Deel 70

43 2 0
                                    

Liefde Maak Seer 
Season 2 
Deur Jay 
Hoofstuk 33
Die nurse het pas vir my forms gebring om te teken ek is finaal onslaan die dag was baie lank eers ‘n sessie met die sielkundige en toe die laaste besoek van die dokter af en toe Charlotte en Wilma se drama maar die beste was toe Wilma opdag.

“Maak seker jy het alles gevat meisiekind.” Maak Wilma die laaie oop.

“Ek het nie juis baie gebring nie, gaan Ma hulle by my slaap of het Ma klaar slaap plek gereël?”

“Ja ons moet Meisiekind ek en Manie sal maar op die grond slaap dus mos nie probleem Manie moet reeds môre weer terug gaan hy het skool ek gaan nog ‘n paar dae bly om seker te maak jy is oraait.”

“Ek kan tog nie verwag Ma moet op die grond slaap nie ek sal op die grond slaap saam Manie.”

“Nee meisiekind jy kom nou net uit die hospitaal uit ek gaan nie laat jy op die grond slaap hierdie ou vleise kom nou al lank aan hulle kan die grond hanteer.”

Wilma maak asof ek so beseer is ek het net paar wonde op my arm ek makeer niks nie, maar ek kan ook nie met haar stry nie ek het toe ingestem.

En voor ek uit gaan by die kamer deur van die saal val die gedagtes van Jerome my by. Ek is so vasgevang in my eie probleme dat ek skoon vergeet het van hom.

“Op watter vloer is die ICU?” vra ek dadelik een van die nurse.

“5de vloer Jasiri. Mooi loop en alle sterkte.”

“Dankie sister.”

Ek het nie juis vir Manie of Wilma vertel van Jerome nie.

“Ma ek gaan gou net vir Jerome gaan besoek, ek wil net seker maak hy is oraait voordat ek loop.”

Wilma is ‘n bietjie verward “Wie nou?”
“ ‘n manetjie vriend van my hy was aangeraand deur Brian hy het my probeer beskerm en nou veg hy vir sy lewe.”

“Liewe Heiland Meisiekind moet nie vir my sê jy is deurmekaar met die Jerome klong? Manie jou sister is besig hier in die strate van die lewe.” Maak sy sommer dadelik ‘n opmerking.

“Aih Ma dus nie so nie Jerome is my roomie.” Verduidelik ek terwyl ek my fingers afgooi om aan te dui dat Jerome ‘n pap handtjie het.

“O hel nou verstaan ek jammer meisiekind.” 
Manie lag lekker daar wat hy staan met die klomp sakke wat hy moet dra. Dit lyk asof Wilma vir klaar kom bly.

“Okay dan ek kom saam jy kan nie aleen loop nie.”

“Wat van my moet ek nou die klomp sake al die pad 5de vloer toe sleep?”

“Nee man my kind , bel solank ‘n bubber en wag daar onder ek en Jasiri is nou terug.”

“ ‘n wat” vra Manie.
Ek het klaar gevang wat sy einlik bedoel maar die woorde kan nie uit my mond uit kom nie ek is swak daar wat ek staan van die lag.

“ ‘n Bubber” herhaal Wilma heel confident.

“ Ma mean ‘n Uber?” korrek Manie haar die tweede keer.

“Ja man , doen dit net.”

Ons twee het in die lift geklim en ek het die 5de vloer knopie gedruk.

“Ek is bang vir hierdie goed.”

“Ek kan sien Ma is, maar ons sal nie vas sit nie.”

“Ons beter nie want dan sterf ek net hier.”
My Ma kan darem dramaties wees kan sien dus ‘n regte plaas vroutjie.

Ons het op 5de vloer gekom en die gange is doodelik koud en daar voor het ‘n jong dame gesit , ek neem aan dus die sister van die saal. 
“Goeie dag hoe kan ons u help?”

Liefde Maak Seer! Where stories live. Discover now