Liefde Maak Seer
Season 2
Hoofstuk 5
Deur JayOppad huistoe speel die ouma se woorde in my kop af, hoe op aarde, moet ek vir Wilma vra oor “die”. Ek kan nie laat dit netso gaan nie. Oom Hannes van alle mense.
Ek kyk toe weer my foon om te sien het Brian al reply op my text.
‘Ek sal sien kan ek afkom in die week moet dit eers met my Ma hulle bespreek en dan sal ek jou laat weet is jou ouers okay met dit eersten?’
‘Arg brai jy stress verniet praat met jou parentela’s en dan sal ek rëel dat my Ma hulle skakel want sy laaiks dinge op die ou manier doen.’
Om die waarheid te praat weet ek nie hoe op aarde gaan ek vir Wilma Bosman oortuig om te allow dat brian kan kom kuier nie.
‘Is dan reg babes kan nie wag om jou weer vas te hou nie’
‘ Ek ook nie lief jou ‘
‘ Lief jou ook mooi roosie’
Ek glimlag kwaai breed met my foon toe ek die hek van Wilma Bosman se yard in gaan.
Toe ek die klein kombuis deur ingaan sien ek alweer Dedrei se gesig sy is hard besig om skottel goed te was terwyl haar manlief afdroë.
“Dinge het omtrent verander van wanneer af help jy met die skottel goed Manie?”Inplaas van Manie wat antwoord gee die nuwe Queen of the house antwoord.
“Arg nee Jessie, ons noem dit couple bonding time die dat ek 7 tot 7 werk by shoprite en my baby 8 tot 3 by die skool is kry ons nie tyd vir mekaar so naweke vat ons dit wyd , if you get my drift”Vader Lordt net nie dit nie hoe kan my broer voor my sy virginity verloor het, ek voel skoon siek vir myself.
“Te veel details waar is Mamma?”
“Sy sit daar in die sitkamer lees die bybel” antwoord Manie
Ek het my vinnig verskoon uit die kombuis uit. Ek moet nog ‘n erinstige gesprek met Wilma aanknoop. Dit is nie my besigheid nie maar ek is darem ook nuuskurig om die history te ken.
“Goeie middag wat sit en interpreteer mamma weer?”
“Middag meisekind, ek lees somer maar net hier paar skrifte vir die week se bybel studie”
“uhm ek wil graag iets hoor by Mammie”
“Klink erinstig.” Sy sit die bybel neer en focus haar hele aandag op my.
Ek weet nie watter vraag om eerste te vra nie die Oom Hannes vraag of die Brian vraag.En Wilma wag geduldig. “Kom toe nou meisiekind.”
“Mamma ek het iemand in my lewe en ek wil graag hê hy moet kom kuier vir 3 dae is dit oraait is met mamma? Ek vra baie mooi hy is ‘n baie ordentlike kerk seuntjie mamma sal van hom hou.”
“Waaaaat? Onder my dak?? Ek tolerate nie hoerdery nie.”
Ek kan nie glo dat hierdie ignorant woorde haar mond verlaat nie.
“Maar Mamma laat toe dat Manie ‘n ou uit gekuierde nooitjie date?? Ek sien mos nou hoe dit werk ek aanvaar mamma se besluit gaan nie stry met mamma nie.”
Ek was baie chilled gewees want natuurlik het ek die antwoord verwag maar daar is natuurlik ‘n plan B.“Manie is ‘n seun en jy is ‘n meisie, groot verskil meisiekind”
Is dit hoe die lewe werk ek is skoon siek sy het pas die gender card gebruik.
“All is well ek verstaan Mamma se redes” probeer ek my eie gevoelens te onderdruk sodat sy gelukkig kan wees.
Dit is wat ek elke keer doen, seker omdat sy my met respek groot gemaak het en ek nie kan staan om terug te praat nie, dit is haar huis haar rules natuurlik.
“Goed so ek sal hom graag wil ontmoet maar nie nou nie Jasiri, jy was net paar maande gelede so maal oor Liam wie sê hierdie ding wat jy nou mee besig is , is real?”
“Niks in die lewe is gewaarborg nie maar as ek nie my hart op die krag pale gaan sit nie hoe sal ek leer? Hoe sal ek weet? Kyk vir Mammie en Daddy julle was suppose om for keeps te wees, ek glo Mammie het gedink dit is forever maar realiteit was dit was nie en Mammie het twee van sy kinders. Ek gaan nie bang wees om lief te hê nie ek gaan myself die geleentheid gee, en ek glo Mammie moet dieselfde doen ek glo nie Ma wil aleen oud word nie.”
“ooo hier gaan ons alweer jy dink jy ken alles van liefde , die liefde is nie soos in die movies nie en jy sal dit nog agter kom my kind, jy kan nie altyd met die persoon wees wat regtig vir jou gemaak is nie”
“Praat Ma dalk van Oom Hannes?”
Haar gesig verander dadelik.
“Hoe weet jy wie het jou vertel??????”
“Ouma lienkie het iets genoem”
“Daai bleddie ou heks weet ook nie hoe om haar groot mond te hou nie. En jy moet leer om uit groot mense se besigheid te bly dit is nie jou donderse besigheid wat tussen ek en Hannes gebeur het nie!”
Sy staan dadelik op en gryp haar bybel en storm kamer toe met die volgende woorde.
“Die Here moet my tog net van al my sondes vergewe”
Manie en Dedrei kom dadelik sitkamer toe.
“Wat het jy nou weer vir Ma gemaak??”
“ Dit is nie jou besigheid nie bepaal jou by jou stuk tert!”
“Ek keer jou kerksister.”
“By the way ek en Karla gaan ‘n party die upcoming weekend gooi julle twee is genooi en Dedrei los die drama by die huis asseblief”
“ Daar sal nie drama wees nie as jy jouself net kan gedra.”
“Moenie worry nie ek drink gereeld my pille called don’t kill, a hoe.”
Dedrei het my net een vuil kyk gegee voordat sy Manie aan die hand vat en hulle twee is weer kombuis toe.
Word vervolg.
YOU ARE READING
Liefde Maak Seer!
Romance'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...