Deel 46

39 2 0
                                    

Liefde Maak Seer 
Season 2 
Deur Jay

Hoofstuk 9

“Here asseblief laat my Pa tog net instem” loop en praat ek saggies met myself terwyl ek oppad is na sy nuwe wooning toe dit is die eerste keer wat ek soontoe gaan.

Toe ek verby die winkel loop kom Roman uit met ‘n coke en ‘n loaf wit.
Ek was so ingedagtes dat ek hom nie rerig gesien het nie.

“Maak universiteit dan nou so julle ken skaars ‘n man.”

En dit besef ek dit is die skurk. “Hey man sorry ek was nou gou weer in my eie wêreld”
“Nou sien ek Liam was reg toe hy sê jou gedagtes dwaal al ewig.”

“Het Liam dan van my by jou geskinder, maar ek is nie verbaas nie julle was nogals baie close.”

“Altyd van jou gepraat jy was rerig daai man se hart”

Hier gaan ons alweer iemand red my hoeveel keer moet ek hierdie gesprek het? Ek gee nie om nie maar om elke keer te hoor van hom begin my stadig maar seker siek te maak kan ons nie net vergeet nie.

En ek antwoord maar met ‘n forced glimlag “Ek weet.”
“Ek verlang daai bra van my.”

“Ek weet” antwoord ek vir die tweede keer sodat hy die boodskap kan kry.

“Maar kyk hoe mooi lyk jy glad bietjie gewig opgetel.”

“Ja ek mean die lewe is goed vir my ek is finally in ‘n happy place. Wat van jou kon jy toe Karla vergewe?”

“Jy weet mos daai chick was my alles maar die lewe gaan aan ek is oor haar.”

“Dit glo ek nie vir ‘n oomblik nie julle is gemaak vir mekaar.”

Hy verander die gesprek baie vinnig

“Wat hoor ek van jy wat Liam Junior se Godmother is?”

Dit is die ding van klein dorpies nuus travel baie vinnig.

“Ek en Karla het mos vrede gemaak ek mean sy is my bestie en ek het net gevoel ons kan nie die verlede verander nie en ek moes net die regte ding doen en vergewe.”

“Jy het ‘n baie goeie hart Jasiri.”

“Arg dankie man. So wat doen jy huidiglik?”

“Ek maar ‘n soccer team opgemaak ons speel elke fortnight teen ander klein dorpies dit is hoe ons maar geld maak en dan help ek uit by die skool as die coach van die onder 16 span.”

“Dit is goed , dit was nog altyd jou passie.”

“Ek en Liam sin ons kon ure en ure sokker speel.”

“Het julle mekaar rerig van 6 jaar af geken?”

“Ja ons het daai was ‘n bra duisend ek sal nooit weer ‘n vriend soos daai kry nie. En nog iets wat ek jou moes lankal al gesê het is sy laaste woorde daai oggend voor hy toilet toe is om hom self op te hang.”

ek begin ongeduldig raak ,maar tog wonder ek.

“Ek wil nie daai dag herleef nie maar as jy dink dit is belangrik vir my om dit nou te weet dan kan jy maar.”

Vreemd dat hy niks voorheen gesê het nie.

“Hy het my laat weet dat hy nie sy lewe sonder jou kon in sien en dat die ding met Karla rerig ‘n fout was en die woorde wat vir my uitgestaan het in daai gesprek was die laaste woorde voordat hy uit gegaan het, hyt gesê hy haat die pyn in jou oë en hy gaan nie langer dat jy hom elke dag sien en dan herinder dit jou elke keer aan die pyn wat hy veroorsaak het. Op daardie oomblik het dit nie in my kop gekom dat hy wou moord pleeg nie, en ek wou jou nie sê in daai laaste paar maande op skool nie want ek kon sien dat sy dood aan jou gevat het.”

Trane het gerol ek kon eenvoudig dit nie keer nie
“Die vraag Hoekom is finally beantwoord ek het my dood gewonder hoekom en nou weet ek maar dit sal niks verander nie Roman.”

Hy het my vasgehou vir ‘n oomblik omdat ek begin huil het.

