DEEL 41

44 4 0
                                    

Liefde Maak Seer 
Hoofstuk 4
Season 2
Deur Jay

Die vibe om die tafel was baie awkward ek wou net my kos sluk en verdwyn maar dit gaan nie gebeur nie moet nog help met skottelgoed. Ouma Lienkie het dit duidelik gemaak dat sy nie van karla hou nie en my behandel lyk is my kind wat gedoop is.

My foon het ‘n geluid gemaak dit was ‘n boodskap van Brian af.

‘ jy is net stil my pop lap is alles nog oraait jou kant?’

“Wat smile jy weer so saam jou phone jess is dit die burk?” fluister Karla wat langs my sit.

“ja, ek mis hom nogals, ek is so gewoont ons is elke dag saam ons leer saam ons eet saam ons maak letterlik elke dag tyd vir mekaar en nou dat dit vakansie is voel ek so bietjie leeg sonder hom.”

“Awww sweet ek het maar op gegee liefde is maar nou een maal nie vir my nie, ek het die liefde van my lewe hier op my skoot, reply op die mans mens se boodskap voordat hy kwaad raak.”

“Arg nee vriendin jy sal nog vir Mr right kry dit kan ek jou belowe iemand wat Junior soos sy eie kind sal behandel. Ek better reply.”

En so tussen ek en Karla se jong gesprek probeer ek vir Brian ‘n boodskap terug type.

‘Ek verlang jou netso en ek het jou gesê ek het baie om by die huis op te catch dat ek moontlik nie by jou sal uitkom nie, maar ek het ‘n plan hoekom kom jy nie na my toe vir die laaste week van die vakansie al is dit net 3 dae.’

“Ek hou nie my asem op met Prince Charming nie, maar jy my vriend jy verdien die geluk wat ek op jou gesig sien.”

“Karla ek glo nie daarin dat jy somer gaan opgee nie , jy is dan legendary in these streets of life.”

“Daai is die ou Karla since hierdie kindtjie in my lewe gekom het is ek ‘n ander mens glo my ek het verander.”

“Ek sal dit glo wanneer ek dit sien. Voor ek weer terug gaan moet ons ‘n skud reël ek sal die members collect niemand sal nee sê vir ‘n high school get together nie.”

“Yes Jess nou praat jy. Is hoogtyd dat ons die Gospel Gangster maniere terug bring”

Sy was so excited dat sy skoon vergeet het ons sit om die tafel met groot mense. Ouma Lienkie het natuurlik vir Karla daai look gegee ‘straat meit’ gedra jou kyk.

“Uhmm verskoon ons , ons gaan change gou junior se diaper.” Verskoon Karla ons dadelik van die awkward moment.

Wat ons in die kamer is gaan die gesprek voort Brian het nog nie op my boodskap reply nie. 
“Jy was kamig nou ‘n changed person maar toe ek net skud mention is jy heel eerste met jou gospel gangster gees, ek sweer as looks kon dood maak het daai Gogo tsotsi daar binne ons altwee dood gehad.”

Karla lê soos sy lag laat junior groot skrik en dadelik ‘n gesang op sê.

“Sien jy nou wat het jou lelike lag aan die kind gedoen” 
Ek kan selfs nie my lag hou nie, want die kind skreeu nou lyk ons het hom iets aangedoen. 
Die growwe stem van ouma lienkie dreun al lankal reeds uit die eetkamer “Wat maak julle meide die kind!! As hy nie nou stil is nie kom moer ek julle met my kierie.”

“Alles is oraait oumie Lienkie” antwoord Karla baie beskafd terug terwyl sy probeer om vir Junior stil te maak.

“Junior hou tog nou net jou mondtjie asseblief tannie se groot seun. Ek wil nie nou gemoer word met ‘n kierie nie, nie op hierdie heilige sondag”

Junior het my net gekyk met sy groot blou oggies maar wil hy dan sy mond hou, glad nie hy wil hê ek en Karla moet gedonner word van sy kwaai ouma.

“Jess jy maak dit net erg gaan maak liewer suiker water en bring dit ek dink die gogga het bietjie geskrik vir sy Mammie se lelike uistpatige lag. Dit sal nie weer gebeur nie my baby”

Ek vat toe die bottle by Karla en gaan kombuis toe om die suiker water te maak.

“Jasiri wat het julle die kind gemaak” wil tannie Irma weet. 
“Tannie hy het net bietjie geskrik vir Karla se lag.”

Irma is in kamer toe om te gaan help. Terwyl ouma lienkie haar regmaak vir oorlog .

“Ek kan my mos vererg, nie een van daai meide ken van baba’s af nie” brul sy al klaar daar wat sy sit.

“Mamma jy kan nie wil oorvat los Karla laat sy self leer hoe om haar kind te hanteer.” Antwoord Oom Hannes sy Ma.

“Ooojirre Hannes dus hoekom daai slegte myt op jou gecheat het want jy is gevrek, jy kon nie vir haar control nie nou dink jy , jy gaan vir my onder my dak control?”

“Hier gaan Mamma alweer”

Ek het toe die suiker water vir Karla en Irma weg gevat toe is junior al stil.

“Ek gaan maar nou loop , ek wil nie deel van hierdie drama wees nie.”

“Is reg Jess ek sien jou dan deur die week sal bietjie tyd maak om te gaan kuier.”

“Jy is enige tyd welkom.”

Dus loop ek uit die kamer , maar ek moet tog verby Ouma Lienkie en Oom Hannes loop wat nou mekaar vertel van mekaar se slegte history.

“uhmm… Ouma dankie vir die kos dit was lekker maar my Ma het my nou nodig by die huis.”

“Aih my kind kom kuier gou weer ek moet jou nog stories vertel van Liam se kinder dae. Stuur my groete vir wilma daar daai is nou ‘n vrou wat jy moes getrou het Hannes maar nee jy het agter maer gold diggers gehardloop.”

Ek het nie geweet Oom Hannes en my Ma het gedate nie, nog ‘n skok.

Ek sê maar toe niks nie en skud net my kop om aan te dui dat ek groete sal stuur.

Word vervolg. 

Liefde Maak Seer! Where stories live. Discover now