Liefde Maak Seer
Season 2
Deur Jay
Hoofstuk 6Ek het op my bed gelê en dink aan hoe ek vir Karla gaan ooreed om brian se ouers namens Wilma te bel en as sy succeed dan moet ons slaap plek uitsort.
“Die plan moet net werk dit moet eenvoudig net.”
Ek dink somer weer aan Liam die nag wat ons so geparty het in hierdie selfde huisie van Wilma hoe ons gedans het op ‘these arms’ van all for one. Goeie herinderinge maar dit is dieselfde aand waar Junior gemaak is. Ja nee in ons eie huis op die bank. Terwyl ek lê en tiep het. Maar aih dit is die verlede is tyd vir nuwe herinderinge.ek staan toe op maak die hangkas oop Liam se T-shirt hang nog net daar soos ek dit gelos het voor ek gery het. Staan dan nader en druk my kop teen die T-shirt net om weer die reuk van sy cologne te kry. Dit voel soos gister toe ek op sy skouers my kop kon leen.
En dan kom daar ‘n vraag in my kop op. “Hoekom doen jy dit aan jouself jy het vir Brian nou.”En ek besef toe dat ek moet aangebeweeg en die T-shirt vir once and for all weg gooi.
Nooit in my lewe het ek so vinnig ‘n T-shirt van die hanger af geruk en eenkant gegooi nie.“Brian is die liefde van jou lewe Jasiri nie Liam nie al wat Liam gedoen het is om jou seer en seer en seer te maak hy het net trane vir jou gebring geen geluk nie hy was selfsigtig” praat ek met my refleksie in die spieel van die hankas deur.
Is ek nou dalk besig om maal te raak as ek so saam met myself praat.My foon lui.
Dit is Brian
“Heey babe wat maak jy?”“Heeey bria ek sit en dink weer jy ken mos hoe zone ek soms uit.”
“Oh jy hou weer meeting met jouself. Haha ek wonder soms waaroor sit en dink jy so vertel bietjie.”
“Arg jy weet mos girls se minds werk oortyd ons dink soms oor al die onodige dinge soos nou ek dink alweer oor wat ek more gaan aantrek.”
Vertel ek baie vinnig ‘n leun as hy maar net wil weet wat alles in die kop aangaan hy sal weg hardloop.
“Okay my oulik, ek verlang na jou”
Daar gaan ons alweer ek kry somer ‘n flashback dit is asof ek Liam hoor ‘oulik’ sê.
“Hello Jasiri is jy nog daar?”
“Uhmmm .. wat het jy nou weer gesê?”
Ek was skoon stom toe ek die woord ‘oulik’ hoor en nie met Brian se stem maar Liam sin. My verbeelding natuurlik.
“Ek verlang na jou.”
“En ek ook my bruin oog gogga.”
Ek het Brian waarsku van die woord ‘oulik’ af, maar nee hy gaan aan met dit.
“So wat het jou Ma gesê van my wat kom kuier?”
Ek moet alweer lieg want Brian is die tipe as ek vir hom sê Wilma stem nie saam met die kuier en ek vertel hom my plan sal hy dadelik weier dit is een eienskap in hom wat hom baie aantreklik maak.
“Sy het ingestem maar jy sal moet by ‘n vriend van my moet bly vir die drie dae wat jy hier is, jy weet hoe is Ma’s hulle wil nie hê hul dogters moet nou al saam slaap.”
Hy lag effens “Geen probleem nie, sy hoef nie eers te worry nie ek slaap dan soms by jou oor dan gebeur daar niks nie. maar ja ek sal my Ma se contact details stuur sodat sy net sekerheid kan kry oor die 3 dae wat ek af gaan na jou toe.”
Dit is snaaks want alles wat hy sê is tog die waarheid ons slaap soms oor bymekaar maar nooit het ons dit veder as cuddling gevat nie. Nog ‘n eienskap wat ek van hom laaiks hy is patient.
“My lief jy weet dan hoe is groot mense veral my Ma sy is hoog bekeer, sal jou evens in Holy water doop sodat jy kan weg bly van die verbode vrug.”
Lyk ek hoor Wilma se gebed wanneer ek en Brian in een kamer moet slaap.
“Dit klink gevaarlik, ek bly liewer by jou vriend dan.”
“Hahah bang gat.”
“So my baby wanneer gaan ek en jy ons verhouding next level vat?”
O jirriii hier kom die lelike vraag.
Ek is stil vir paar minute.
“Jasiri!”
“Uhm… ek is nog ‘n virgin ek is bang”
“So waar?”
Dit klink asof hy geskok is.
“Ja gaan jy my nou los omdat ek ‘n virgin is?”
Hy lag so effens “Arg nee man baby ek en jy is dan gemaak vir mekaar en ek sal jou eerste keer baie special maak.”
“Oh want ek wil net sê, but kom ons rush nie daai nie ek het al eenkeer sex beplan en dit het nie gebeur nie so kom ons laat dit net gebeur dit moet ‘n in the moment kind of ding wees”
“En wie was die lucky ou wat amper wat myne is gevat het?”
Ek het nooit rerig vir Brain vertel van Liam nie, ek wou hom nie afskrik nie want wie wil ‘n meisie met baggage date? Maar die dat hy hierna toe kom gaan dit net nog moeilik maak want die mense hier laaiks almal se besigheid loop en verkondig.
“Niemand belangrik nie” antwoord ek baie vinnig terug.
“Oh ek sien dan, my airtime is alweer klaar lekker slaap my poplap lief vir jou”
“Jy ook babes lekker slaap love you lots”
Toe hy die foon neer sit en ek die lig wil afsit sien ek Liam by die kamer deur staan
“O vrek”
Word vervolg.
YOU ARE READING
Liefde Maak Seer!
Romance'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...