Deel 50

40 2 0
                                    

Liefde Maak Seer 
Season 2
Deur Jay 
Hoofstuk 13

“Kyk wie sit daar met jou boyfriend.”

“Ek het gesien Karla ek gaan nou reeds.”

Ek is baie insecure en dit is alles een donderse man se skuld.

Ek is vinnig weg van Karla af.

“Heey is jy nog fine?”

“Ek is ja ek leer ken maar net my roomie ‘n bietjie beter.”

“O ek sien my lief.” Sit ek sommer dadelik op sy skoot.

“Jy het ‘n goeie een hierso Stiefaaz unlike Li..”

Ek hoes somer dadelik laat Brian nie die laaste woord wat uit Kourtney se mond uit gekom hoor nie.

“Is jy okaay sweets?”

“Ek nodig tog net ‘n glas water”

“Ek sal vir jou gaan kry.” 
Ek staan toe op laat Brian vir my water gaan kry .

“Asseblief moet nie vir Liam mention nie” smeek ek Kourtney die oomblik toe Brian Bar toe is om water te kry.

“Hoekom nie?”

“Dus sensitief asseblief , hy gaan klomp vrae vra waarvoor ek nie nou kans sien nie.”

“Okay dan net omdat ons nou familie is sal ek nie ‘n woord noem nie.”

“Dankie Kourtney.”

Ek hou niks van Kourtney nie maar ek moet haar ook maar tolerate.

Dus hoor ons ‘n geraas by die Bar se kante. Ek vlie heel eerste op om te kyk wat aangaan.

“Jy sal nooit Liam wees nie Jasiri date jou net om oor sy dood te kom.” Hoor ek Roman se stem soos ek nader gaan en dan weer Brian sin. 
“Naai my bru vandat ek vanaand hier gekom het, het jy ‘n probleem met my so kom ons sort die ding uit man teen man.”

Ek hardloop vinnig tot daar “HOU OP! HOU OP!” 
Roman sit op Brian en slaan hom met sy vuis al op sy mond is net bloed wat spat.

“Roman wat the hell is fout met jou”

Ek weet nie waar ek die krag gekry het nie maar ek het ‘n dronk roman vinnig van Brian af gestoot laat hy eenkant val.

“Jasiri jy het kak timing jy vokken bring ‘n manetjie hier en maak asof alles okay is kak man.”

“Hou jou bek Mr perfect jy het my vriendin se lewe verwoes met jou cheatery en nou voel jy , jy is perfek deur judgements na my toe te gooi, is deur jou wat Karla nie stabiliteit in haar lewe ken nie jy het haar die persoon gemaak wat sy is, is deur jou wat sy Liam verlei het want jy het skade aan hoe sy liefde sien gedoen!!!!” ek was kwaad dat ek nie eers seker gemaak het Brian is okay nie ek het daar voor Roman gestaan en hom al op sy bors met my vuis geslaan soos ek praat.

“Vok jou Jasiri!”

“Ja vok jou ook man!”

Manie het nader gestaan om vir Roman vas te vat.

“Boetie los die groot man !” skreeu ek op Manie wat nou vir Roman wil slaan.

Brian het opgestaan daar wat hy lê . Hy het geen emosies gewys nie.

“Is jy okay lief?”

“Vat my net liewer na jou Pa se plek ek wil gaan slaap.”

“Kom ons kry net gou iets vir jou lip wat bloei.”

“Jasiri! Ek se vat my huistoe.”

“Okaay jy hoef mos nou nie op my te skreeu nie.”

En soos ons , ons way uit by die club maak sien ek vir Irma (Karla se Ma) met ‘n huilende Junior in haar hande.

“Jasiri waar is Karla? Want ek kan nie meer met hierdie kind van haar deal nie hy huil my deurmekaar.”

“Sy is daar binne Tannie.”

Ek mis nou hierdie skande imagine jou Ma kom gee jou kind vir jou in die club.

“Ek is jammer Brian.”

“Jammer?? Jy het my na jou plek toe genooi sodat jou ouens my kan opdonner! Dan is jy jammer?”

“Jy weet mos dus nie die waarheid nie.”

“Nou wat is die waarheid Jasiri, vertel jy my nou.”

Ons was ‘n entjie van die club af toe ons begin stry.

“Ek…”
“Wie is die Liam persoon?”

“My ex. Ek geweet die gaan gebeur, Liam het homself dood gemaak omdat ek hom gelos het, hy is die een wat Karla swanger gemaak het, is ‘n complicated storie wou jou nie bang maak of afskrik nie.”

“Jasiri teen die donderse tyd moet jy mos nou al weet ek het jou so lief dat ek nie worry oor jou baggage nie!” half skreeu hy.

“Kalmeer asseblief, ek was bang soos ek jou sê.”

“Ek kan nie Kalmeer nie! nie nadat jou ex se bra sommer vir my slaan omdat ons date nie. ek is nou in kompetisie met ‘n dooie man.”

“Nou gaan jy te ver! Niemand noem hom ‘n dooie man nie! niemand!!” en trane begin rol weer

“Oh ek sien jy is nie oor hom nie, miskien het daai outie daar binne die waarheid gepraat. Vat my asseblief na jou Pa se huis toe ek sal sorg dat ek môre terug huistoe gaan.”

“Nou is jy onredelik.”

“Onredelik? Jy ontken nie eers dat jy nog dood verlief is op ‘n dooie man!”

“Ek is nie lief vir Liam nie, ek is Lief vir jou! Kry dit in jou kop in! mens sou sweer jy het gesuip ek is die dronk een en jy is nigter gebruik jou verstaand!”

“Jasiri ek se vat my laat ek gaan slaap.”

“Nie voordat ons die ding uit gepraat het nie.”
Staan ek met gevoude arms. 
“Okay dan ek loop en as ek iets oor kom dan moet jy weet jy is to blame.”

Ek gryp hom aan sy skouer 
“Ek sê los my man!” en met dit gee hy my ‘n klap laat ek op die grond val ek het my nigter opslag geskrik.

“Ek is jammer Jasiri.” Sak hy af met soveel skok in sy oë.

Ek het daar gesit , nooit het ‘n man sy hand vir my gelig nie.

“Brian los my uit!!!” begin ek te huil.

“Asseblief ek is jammer”
Hy het my help opstaan en toe ek op my bene is hou hy my vas met trane in sy oë.

“Ek sal dit nooit weer doen nie asseblief ek is jammer.”

“Ek is ook jammer is deur my wat jy jou kop vir ‘n oomblik verloor het, kom ons vergeet van alles wat vanaand gebeur het en begin oor.”

Hy het saam met my gestem en so het ek hom tot by Seun se huis gevat ek het maar besluit om oor te slaap want is te laat vir my om aleen huistoe te stap. Ek het natuurlik in Kourtney se kamer gaan slaap net om my Pa te respekteer alhoewel sy vroutjie nie sou omgee dat ek en Brain in dieselfde kamer slaap. 
Word vervolg.

Liefde Maak Seer! Where stories live. Discover now