Deel 73

66 1 0
                                    

Liefde Maak Seer

Season 2

Deur Jay

Hoofstuk 36

In die Ubber oppad hospitaal toe kyk ek uit by die venster van die motor en ek sien op elke hoekie en om elke draaitjie dat daar 'n groep vriende staan en gesels 'n oupa wat sy hond vir 'n stap vat deur die parktjie 'n outjie en sy meisie wat staan en soen en dus besef ek dat mens moet vergeet wat mens voel en begin besef wat mens verdien , ek Jasirii Bosman verdien ver beter as wat die lewe my gee. Dit maak my baie hartseer binne om te sien dat almal wat ek raak gesien het deur die venster gelukkig is, maar dan is daar die hawelose mense wat staan en bedel by die robot dit laat ek dan weer besef dat baie bevooreg is om 'n dak oor my kop te het om nie een aand honger hoef te gaan slaap nie. My probleme is einlik 'n hantjie vol in vergelyking met ander sin.

En dus onderbreuk Wilma my weer "Meisiekind, ek het my Holy water op daai Hoë bloedruk figure gemors en ek het net daai bottle saam gebring."

Ek verstaan nie hoekom sy net een bottle gebring het nie.

"Ma reken seker as Ma dit op Jerome gooi hy dadelik wakker gaan skrik?" sê ek nog in 'n grapperige manier.

"Ja jy weet paar druppels en die gipse en bandages val sommer af."

Sy glo darem diep in haar Holy Water.

"Ek is seker dit sou werk." Probeer ek effens sarkasties klink, want die Holy Water kon dan nie eers vir Pa by die huis hou nie.

"Jy weet my holy water dra krag, maar vanmiddag moet die gebed werk want ek kan vir Atlha sien sy is gebreuk sy sal nie oorleef as daai seun van haar dood nie."

"Ja Ma geen ouer sal ooit reg wees om hul kind aan die dood af te staan nie."

"Ek stem saam Meisiekind maar kyk daai vlerrie Liam se Ma die ding het nie eers gehuil nie Ouma Lienkie was al een wat so hard en morsig gehuil het."

Ek wil nie lag nie maar het sy pas gesê Ouma Lienkie het 'morsig gehuil' hoe moet mens dan huil wil ek vra maar toe los ek maar laat Wilma maar voort gaan maar sy was reg oor Liam se Ma sy het geen pyn gewys nie ek was nou nie by die hele begrafnis nie maar by die memorial by die skool kon mens sien daai een het geen worries gehad.

"Dus waar Ma, gepraat van Ouma Lienks wat maak die tstosi ouma?"

"Karla se krank , sy gee vir Karla al haar dae , sy het sover gegaan om die Sassa kaart te vat van Liam Junior  sy beweer Karla suip die geld uit toe wat doen ouma Lienkie gaan koop sy klere laat die honde huil vir Liam Junior, en arme Karla moes maar vrede maak dat Ouma lienkie nou incharge is en Hannes aih dierbare Hannes kom kuier my maar so hier en daar."

Ek is nie verbaas nie, met Ouma Lienkie is alles moonlik maar wat my oog dadelik gevang het was toe Wilma beduie van Hannes wat kuier die manier hoe sy glimlag vertel 'n storie.

"Ouma Lienkie is baie explicit, ek verlang nogals vir Karla en Junior. Sy het my noglankals gebel."

"Seker omdat Ouma Lienkie vir Karla al haar dae gee dat sy vergeet jy bestaan nog."

"Ja maar nie so gou nie Ma het iets genoem van Oom Hannes so dus nou 'n gereelde ding?" probeer ek uitwis.

"Miskien , miskien nie , los laat die ou girl ook prêt hê wat sal jy so in my besigheid is, al wat ek kan sê is ek geniet Hannes se geselskap baie."

"Die ou girl is mos nie lekker nie, maar dus Ma se beurt , voor die spinnekoppe rake begin maak."

"Jy is lekker laf neh?"

En dus hou die ubber voor die hospitaal stil en ons klim uit.

My vroëlike by is sommer daarmee heen toe ek die hospitaal deur binne gaan dus asof 'n swart wolk skielik oor my kop gekom het en stil kom staan het.

"Moet ons alweer lift ry?"

"Unless Ma wil trappe klim?"

"Nee ek sal maar, maar hou my hand tog net vas en nou het ek nog 'n pis ook."

Ek probeer om nie te lag nie want is erinstig Wilma is bang.

En so druk ons die knoppie en sy hou verklaar my hand vas. Toe ons uiteindelik by die 5de vloer is maak sy dat sy heel eerste uit is.

Ons groet weer die dame voor en vra of ons deur kan gaan en dus loop ons weer af in die lang gang tot ons by Jerome se kamer kom.

"Wilma, Jasiri is ek bly om julle weer hier te sien."

Jerome lê daar steeds soos ek hom gister gelos het.

"Aih Altha kry jy darem genoeg slaap vroumens kyk hoe lyk jy." Maak Wilma 'n opmerking die oomblik toe sy Altha sien.

"Nie juis nie Willa ek kan nie slaap nie die hele ding met Romie het my swak en ek is skierlik lus vir niks nie en die dat my man nie hier is want hy haat die arme kind breek my nog net veder want ek het sy ondersteuning nodig."

Wilma het dadelik vir Altha vas gehou "My sister wees sterk vir jou kind moenie worry oor jou man nie of hy nou hier is of nie wat tel is dat jy hier is vir jou kind, staan sterk my sister want ons dien 'n lewendige God , jy mag dalk nou glo dat dit die einde is van jou kind se lewe , maar heeey die Vader van bo gaan vir jou 'n weg maak jy gaan sien, staan net sterk in jou geloof al sê die dokters wat  God sal hulle verkeerd bewys man."

Aih is ek vir jou gesëend om so 'n powerful Ma te het , dit voel asof die heilige gees tussen ons is.

"Amen sister Willa, jy is sowaar gestuur deur God want jy gee my weer hoop. "

"Psalm 23 vers 4 sê al gaan ek ook deur 'n dal van doodskaduwee , ek sal geen onheil vrees nie. Hy belowe om jou deur dit te bring , hy het nog nooit belowe dat alles in die lewe maklik sal wees nie , die is nie net vir jou Altha maar Jasiri my kind ek hoop jy luister want die pyn wat jy nou deur maak jy en Altha dus nie verewig nie die son sal weer skyn. Die liedtjie se dit so mooi 'Hoor en vertou dit is sy weg vir jou wat jou maak  bly  maak in Jesus naam doen sy wil en vertrou'" 

Die trane loop uit Wilma se oë soos die gees haar begin vat.

Ek staan en bewe daar wat ek staan want ek kan die Vader se presence voel. En sy stap  tot voor Jerome se bed en sy begin bid  en bid.

En nadat sy klaar gebid het vra sy my om haar gunsteling kerk liedtjie te sing.

En ek vaal weg "Hou my trou Here Jesus Hou my trou daar is 'n struid wat ek moet stry om oorwining te verkry gee my krag elke dag hou my trou....."

Dus soms so maklik om te twyfel Here hou my trou.. Here hou my, hou my moenie dat ek in die hande van mense val nie. Die liedtjie het saam my begin praat.

Word vervolg

Ek hoop en vertrou Aunty Wilma het julle ook aangeraak soe 'n aunty is powerful hoop die woord het elkeen geraak vanaand. 

Ons hoop Jerome maak sy oë oop

Liefde Maak Seer! Where stories live. Discover now