Deel 48

48 3 0
                                    

Liefde Maak Seer 
Season 2
Deur Jay 
Hoofstuk 11

Die dag het aangebreuk ek hoop alles loop volgens plan . 
Brian het my ‘n boodskap gestuur om te laat weet hy het pas die bus geklim en is oppad na my toe.

Die excitement ek het my glads vroeg gewas.

“OO en as jy soe uitgevat is meisiekind die perfume ruik glads tot in die kombuis?”
Wilma het haar verskyning onverwags in my kamer gemaak.

“Ek gaan bietjie vir Karla gaan kuier en dan bietjie vir Pa, dit is amper weer tyd vir my om die pad te vat wil darem my laaste paar dae geniet hier.”

“As ek nie van better geweet het nie sal ek gesê het jy het weer die naweek spirit maar ek ken darem my Jasiri sy is nie die wilde tipe nie Ma se oog appel kind.”

En nou as ek so geprys word?
Ek glimlag maar net wil sê dat Manie die oog appel kind is maar ek gaan nie nou weer die aunty verkeerd opvryf nie.

“Nes Ma daar sê ek is baie voorbeeldig.”

“Moet nou nie ranke kry nie, jy vergeet hoe het jy my laas jaar hell gegee met daai gospel gangster maniere van jou, maar ek is bly Bloemfontein het jou so soet gemaak maar jy is alweer deur mekaar met Karla”

“Ma weet mos Karla is rustig vandat sy vir Junior het.”

“ek glo jou Meisiekind kom laat jy saam ons kom breakfast eet ons wag net vir Derdrei.”

“Dedrei eet sy breakfast hier?”

“Somige weke voordat sy werk toe gaan kom eet sy hier, ek verlang maar net om ‘n dogter om die tafel te het so dit is maar nou tradisie dat sy hier kom eet.”

Hierdie meit word mos lekker gebederf huh? Five star meals .

“Gee sy darem vir Ma ‘n sent as sy soe hier eet?

“Sy doen baie vir Manie, hy kry elke pay dag nuwe tekkies en klere.”

O is dit hoe dinge is , is die ding dan nou ‘n sugga mammie??
Mens sal dinge hoor en sien.

En al wat uit my mond gekom het was “Oh”
Terwyl ek agter Wilma loop kombuis toe.

Dedrei sit alreeds aan tafel sy en Manie flirt met mekaar lekker “Ek dog ons moet nog vir jou wag”
“Arg Nee Jasiri ek is altyd betyds vir Mamma se ontbyt.”

Mamma?? Keer die kind kom mors hier met my Ma glads mamma.

“Anyways hoekom is jy so vroeg uitgevat? “

“Kan ek dan nie ? unlike you het ek smaak trek nie soe vroeg shoprite overalls aan nie”

“WOAH! Jasiri wat is fout met jou? Die is nie nxa nie jy verneder nog net elke dag my medie. “

“atleast betaal shoprite my goed..”

Ek en Dedrei het vroeg weer begin met ons drama.

“Altwee van julle hou op!! Kan julle nie vir een dag oor die weg kom nie huh sis?? Hou op met jou kinderagtigheid. Ma PRAAT net Met JASIRI!!! VOOR EK HAAR WURG”

Ek het so groot geskrik toe Manie die tafel so slaan en kwaad raak dat
ek dadelik my mond gehou het.

“Is tyd dat jy my part vat” chorus dedrei 
Wilma het net daar gestaan “Ek is moeg om met Jasiri te praat oor haar katerigheid teenoor die arme kind.”

“Maar Ma sy het ook ‘n vyf sent in die bord gegooi hoekom maak julle lyks ek begin die goed.”

“Want jy doen, wees net nice teenoor haar for once dit is al wat ek vra en lief wees ook nice met Jasiri.”

Liefde Maak Seer! Donde viven las historias. Descúbrelo ahora