Liefde Maak Seer
Season 2
Deur Jay
Hoofstuk 38
Toe ons net in my kamer arriveer is Wilma straight na die oond toe om die hoender te sny wat sy vroeër gebak het.
"Hierdie hoendertjie het ek met soveel liefde gemaak om te dink die duiwel wou alwee my liggies af sit."
Praat sy soos sy die hoender sny.
"Aih Ma die was nou vir jou 'n dag ek het nie eers lus vir eet gaan nou pj's aantrek en reg uit bed toe."
"Ons moet reeds praat meisiekind ek wou nog paar dae bly maar ek het mos nie net vir jou nie Manie is stoksiel aleen by die huis en jy weet die gaan ook nog deur 'n moeilike tyd die dat daai droë hare hom so vir die gek gehou het."
Ek wil self-sigtig wees want ek het haar nog baie nodig maar ek moet ook maar net rede in sien. Miskien het ek tyd aleen nodig om nog met die gebroke hart van my te deal, om eerlik te wees ek het gevoelens vir Brian gehad hy het genuine gelyk. En die ses maande wat ek saam hom spandeer het voordat hy nou sy ware kleure gewys het was nie niks nie.
"Ek verstaan Ma, so wanneer gaan Ma in die pad val?"
"Somer môre my kind die stad lewe is nie vir my nie, ek weet ek het Altha belowe om weer 'n draai te maak maar ek sien nie kans nie hierdie keer staan daai lift vir klaar."
"Ek is seker sy sal verstaan julle het mos mekaar se nommers gevat of hoe? Ma kan haar net 'n luidtjie gee. Ek moet erken ek gaan vir Ma verlang al was dit nou net twee dae gewees maar ek dink dus beter want ek moet aangaan met my lewe het nog toetse wat voorlê."
"Ek voel soos 'n hond dat ek moet terug gaan en jou hier los, belowe my net jy gaan nie jou voet in die hof sit wanneer die saak voor kom, en belowe asseblief vir Ma jy sal nie meer self-moord probeer nie."
Ek gaan vir seker nie die hof saak bywoon nie ek wil nie sy gesig sien nie. Want die mens wat ek die afgelope maand gesien het was nie my Brian nie of het ek hom rerig geken? Alles was gebaseer op 'n leeun.
"Ek belowe Ma , ek is nou net eager om op my studies te focus. En op Jerome se gesondheid dus al wat tel , ek wil nie Brian sien nie."
Ek was al in die bed en Wilma het op die punt van die bed gesit en eet.
"Ek wil rerig nie gaan nie Meisiekind , want jy gaan aleen wees en ek weet as mens so aleen is dan sit en dink jy aan klomp goed soos met die egskeiding jy was weg en ek het net vir Manie gehad wat elke aand saam met droë Hare was dan bevind ek my stoksiel aleen in my ou huisie deur die dag was dit beter want ek het klomp dinge gehad om te doen maar in die nag dan lê en huil ek want hy het my diep seer gemaak en daar was dae wat ek myself blameer het vir ons huwelik wat nie uitgewerk het nie, maar ek moes tot 'n besefing kom dat ek kon niks aan die saak doen nie hy is jou Pa en ek is jammer ek sê dit maar hy is nie 'n pastor se gat wêrd nie hy het al die jare tussen die kerk sisters gevry en ek moes net sluk en sluk en op die ou einde moes ek laat gaan al was ek lief vir hom."
Ek weet nie wat om te sê nie ek is baie baie lief vir my Pa en ek nog altyd gedink die ding met Aunty Marta was die eerste wat hy Wilma dom gemaak het.
"Ek is jammer Ma."
"Niks om oor jammer te wees nie my kind voel jammer vir Marta wat met die gemors opgeskeep sit."
"Hy bly steeds my Pa ,glads 'n gemors Ma nee."
Wilma is min gepla sy het klaar haar sê gesê.
"Maar kom ons dwaal nie van die pad af nie , ek vertel jou dit omdat ek weet wat is dit om met 'n gebroke hart rond te loop, en mens se kop speel games met 'n mens, ek wou amper vir Marta met die paraffin gooi."
"Dan sou Ma mos nou in die tronk gesit het maar ek verstaan wat Ma my probeer vertel moenie oor my worry nie ek is groot ek sal oraait wees ek was oraait na Liam se dood ek sal nou ook oraait wees."
Sy het haar eie snaakse manier van dinge vertel en ek is nou al gewoond daaraan.
"Ja sou nou 'n dik ding in die tronk gewas het glo my. Dus die ding ek het jou nie genoeg bygestaan in daai tyd nie want ek myself was nie sterk genoeg om jou te troos want ek het deur my eie storm gegaan, en ek kon sien daai manetjie se dood het jou gebreuk maar weet jy , jy sal my nie glo nie maar jy my kind het my hoop gegee in daai tyd veral toe jou matriek uitslae uit gekom het , ek het dit nooit vir jou gesê nie maar dit het my trots gemaak want ek het nie van jou verwag om so goed te doen nie veral nie na die trauma met Liam se dood nie maar jy het deur gedruk en elke keer as ek so lê en huil oor Seun dan dink ek aan jou en deur jou het ek deur my storm gekom. Hierdie keer is dit wel anders maar ek glo jy sal deur kom, hou net moed jy is sterker as wat jy dink Meisiekind."
My oë het dadelik vol trane geskiet. Ek het nooit geweet nie.
"Dankie Ma , maar sonder Ma se gebede sou ek nie deur dit gekom het nie , al was Ma nie fisies daar om saam mee te praat weet ek tog Ma het elke dag vir my gebid. Ek weet selfs nie hoe ek deur hierdie sal kom , maar al wat ek weet is ek sal oraait wees. Ma kan gerus huistoe gaan sonder om bekommerd te wees ek belowe Ma ek sal myself weer op tel."
Sy sit die bord neer en kom dadelik in vir 'n drukkie.
"Aih dit voel soos gister toe jy nog 'n baby was en nou sit jy hier groot en baie wys."
"Alles te danke aan Ma, dus alles Ma."
Sy het langs my kom inkruip en so is ons twee aan die slaap.
Word vervolg.
YOU ARE READING
Liefde Maak Seer!
Romance'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...