Deel 35

92 3 0
                                    

   Liefde Maak Seer

- Jay

Hoofstuk 35

Ek het steeds in die boom huisie gesit en deur my foon gegaan elke photo wat ons geneem het dit voel vir my soos gister ek kan elke woord onthou.

Wonder hoekom kan hy nie deel van my toekoms is.

'N deel van my is saam met Liam begrawe. Nooit in my lewe het ek geweet dus so seer om iemand wat jy lief het te verloor. Die dood is tien keer erger as 'n breakup. Atleast sien jy nog elke dag die persoon se gesig, maar met die dood is dit anders jy word gelos met pyn en herinderinge.

Die moelikste is nie om 'goodbye' te sê nie maar om te leer hoe om sonder Liam te lewe.

Die spreek woord sê dat 'seer kry deel van mens wees is' maar ek sal dit nooit gewoond raak nie.

Liam sê naam het op my foon skerm verskyn. Ek was so bly 'n call van Liam. Ek nie nog twee keer gedink nie ek het dadelik geantwoord.

"Jasiri waar is jy? jou Ma soek jou al heeldag."

Trane het van my oë afgerol toe ek Ouma Lienkie se stem hoor inplaas van Liam sin.

"Ek gaan nou huistoe kom."

Ek het vir ure en ure in die boom huisie gesit dit het al begin donker raak.

Hoekom laat God sulke dinge gebeur? Waar was hy in daai tyd? Hoekom het hy nie vir Liam gespaar nie.

Ek het soveel vrae. Maar geen antwoorde.

************

"My kind!"

Wilma het my 'n stywe drukkie gegee toe ek by die deur instap.

"Ek sal oraait wees Ma."

"Jy moet net jy kan nie laat hierdie ding jou onder kry! Die eind eksamen is naby. So doen dit vir Liam."

Hoe kan ek nou fokus ? Dit is te veel dit voel asof my wêreld inmekaar tuimel.

"Dankie Ma kan ek maar nou gaan slaap."

"My kind jy moet eet"

En netso lui sy my kombuis toe. Manie sit en doen sy huiswerk.

Die huis was stil sonder Seun. Wat eens 'n liefde volle huis was is nou 'n gebroke huis.

Wilma het vir my opgeskep en selfs gevoer en na dit het sy seker gemaak ek is in die bed.

///////////////

"Oulik!"

So waar Liam het voor my gestaan in sy skool klere.

"Liam! Neee dit kan nie wees jy is dood!"

"Ek is nie dood nie, ek het net nuwe lewe gevind. Ek verlang jou kom saam."

Is ek besig om maal te raak? Ek het myself geknyp om seker te maak dus nie 'n droom nie.

"Liam jy lewe nie meer nie! En hierdie is 'n droom."

"Oulik kom saam!"

Hy het my aan die hand gevat, sy hand in myne voel tog so real.

"Waarna toe gaan ons?."

Voor Liam kon antwoord het iemand my wakker gemaak.

"Manie wat soek jy?"

"Kom help my met my wiskunde huiswerk asseblief."

Dus toe ek besef dit was 'n droom, maar dit het so real gevoel. So so real. Waarna toe wou hy my vat? 
Miskien was dit sy manier om te groet.

Vrek het ek so pas 'n spook gesien?

Dwaal sy siel dalk? Hell no! Ek vlieg vinnig op en ignoreer vir Manie. Alhoewel ek vir Liam lief het is ek vrek bang vir spoke😐.

"Ma, Ma!!! Ma!!!!"

"Wat is dit Jasiri?"

"Ek soek van Ma se holy water! Asseblief! Die duiwel is besig om my te jag."

"Wat? Is jy oraait meisiekind? Het jy dalk koors?"

"Ma Liam was nou by my. Ek sweer! En hy wil my saam vat."

"Dus net in jou kop my kind! Jy verlang hom net. Ek sal laat Manie jou sy graf gaan wys sodat jy vrede kan maak!"

"Ma hoekom sal ek nou lieg?"

"Dus oraait my kind. Ek gaan vir jou hulp kry."

"Ek is nie siek nie!!! Ek weet wat ek gesien het!! Ek gaan somer nie kerk toe nie!"

"Aih Vader Jasiri! Ek weet nie meer nie, die Here moet my maar genadig wees."

Ek het haar net daar gelos en na my kamer gestorm. Ek moes weet niemand sal my glo nie, nou lyk ek soos 'n maal mens.

Die volgende oggend is Manie en Wilma aleen kerk toe.

Ek het op my bed gelê en huil dus al wat ek vir die afgelope week doen. Velede sondag het ek nog op hierdie selfde bed gelê om 'n brief vir Liam te skryf , as dinge maar net anders was.

******
"Meisiekind! Meisiekind! "

"Jaa Ma is alles oraait!"

Sy het uit asem by die deur ingekom.

"Kom kyk wat hier buite aangaan.!"

Nuus is niemand sê speel maat. Die auntie kom nou net uit die kerk met haar bybel onder haar blad , maar dinge die laaik sy. 
Sy is wat ek noem 'n 'skinder bybel'.

Maar soos die spreek woord sê 'like mother like daughter' want ek het ook vinnig opgestaan om te gaan kyk wat buite aangaan. En so waar dit was nou iets om te sien.

Ouma Lienkie was besig om die straat om te keer die hele straat mense was buite. 
Sy is 'n regte gogo tsotsi, vir sulke ou mens om nog so te kere te gaan dus te erg.

Sy het vir Erna (Karla se Ma) behoorlik uit geskel.

"Daai kind van jou is nie swanger van my klein kind!!! Ek sien julle luis gatte soek net erf posies op 'n style"

Ek het net my kop gehou. Ek ken die waarheid maar ek gaan liewer niks sê nie.

Erna het gedreig met DNA toetse.

Toe die street fight verby is , is almal in hul huise.

"En wanneer was jy van plan om my te vertel ?" .

"Hoe sê Ma?"

"Nee 'n uil maak 'hoooeee' jy geweet van karla sê swangerskap. En dat dit Liam sin is geen wonder jy het omgekeer by die matriekafskeid! Geen wonder die jong man het sy eie lewe geneem!! Modimo! Julle kinders van vandag! En ek waarsku jou al vandat julle hoër skool begin het bly weg van Karla af maar nee sien jy wat jou beste vriend aan jou kan doen? Mens kan niemand hier buite vertrou nie , niemand! Nie eers jou eie Ma se kinders. Ek hoop jy het iets geleer uit hierdie hele gemors! "

Ek het regoor Wilma gesit en soos sy praat rol my trane. Want alles wat sy sê is waar.

Word vervolg .

Liefde Maak Seer! Where stories live. Discover now