Liefde Maak Seer
Hoofstuk 3
Nadat ek die kombuis klaar skoon gemaak het besluit ek om tyd saam met my boeke te gaan spandeer. Maar die Tv was so hard ek kon skaars konsentreer.
My foon maak ‘n geluid. Dit kan net een person wees. Yip dus my beste vriendin Karla. Ek maak haar boodskap oop. Great sy gaan nie more by die skool wees nie, en ek moet vir haar cover. Sy doen dit amper elke tweede week se maandag. Die onderwysers gaan begin agter kom en sy gaan in die moeilikheid kom. Ek stuur dan net ‘n eensame “k” vir haar terug, want dis hoe ek more gaan wees eensaam. Ek is nie juis vriende met almal nie ek is net gewoond vir Karla, sy is al person wat my verstaan.
Karla was weer by een of ander party en nou het sy babelaas en kan nie skool toe kom nie. Soms verstaan ek nie hoekom ek en sy vriende is nie, ons verskil soos nag en dag. Ek is nie juis die prettige meisie nie ek is meer die nerdy person wat probeer inpas.
Ek sien al klaar hoe sit ek aleen by elke klas more, dit gaan rerig ‘n blou maandag wees vir my.
Ek word aan die slaap met my foon in my hand.
“jasiri word wakker my engel”
Ek hoor my Moeder se stem so vagweg, my oë wil nie juis oop gaan nie. Die bloote gedagte dat dit maandag is maak my lam.
"KOM KOM!!! DAME DIE TYD LOOP!"
My Ma se woorde maak dit nog moeiliker om op te staan , maar dan lig ek my kop en staan op. loop stadig en huiwerig na die badkamer, wens ek kon ook lieg en se ek voel nie lekker vanoggend nie maar Wilma Bosman sal self inspeksie doen. Nadat ek kla gewas het pak ek my tas en loop kombuis toe om ontbyt te eet saam met my gesin.
Soms verstaan ek nie hoekom is Wilma altyd so vroeg wakker is nie asof sy iewers gaan nie. As ek ‘n huisvrou was sou ek heeldag geslaap het. My kinders sou alles vir my doen.
“Goeie môre Jasiri”
Ek gaan om die tafel en omhels my Pa en gee hom ‘n soen op die wang en dan ook my Ma, dis my manier om goeie more aan hulle te se elke oggend. Ek gee natuurlik my broer ook ‘n soentjie maar vir een of ander rede is hy nie aan tafel nie. Hy slaap seker weer laat.
"Waar is Manie?"
"Hy gaan nie vandag skool toe nie, sy ore gee hom weer probleme." Antwoord Wilma heel vroeëlik.
Ek weet natuurlik dis nie die waarheid nie, maar sy val altyd daarvoor hy is moeg want hy en pa het tot wie weet watter tyd gesit en Tv kyk. Maar ek se maar niks en vra aspris of sy hom nie dokter toe gaan neem.
"Ek wil maar jy weet hoe is jou boetie as hy hoor van dokter toe gaan dan wil hy niks hoor nie hy is nes Seun! "
My pa sit ook stil en laat sy hom so verneder, ek hou glad nie daarvan nie hy is die man in die huis sy moet hom respekteer.
Ek weet nie meer maar iets gee vir my die aanduiding dat daar iets tussen hulle twee gebeur het, want die atmosfeer is aklig deesdae. Maar dus seker maar net my verbeelding.
Ek wil net wegkom al is dit nog bitter vroeg vir skool.
Ek loop stadig skool toe met my earphones in my oor luister na die Nuwe Tamar Braxton album ek kan net nie genoeg van dit kry nie. Totdat ek ‘n hand op my skouer voel, die musiek was seker te hard dat ek skaars kon hoor iemand roep my.
Verbaasend haal ek die earphones uit. Maar dit kan nie waar wees nie , hy bly nie eers in die omgewing nie.
Maar dis sowaar my “crush” Liam die sexiest en slimste ou in my klas en boonop die football ster van die skool. My hart klop tjokolits as hy naby is nes Gerard steyn se hart tjokolits klop.
Sy lippe beweeg maar ek hoor nie 'n klank uit kom of ek het dalk gehoor maar ek het vir 'n oomblik gefreeze.
“Awe Jasari”
En hier dink ek hy ken nie my naam, want ek is nie juis die populêre meisie in die klas nie en ek praat ook nie juis veel.
Hy het my vir die tweede keer gegroet.
En dus toe ek ewe skaam hom terug groet.
“Gee jy om as ek saam jou skool toe stap?."
Ek kan amper nie ‘n word uit kry nie, ek is skoon spraakloos.
Fokus Jasari is nie te se hy het jou nou op ‘n date uitgevra nie, besides hy het ‘n meisie.
“Natuurlik gee glad nie om."
Hy het een of ander gesprek oor skoolwerk op gebring , dit was baie vervelig maar ek kon nie verhelp daardie blou oë het my bene skoon lam, ‘n bruin manetjie met blou oë dus nou ‘n brief om huistoe te skryf.
Ek is erinstig besig om te dag droom, maar wie sal nie? Hy Is enige meisie se droom man.
Die gesprek oor skool werk het aangegaan tot voor die skool se hek, maar toe sy meisie Dedrei hom gewaar half spring sy op hom hy het nie eens kans gekry om vir my totsiens te se nie. Ek loop stadig maar seker weg van die geliefdes.
Skierlik voel ek weer eensaam en aleen. As Karla nou hier was kon ek haar vertel het wat pas gebeur het maar nee sy slaap nou lekker laat. Die klok het begin lui , wat beteken natuurlik eerste periode wat wiskunde is. Die haat vir die vak laat ek behoorlik my voete sleep oppad klas toe.
