Liefde Maak Seer
Season 2
Deur Jay
Hoofstuk 26
Brian het ook besluit om hom te was in my badkamer, ek was al klaar aangetrek en nie juis reg om die dag aan te pak nie.
Toe hy uit kom en klaar aangetrek is sien hy dat ek by die venster staan en uit kyk.“Waaroor dink jy weer, het ek jou al ooit gesê hoe mooi jy lyk wanneer jy so diep in gedagte is?”
Ek voel dood binne maar vir een of ander rede is ek goed om saam hom sy siek speletjie te speel.“Dankie.” Sê ek sonder lus.
“Kom aan sweets smile, ek het mos gesê ek is jammer.”
“Jammer gaan my nie weer heel maak nie Brian jy het ‘n deel van my gevat en gevreet soos ‘n hond, vertel my bietjie…”
Ek loop na die klein kombuis toe neem ‘n koppie en gooi dit op die vloer.
“Sien jy die glasse wat op die vloer lê?? Dus hoe jy my gebreuk het en al sê jy jammer vir hierdie koppie sal dit nooit weer heel wees nie , nou dus hoe ek voel!”
Trane van woede loop van my gesig af op die stadium gee ek nie ‘n duiwel om of hy kwaad raak of nie.“Jasiri nou oor reageer jy, jy was die een wat loop en uit vra het oor my verlede en toe stuur jy ‘n boodskap om te laat weet jy wil op breek saam my hoe moes ek voel huh? Moes ek sommer net aanvaar het die meisie vir wie ek lief is wil my los oor goed in my verlede?? Jasiri ek is niks sonder jou nie jy moet verstaan ek was te emotioneel en toe gaan drink ek en toe vat my demons weer oor, ek belowe jou dit was nie ek nie.”
Hy het maagteloos voor my gestaan met soveel trane in sy oë.
“Brian ek probeer so hard om saam jou te simpatiseer maar ek kry dit net nie in my nie , as jy na my toe gekom het nigter en jy het my mooi gevra waaroor daai boodskap gaan dan het ek dit vir jou mooi verduidelik ek wou nog nooit op breuk met jou nie , ek wou simply net ‘n break gehad het vir paar maande sodat ons albei ons persoonlike probleme wat ons mee deal uitsort want soos ek gesê het in die boodskap ek is bang dinge gaan hand uit ruk, en dus presies wat gebeur het. En nog ‘n ding wat my gelei het na ‘n break tussen ons was die feit dat ek begin agter kom het jy raak jaloers en dan agresief soos nou die dag in die cafeteria wat jy die koffee uit gegooi het, brian ek weet nie meer nie.”
Ek het daar tussen die gebreukte glasse wat op die vloer lê gestaan ek het darem my skoene aan gehad maar ek moes net my hart uit praat.
“Ek is jammer Jasiri , ek is jammer.”
Ek het niks veder gepraat want ek het paar sekondes glads gedemonstreer dat jammer niks sal reg maak.
En dus hoor ek ‘n klop aan die deur.
“Dus Jerome Brian vee die glasse op.”
Ek het vinnig my trane afgevee en my vinnig in die spieel gekyk om te sien lyk ek nog reg.
“Ek kom !”
En toe ek die deur oop maak staan Jerome daar nat uit gevat.
“En as jy soe uit gevat is?”
“Jy weet is vrydag! Wat breek jy so hier binne?”
Ek moes geweet het niggie gaan hoor.
“Ongeluk ek was besig om vir ek en Brian breakfast te maak val die koppie uit my hand uit.”
“Het hy dan oorgeslaap?”
Ek wou nog antwoord maak Brian sy verskyning.
“As sekere mense net hulle besigheid begin kan mind sal die wêreld ‘n better plek wees.”
“Dit was nou nie nodig nie Brian.” Maak ek duidelik.
“Nee is mos hy wat stories aandra oor my verlede.”
“Dit was nie hy nie.”
“Toe nou lovers kalmeer, Brian hoekom het jy jou verlede in die eerste plek weggesteek vir Riri?? Ek mean dit maak nie sin nie en nou wil jy skimp gooi nee boytjie jy praat reguit saam my nie in riddles.”
“Jerome asseblief ek sien nie nou hiervoor kans.”
“Jou poes man! “ begin Brian nader staan om Jerome aan te val.
“Brian kalmeer!”
“Nee laat hy my wys wie hy rerig is, dink seker ek is van daai meide by die huis wat hy so lekker slaan sakke gemaak het, slaan aan my papa en jy slaap vanaand in die tronk.”
Jerome maak ook nie die situation maklik nie.
“Ek skop jou bek pap poes!” staan Brian nader en ek moet net keer wat in die middle staan.
“Woah woah! Jerome kom ek en jy loop liewers ons gaan laat wees vir klas. Brian jy sal mos sluit sal my sleutel later kry.”
Ek het vinnig my sak gegryp en vinnig vir Jerome wat se mond nog klap uit by die deur gestoot.
“Jy moet oppas vir daai moffie hy gaan aan jou slaan Riri.. hy lyks kla bedonerd.”
“Jerome los dit nou asseblief ek sien nie kans hiervoor nie.”
“Nee dus die waarheid Riri kyk hoe het hy nou aangegaan ek is bekommerd.”
“Jerome ek sê mos los dit!!!”
“joh dus nie nodig om my kop af te byt.”“Miskien is Brian reg jy is gif! Is in almal se besigheid.”
“Ek is seer gemaak is dit wat jy die heeltyd van my dink? Ek waarsku jou en nou hoor ek , ek in jou besigheid. Ek is jammer as ek ‘n goeie vriend probeer wees en jou waarsku teen ‘n monster.”
Jerome loop somer dadelik vinnig.
Ek voel sleg want hy probeer net help en hier haal ek my frustrations op hom uit.“Jerome wag asseblief! Wag!”
“Riri los my af toe.”
“Jerome!”
“Gaan Jerome jou vokken bulldog hond daai Brian.”Jerome is nou upset vir my soos Drake, en ek verdien dit die persoon wat al hierdie gemors veroorsaak het is aas aan met alles.
Ek het reguit na die naste badkamer op kampus gegaan, skoon vergeet ek het klas ek het vir ure en ure daar gesit in ‘n toilet ingekrim met my hele lyf bo die toilet pot sodat niemand kan agter kom daar is iemand.Waar is Liam wanneer ek hom nodig het hoekom het hy nie Brian gestop nie, die gevrek wil seker eers wee na alles damage control kom doen. Is deur hom wat ek deur sulke dinge moet gaan as hy hom net nie opgehang het nie sou ek nooit Brian ontmoet het nie……. “EK HAAT JOU LIAM EK HAAT JOU!” skreeu ek in die toilet sonder om ander in die toilet in ag te neem.
Word vervolg
YOU ARE READING
Liefde Maak Seer!
Romance'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...