Deel 61

41 2 0
                                    

Liefde Maak Seer 
Season 2 
Deur Jay
Hoofstuk 23

Die dag het so vinnig geloop toe ek my weer kry bevind ek my op my bed aleen Jerome speel weer kliphard musiek langsaan en sing hoog vals saam.

Ek verlang my moeder , maar ek is bang om te bel want die manier waarop ons uitmekaar is was nie goed nie. Miskien moet ek my trots sluk en bel.

Ek tel toe my foon op en druk ‘Mamma’ in en die nommer verskyn. Ek moet nog dankbaar wees dat ek ‘n moeder in my lewe het vir soveel is hierdie nommer of naam wat nou hier op my skerm verskyn net ‘n herindering. Mens se Ma is wat sy is maar sal altyd jou Ma bly ongeag wat enige iemand dink van haar.

Die foon lui en lui totdat dit voicemail toe gaan. Ek probeer dan weer maar dit gaan net weer voicemail toe. 
“Ek het jou nodig Wilma Bosman, ek het jou nodig tel op die foon.” 
Die foon gaan vir die derde keer voicemail toe. 
Ek troos myself met die gedagtes dat sy nie my oproep somer net sal ignoreer nie sy is seker net besig met iets. 
Dan kry ek die gedagtes om vir Manie te bel.

Sy foon lui maar hy tel dadelik op.

“Sis is dit jy?”

“Hey bro is ek ja verlang vreeslik vanaand hoe gaan dit?”

“Ons verlang net so, dit gaan goed met my maar nie so goed met Ma nie sy treur oor jou.”

Ek weet nie wat om te sê ek kan die trane voel dus weer oppad maar ek keur vinnig want anders hoor Manie.

“Ek verlang haar net soe, hoekom antwoord sy nie haar foon nie?”

“Sis ek wil nie op jou gevoelens trap nie maar Ma is steeds kwaad en teleurgesteld in jou en dus verkies sy om nie jou oproep te antwoord.”

Ek moes geweet het ek mean mens kyk oor dit as jou dogter jou bel dan antwoord jy no matter the issue.

“Dus oraait boetie ek moes dit seker verwag het, skoon vergeet Ma kan vir jare en jare kwaad bly vir iemand.”

“Dus die ding Jess sy verlang jou en jy verlang haar hoekom kan sy nie net ophou hardkopig wees nie.”

En in die agter grond hoor ek dadelik vir Wilma.

‘oooh so jy sê vir jou sister ek is hardkopig.’

Ek glimlag dadelik ek het tog my Ma se stem lanklas gehoor.

“Manie gee vir haar die foon.”

“Ma Jasiri wil saam Ma praat.”

Tot my verbasing vat sy die foon.

“Toe nou Meisiekind wat het jy vir jouself te sê?”

“Ek is jammer Ma, Ma was reg oor alles”

“Ja maar ore is min , as ek mos met jou praat lyk dit ek praat twak!” begin sy kwaai raak aan die ander kant van die foon.

“Ma was reg!”

“Ek is altyd reg Meisiekind wie nie hoor nie moet voel, ek weet nie hoekom jy skierlik jammer is maar my kind dus seker nog net die begin die lewe is hard daar buite en al wat ek nog al die jare wou doen was om jou te beskerm maar nou is jy op jou eie, miskien moet jy jou nuwe Mamma bel daai Marta heks.”

Ek het net sit en luister , my hartjie brand kwaai om my Ma te vertel wat aangaan in my lewe, maar ek soek nie ‘n ‘I told you so’

“Nou is Ma onredelik, Ma verkies mos Dedrei bo-oor my.”

“Hier gaan ons alweer , jy nodig in Asyn gedoop word jy is heeltemaal van die pad af Meisiekind.”

Asyn! Lord have mercy sy het nou haar marbles verloor.

“Ek is net bly om Ma se stem weer te hoor.” Cut ek vinnig die gesprek want ons gaan ‘n phone fight het en ek het nie lus vir baklei nie , ek baklei genoeg.

“Moet my asseblief nie meer bel nie Meisiekind , ek is kla met jou. Hier is jou broer”

Die woorde het soos ‘n mes my hart oop gesny ek het dit gevoel en toe Manie nog veder wil praat sit ek die foon in sy oor neer. “Kan een mens so wreed en genadeloos wees maar sy lees die bybel hoe lees sy die bybel?”

Ek is om na Jerome toe ek voel moedeloos trane loop soos water uit ‘n kraan af van my wange.

Jerome speel so hard musiek dat ek moes teen sy deur kap sodat hy kan hoor en die oomblik toe hy die deur oop maak vliee ek in sy arms.

“Riri is jy oraait?”

“Hou my net vas asseblief ek het nou net ‘n skouer nodig om op te huil.”

“Genaade hierdie vrou gaan deur ‘n moeilike tyd , kom laat ek die deur toe maak en die musiek afsit en dan kry ek vir ons roomys in die yskas en dan ons hart sake praat.”

Dramaties as jy my vra ek gaan nie deur ‘n breuk up nie glads room ys ek het ‘n vriend nodig nie room ys nie hellloooo.

“Ek… eek kaaan niee….. meeeer dit vat nie.” probeer ek deur die trane praat.

“As dit Brain is dan moet jy solank die polisies vir my bel want ek gaan hom nou uitsort.”

“Fok Jerome! Luister kalmeer dus nie Brian nie.”

Jerome skrik so groot dat hy dadelik stil staan en vra “Nou wie is dit dan wat jou so upset”

“Dus Wilma!”

“Oh dan is dit nog ‘n chick ook kom ons gaan pop haar!”

“Vrek Jerome dus my Ma.”

“Hel vrou sê dan soe sal jy dan nou so in raaisels praat jirri my Hoë bloedruk soe hoog maak.”

Ek probeer om erinstig te wees maar ek kon nie my lag in hou nie.

“Sien jy hoekom hardloop ek na jou toe jy weet net hoe om ‘n erinstige situation in ‘n grap te verander aih.”

“Dus die punt Riri maar kom toe wat het jou Ma jou gemaak.”

“Ek hoop jy het tyd want dus ‘n lang storie.”

Hy het vir ons die room ys in geskep en so het ek hom die hele Dedrei , Wilma storie vertel.

Word vervolg

Liefde Maak Seer! Where stories live. Discover now