************
(Na skool)
“Die maandag wat ek gedink het gaan benaal en verveeld wees sonder jou , was toe nie.”
“Kom vertel my ook wat gebeur het beste vriendin.”
Ek het direk na skool na Karla toe gegaan om vir haar die werk van die dag te gee, dus tog wat beste vriende doen.
Maar ek kon nie ophou dink aan wat vroeër gebeur het nie.“wel, raai wie het saam met my gepraat vanoggend?”
“vertel my net jy weet mos ek hou nie van raai nie.”
“drum roll….”
“arg kom aan Jess!”
“Liam!”
“wow !!! Geen wonder jy is so vol smiles nie”
"Stop dit nou. Ek wil nie te veel daarin lees nie, maar dus die eerste keer wat hy saam my gepraat het."
“Ek is bly jy besef dit want hy is tog in ‘n verhouding. Maar vertel my hoe dit gebeur het?”
Karla het glads vir my koffie gemaak om mooi die storie te hoor.
“Natuurlik! ek respekteer hulle verhouding. Wel ek was oppad skool toe en toe approach hy my in ons straat . Steeds snaaks want hy bly tog nie in ons gemeenskap nie.”
Ek wil graag meer in detail gegaan het sy oë beskryf het wat op daardie oomblik toe hy vra ‘kan ek saam met jou skool toe stap’ diep in myne gekyk het maar dit gaan weird klink. En die verkeerde impresie skep.
“Het jy dan nie gehoor?”
En dus toe sy die warm bekker koffie voor my neersit.
“Wat het ek nie gehoor nie?”
Vra ek ook nuuskurig.
“Sy ouers is besig om te divorce en blykbaar soos ek gehoor het,het sy ma alles gekry en weg gehardloop saam met ‘n ander man!”
Karla weet altyd alles sy kan maar ‘n joernalis word.
“Wat sê jy my nou?”
“Ja vriendin , dus is hy tans hier in ons arm salige gemeenskap die luukse lewe is verby. Hulle bly seker hier by ouma Lienkie”
Ek voel nogals jammer vir Liam maar al die stories wat ek gehoor het van hom laat ‘n gedeelte van my glad nie sleg voel oor wat gebeur het nie.“Die lewe vriendin. Maar watter tipe Ma doen dit aan haar kinders ek meen hulle het absoluut niks verkeerd gedoen nie. Sy kon ten minste die Oom aleen gestraf het”
“Ja presies wat ek ook gese het toe ek dit hoor.”
“En hoe lank weet jy al die?”
“arg nie lank nie ek het dit by die club saterdag gehoor, en toe glo ek maar nie until now wat jy nou vir my sê hy bevind hom hier in ons gemeenskap”
“Ek sien so jy weet mos permanent alles van almal. Anyways ek gaan maar nou huistoe , en doen tog nou jou huiswerk Karla.”
“ Neeee moet my nou nie ‘n skinderbek maak nie ek sou jou nie sê as jy nie sy naam opgebring het nie. Kom ek vat jou liewer halfpad Jess”.
“Whatever kom net aan laat ons loop.”
Sy is kamtig nie so siek om my halfpad te vat nie. Nadat karla my halfpad gevat het net tot by hulle se hek , stap ek maar huistoe met my swaar tas.
Oppad huistoe dink ek aan Liam. Nie omdat ek hom soek nie maar ek wil hom graag beter leer ken ek glo tog hy is ‘n nice person, nie die gewetenlose skirt jagter wat almal hom maak nie. Soos die spreekwoord se ‘Don’t judge a book by it’s cover’
Net toe ek naby die huis is hoor ek iemand roep.
Dit is weer Liam !
Gosh!!
Twee keer in eendag.
En ek weet hierdie gaan gereeld gebeur want hy bly net af in die straat by Ouma Lienkie sy Ouma.
Ek probeer hard om erinstig te wees en nie te glimlag nie.
“Ek dink jy is al lankal by die huis.”
“Ek kan dieselfde van jou sê die skool het al half een uitgekom.”
En hierdie keer was ek nie meer skaam of awkward nie.
"wel, ek het sokker oefenige gehad en jy?."
"Nee ek was by karla."
“wat makeer sy weer ?.”
Ek wil nie lag nie want almal ken al hoe Karla kan lieg.
“Nee sy makeer mooi niks nie, jy weet daai een is iets anders daar is nie woorde vir haar nie”
Die klein gesprekies begin my te iriteer.
Kan hy nie net vir my 'n drukkie gee of iets specials sê nie.
"Hoe laat loop jy in die oggend?"
“Gewoonlik so half sewe. Hoekom?”
“Ek wil graag saam met jou loop elke oggend , ek bly net hier af in die straat.”
Ek weet presies waar hy bly nadat ek die nuus gehoor het by die gemeenskap se koerant die 'Karla times.'
‘n gedeelte van my wil op en af spring en 'jaaaaaa liam jy kan elke oggend saam met my loop' skree, maar ek moet beskaafd optree.
Dus immers niks nie dus net ‘n vriendskap.
“Natuurlik ek gee nie om nie.”
“ Sien moreoggend dan lekker middag vir jou.”
“Bye”
Ek is veronderstel om die hek oop te maak en in te gaan , maar ek staan en staar na Liam soos hy wegloop ! dammit so ‘n manetjie is gebou om te hou.
Blou maandag ! Nee wag ! Hierdie was 'n Perfekte maandag!
Word vervolg.
-Jay
ESTÁS LEYENDO
Liefde Maak Seer!
Romance'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...