Liefde Maak Seer
Season 2
Deur Jay
Hoofstuk 34
Ek het die heel tyd in my bed om gedraai terwyl Manie en Wilma op die vloer lê. Ek was baie onrustig. Hierdie kamer en veral die bed laat alles van voor af in my kop afspeel. Dit is asof ek hom voel hoe hy hom op my afdwing.
Dus staan ek dadelik op om ‘n glas water te kry. Soos ek nog water in die glas by die sink gooi maak Liam weer ‘n verskyning ek skrik so groot dat die glas woop in die sink val.
“Wat soek jy hier? Waar was jy die afgelope tyd Liam?”
Ek is seker die geluid van die glas het vir Wilma en Manie wakker.
“Ek is nog maar altyd hier Oulik , ek sien jou pyn en ek wil help maar ek kan nie.”
“Hoe bedoel jy, jy kan nie? jy het hierdie pyn in die eerste plek veroorsaak!” begin ek hom te verskreeu.
“Ek weet ek weet dink jy nie dus die rede hoekom my siel nie rus vind nie? want ek het die swart wolk oor jou lewe gebring die dag toe ek besluit om my lewe te neem.”
Wilma het dadelik ingestorm
“Meisiekind en as jy so saam jou self staan en praat.”
Liam het nogsteeds daar gestaan maar Wilma kan hom mos nie sien.
“Ek praat saam met Liam Ma hy staan hier voor my.”
Wilma kyk en kyk en daai tyd antwoord sy “Jasiri nie alweer nie spoke bestaan nie.”
Liam staan daar sonder enige iets wat uit sy mond kom.
“Liam hoekom doen jy dit aan my hoekom kan ek jou aleen sien, my Ma dink nou al klaar ek is van my trollie af.”
“Oulik ek moet gaan.”
En dus verdwyn hy “Die Here moet ons genadig wees, kom hier my kind dus okay om vir Liam te verlang dit is rerig okay.”
Sy het nader gestaan en my versmoor in ‘n drukkie terwyl sy haar hand oor my hare strëel.
Miskien is Liam my spook , miskien is dit alles nog net in my kop, maar hoe verduidelik ek die feit dat hy Brian vasgedruk het, dit maak nie sin vir my nie.
“Ma wanneer gaan die Here vir my ook ‘n breuk gee?”
“My kind jou tyd van geluk sal kom die Here wat ons dien het ‘n doel met alles.”
“Ek hoor wat Ma sê maar wat was die doel toe Liam selfmoord gepleeg het? Wat was die doel toe Brian my verkrag het? Wat was die doel Ma?? Hoekom het hy my laat glo dat ek weer geluk na Liam sou kry?? Hoekom?”
“Ek wens ek het al die vrae gehad meisiekind ek voel so magteloos as ‘n Ma ek wens ek kon jou pyn en seer vir jou dra ek wens ek het antwoorde vir jou gehad want God weet ek kan dit nie vat om jou so te sien nie ek kan rerig nie dit breuk my heeltemal ek bid en bid en bid maar my kind ek voel nou net soos jy dit voel asof my gebede nie gehoor word nie, maar die bible sê dat God op sy tyd sal antwoord alhoewel ons nou antwoorde soek alles gaan vir jou uitwerk Jasiri.”
Die trane het geloop en ek het vas aan Wilma geklou. En ek kon aan my voel dat sy saam my in die ding is.
“Ek is lief vir Ma.”
“En ek vir jou en ek belowe om nooit weer jou hande te los nie, nooit weer nie.”
Ons het daar vir paar minute gestaan voordat sy langs my op die klein bedtjie in gekryp het om my vas te hou. “Sssht alles sal oraait wees.” soen sy my op my voorkop terwyl ek in haar arms lê.
*************
Die volgende oggend is ons vroeg op want Ma vat vir Manie bus toe ek het vir hulle onbyt gemaak en die tweetjies is weg , Wilma wil natuurlik nie hê ek moet saam gaan want ek is kamstig nou net pas uit die hospitaal uit. Maar ek wil graag uit gaan ek was so lank binne gewees dat ek ook vars lug kort maar mens kan mos nie saam met Wilma stry nie.
Ek het daar in die venster bank gesit en uit gekyk en die natuur bewonder die wêreld is tog so mooi maar die mense wat dit bewoon is so boos. Waar gaan alles eindig?.
Alhoewel Wilma hier is voel ek steeds leeg binne, hoe gaan ek my weer optel na hierdie ? waar begin ek?. Hierdie vrae wemel in my kop en dus nie die eerste keer wat dit ‘n verskyning maak nie na Liam se dood het ek deur die selfde gegaan maar ek het deur dit gekom ek kon myself weer op lig maar hierdie is anders , ‘n deel van my wat baie spesiaal vir my was is sommer net so gevat sonder my toestemming.
Sonder dat ek ‘n sê gehad het. Die lewe is nie regverdig teenoor my nie dit neem en neem en neem en neem nog net die heeltyd van my af.
Alles raak te veel en ek weet ek klink selfsigtig want my beste vriend baklei letterlik vir sy lewe en hier is ek kyk alweer net in my eie probleme vas. Ek het besluit om te gaan stort en om klasse by te woon want om hier in die kamer die heeldag te sit gaan my maal maak. En nes ek wil uit gaan kom Wilma.
“Ahaha want toe gaan jy met daai sak?”
“Ma ek gaan my klasse bywoon dus nou al ‘n paar dae wat ek nie bygewoon het nie.”
“Meisiekind dink jy nie jy wil te veel te gou doen?”
“Nee Ma as ek langer hier moet bly in die kamer gaan ek letterlik my hare begin uit trek , ek moet iets doen.”
“Jasiri asseblief ek is mos dan nou hier ons kan movies kyk ons kan gesels ons kan selfs gaan window shop as jy wil.”
“Ma ek gaan klas toe en daar is niks wat Ma daaraan kan doen nie.”
Ek het klaar my mind opgemaak en voor Wilma nog kon terug antwoord loop ek met ‘n spoed verby haar.
Word vervolg.
YOU ARE READING
Liefde Maak Seer!
Romance'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...