Ek vee die trane af “Ek hoop ek sien jou die saterdag by ek en Karla se party”

“Ek mis dit vir niks nie ek sal die ander ouens wat saam ons op hoër skool was ook laat weet”

“Dankie Roman ons sien dan mekaar saterdag.”

“Sharp Jasiri.”
Ek is toe verder die straat af in die warme son.

Ek is by die huis in waar my Pa tans woon een van my Ma se beste kerk vrinne.

“Goeie middag Tannie is my Pa dalk hier.”

“Aih nee Jasiri jy is mos nou mooi groot ek gaan gou vir Seun roep hy lê daar in die kamer jy weet hy preek weer hierdie sondag.”

Die Tannie is vol van haarself sy vergeet sy het ons gesin opgebreuk nou wil sy kom act dat all is well en cool.

“Is regso tannie.”

“Sit solank daar.”

Ek gaan sit ook maar op die mense se banke wat nog plastiek oor het, die kerk moet mos goed betaal vir hulle om nuwe meubels te kan koop sit en dink ek alweer.

“Middag my kind .”

“Middag Daddy ek kom sê maar net bietjie halo verlang na Pa”

“Jy kom soek net weer ‘n guns ek ken jou al soe goed wat het Wilma jou weer gemaak.”

Ek kan nie juis wegsteek dat ek iets kom soek nie.

“Ma wil nie hê een van my seun vriende moet my kom kuier nie maar ek het klaar gereel nou soek ek net vir hom bly plek vir 3 dae asseblief daddy ek is desperaat.”

“Kom ek vra eers is hy jou boyfriend en wees eerlik moet nie lieg.”

Ek dink vir ‘n oomblik maar Seun is cool hy sal nie mind nie.

“Ja Pa”

“Ek sal dit eers met my vrou moet bespreek” 
Hy roep toe die vrou van hom. 
En sy stem toe in

“Dankie julle ek sal sorg dat hy vir julle geld gee vir die 3 dae julle doen my ‘n groot guns.”

En dus toe die Tannie uitbaars “Enige iets om daai Wilma op haar plek te sit, sy moet jou die Vryheid gee.”

Die een is duidelik in kompetisie met my arme Ma. Dink sy nou ek gaan dink sy is cool en haar bo-oor my Ma kies, sy maak haar laat.

Ek glimlag maarnet.

“Dankie Pa ek sien dan vir Pa vrydag wanneer Brian kom.”

“Jy kan mos ook oorslaap met jou boyfriend Jasiri daar is mos nie ‘n probleem nie of hoe Seun?”

Maak die Man dief van ‘n aunty ‘n voorstel wat ek vinnig van die hand af wys.

“Nee Dankie Tannie ek is nog nie by saam slaap goed nie ek sal by die huis slaap.”

“Jy hoef nie voor te gee nie julle jong mense doen maar die dinge.”

Eksies! Wie dink die plooi gevriet sy is??

“ek sien dan” ek staan dadelik op en maak my way na die deur.

“Kourtney deel hierdie goed met my ek is mos nou jou nuwe Mamma so moenie skaam wees nie.”

Kourtney is haar dogter ‘n ane wilde een wat ek nooit kon vedra nie sy was die jaar voor my in matriek en die stories wat op die skool terein oor haar geloop het was glad nie goed nie.

“Maar ek is mos Jasiri ek is nie Kourtney nie.” sê ek baie saggies dat sy nie hoor nie.

Ek is toe weg oppad na Wilma se huisie, maar soos ek loop pla die Kourtney ding my wat doen ek nou alweer daai meisiekind bly mos ook daar wat van sy verlei my Brian aih God nie alweer nie. “Nee man Jasiri jy is net insecure ruk jou reg Brian is beskafd hy is mos nie ‘n skirt jagter nie” sê die een stem binne my maar die duiweltjie in my ore vertel my iets anders “Alle manne is dieselfde Jasiri as hy vir Kourtney en haar nicki minaj assets sien dan gaan hy skoon van jou vergeet.”

Nee , en nee en nee ek gaan nie laat die duiwel my anders oor reed nie Brian is anders hy is nie daai tipe nie hy is eenvoudig nie.

Word vervolg.

Liefde Maak Seer! Where stories live. Discover now