vir Jerome te antwoord nie.
Hy het aangehou en aangehou maar ek het later aan my earphones in my oor gesit. Wat van los my aleen verstaan Jerome nie?.
Ek het nie krag vir mense nie.
Ek gee nie eers om vir die sny op my arm nie die bloed loop so bietjie vir bietjie en my hand brand maar dus wat ek wil voel , ek wil die pyn voel.
Ek gryp dan weer die stuk glas en maak ‘n ligte merkie naby my pols se kant ek sny nie diep nie.
Maar hoe meer ek aan my innerlike seer dink hoe meer sê die klein duiwetjie in my kop ‘sny nog dieper Jasiri’.
Die trane loop ek wil dit nie doen nie maar….
Ek sny al hoe diep en voor ek my bevind is dit net bloed op my lanken, en ek begin stadig maar seker net wit voor my sien.
Word vervolg.
YOU ARE READING
Liefde Maak Seer!
Romance'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...