Deel 44

40 2 0
                                    

Liefde Maak Seer
Season 2
Deur Jay
Hoofstuk 7

Ek knip my oë vier keer, maar sowaar dit is hy.

"Wat soek jy hier gaan rus tog net asseblief."

Tot my verbasing antwoord hy my terug.

"Kan ek nie net my oulik bietjie kom kuier nie? ek kom elke dag maar dan is die kamer leeg waar steek jy jou weg vir my?"

Ek staan en bewe behoorlik dit voel asof paar pee druppels val.

"Liam ..."

"Oulik ek verlang jou."

Ek weet nie wat om terug te sê nie want ek sien dan nou 'n spook.

En ek begin die onse Vader gebed op te sê. Maar toe ek Amen sê is Liam nogsteeds daar in die deur en sê net so hoog en lag "Amen"

"Jy is dood asseblief gaan rus."

"Jasiri ek is dood maar ek lewe nog"

"Hoe nou ek verstaan nie so mooi nie?"

"Daar is lewe na Dood."

"Maar hoekom rus jou siel nie? want as daar lewe na dood is, is jy nie suppose om rond te dwaal."

"Jy is die rede waarom ek myself dood gemaak het so dit is seker hoekom net jy my kan sien want anders sien my nie. ek was by my ouma maar sy sien my nie ek was by Karla maar sy sien my nie, en nou is ek weer by jou en jy kan my sien en my hoor."

My hart klop baie vinnig , baie baie vinnig.

"Hoe op aarde? Jy het jouself dood gemaak nie ek nie seker hoekom jou siel nie rus het nie."

"Kom ons stry nie Jasiri ek wil jou net vashou en saam jou aan die slaap raak."

Hy kom nader en nader my vrees het skierlik na blydskap verander.

Hy streel sy hand oor my kop, my hare ruis dadelik.

"Moenie vrees nie dit is net ek jou Liam."

Ek het toe gelê en hy het voor my gelê my gesig het in sy gesig gekyk. Vrees het skoon verdwyn.
"Liam hoekom het jy dit aan my gedoen?"
"Praat jy van Karla?"

"Nee. Hoekom het jy jouself dood gemaak ons kon deur dit gewerk het."

Ek kan myself nie glo ek hou saam met 'n gees geselskap.

"Oulik, jy sou my nooit vergewe het nie en ek kon nie my lewe sonder jou sien nie jy was en is steeds my wêreld , probeer verstaan ek het dit gedoen om myself te verlos van elke dag se verwyte en haat."

"Jy het weerheens net aanjouself gedink. Ek moes vir maande en maande op die skool terein deur die skande lewe dat my beste vriendin my in die rug gesteek het. En dan was daar ander wat my met haat aangekyk het omdat hulle beweer het ek het jou dood veroorsaak, dit het my baie seer gemaak jy het my baie seer gemaak ek moes die een gewees het wat myself op gaan hang het nie jy nie."

"Ek is jammer Oulik ek kan nie die verlede verander nie, maar ek is nou hier."

"Liam ek het jou vergewe vir wat jy gedoen het, maar 'n gedeelte in my wil jou skop want Junior moet nou sonder 'n Pa groot word."

"Ek beskerm hom nog elke dag Oulik, en ek is altyd daar vir hom al is dit nie fisies nie beskerm ek my laaitie."

En nes ek wil veder praat verdwyn hy.

Ek roep toe weer "Liam , liam is jy daar."

Maar geen antwoord nie.
Ek begin te skreeu so hard dat Wilma met 'n bottle holy water in hardloop en Manie met 'n besem stok.

"Wat op aarde meisiekind het iemand in gebreuk?"

"Sis is jy oraait."

Daar het ek op die bed gesit met my kop tussen my bene sit en huil.

"Bring vir haar suiker water lyk sy het weer 'n nagmerrie gekry."
Soos ek nog probeer om vir hulle te vertel wat gebeur het maak Liam sy verskyning voor die hangkas my oë rek dadelik.

"Hy staan daar by die hangkas Ma"

Wilma kyk om maar sy sien niks nie
"Daar is dan niks nie meisiekind. Is jy seker jy verlang nie net na hom en nou sien jy dinge wat nie bestaan."

"Sy kan my nie sien nie , net jy Jasiri so hou op mense vertel hulle gaan dink jy is maal." Gee hy my 'n bevel.

"Liam! Liam stop gaan weg gaan rus"

Wilma maak dadelik die bottle holy water oop en begin my te sprinkle met dit.
"Vader ek bid laat die duiwels wat my kind pla net uit kom asseblief Puma jou satan !"

Liam staan en lag lekker daar wat hy staan "Onthou is ons geheim oulik ek sien jou dan"

En dus verdwyn hy weer.

"Stop Ma ek makeer niks nie ek het maar net 'n nagmerie gehad."

Manie staan by die deur ook lekker geskrik "Ma ek glo haar kyk my nek hare het gereis en dit gebeur net gewoonlik wanneer 'n spook in die omte is"

"Arg twak man spoke bestaan nie julle twee is net laf."

Wilma storm verby Manie na haar kamer toe.

"Kom slaap hier by my asseblief boeta ek is bang."

Manie het nie juis 'n keuse gehad nie want dit kom voor hy is ook maar lekker bang.

Word vervolg.

Liefde Maak Seer! Where stories live. Discover now