Liefde Maak Seer
Season 2
Deur Jay
Hoofstuk 12Ons is toe uit by die hek van Seun en Marta se huis.
Die plan was om by die local club die reunion te hou aangesien ons nie 'n suiker huis het om die skud te gooi nie."Maar is koud hierdie kant van die wêreld" Maak Brian 'n opmerking om die stilte te verhoed.
"Arg is maar net in die aande my liefie, deur die dag is dit die warmste plek op aarde."
"As jy so sê nou waarna toe is ons oppad?"
Karla en Kourtney is doodstil praat nie 'n woord nie is nou net ek en Brain wat gesels.
"Club toe natuurlik."
En dus fluister hy in my oor "Ek dog ek en jy gaan vanaand aleen tyd saam spandeer. "
Ek voel sleg want hy is nie die wilde tipe mens wat van clubs en goed hou nie sy ideale date is om voor die laptop te sit en te cuddle terwyl ons movies kyk of ons gaan eet uit by een of ander kos plek.
"Nee man Brai ons doen dinge bietjie different vanaand ek wil mos hê jy moet 'n nice time het." Fluister ek terug in sy oor sodat Karla en Kourtney niks kan hoor nie.
"Okay dan lief."
"Wat skinder julle twee weer?" vra Karla ewe nuuskierig.
"arg jy Baby momma los die verliefdes." Maak Kourtney 'n stelling.
En ek moet alweer net vure dood slaan want dit lyk my Karla wil vir Kourtney iets aan doen vir die 'baby momma' woord.
"Kalmeer nou, julle."
"Wat kyk hoe lyk haar top nat gelek van die melk." Hou Kourtney aan.
En Karla gee haar 'n moerse klap "Dit is nie vokken melk wat lek nie jy slegte slet atleast het ek nie 'n aborsie gemaak soos jy nie ."
"Brian help tog net ek het nie krag hiervoor nie."
En Brian maak toe die twee uitmekaar uit wat al besig is om mekaar se hare te trek.
"Ons is skaars by die club en die drama begin al aaaih."
"Jammer julle" vra Kourtney verskoning."kom ons loop tog net aan asseblief die ander wag al vir ons."
Karla was dik kwaad maar het maar aangeloop, sy loop aan my kant terwyl Kourtney in die ander kant van Brian loop.
Die skande so vroeg moet my Boyfriend al klaar sien watter straat meide die goed is ek skaam my skoon vir hulle.
Die musiek was lit gewees binne die club. Buite het die gang ons ingewag. Roman en sy squad en dan was daar Manie en Dedrei. Manie is natuurlik onder ouderdom maar daar is alreeds 'n plan hoe ons hom gaan in kry.
"Naandse mensies, ek wil julle net voorstel die is Brian hy is ons gas vanaand so kom ons gedra ons asseblief." Ek het vir Brian voorgestel aan almal en hulle was cool net Roman wat 'n bietjie vir Brian gegroet het asof hy hom nie laaik nie maar ek kan dit seker verwag.
"Kerk sister jy het mos 'n hunk van 'n boyfriend." Maak Dedrei 'n opmerking.
"Presies met dit gesê bly tog net ver van hom af en van my af vanaand."
Almal maak daai "ooooo" geluide.
Dedrei is sommer stil en ons is in by die club somer direk na die bar toe om vir ons drinks te koop.
"Ek soek 'n glas water asseblief" laat weet brian die Kroeg man.
Almal lag dadelik "Jirre Jasiri vir wie date jy nou vir Pastor TD Jakes?" maak Roman 'n grap. Maar ek kan duidelik sien Brian dink nie dus snaaks nie, maar hy sê niks nie.
"Hou nou op hy drink nie alcohol nie kom ons respekteer dit tog asseblief.""Roman jy is uiters on beskofd" vat Karla hom vas die oomblik toe sy 'n drink in haar hande het.
"Kyk wie praat nou, waar is jou kind as jy hier is?"
"Dus nie jou donderse besigheid waar hy is nie."
Karla los dan vir Roman net daar en gaan dans vloer toe.
Ek en Brian het 'n plek gevind om te sit hy met sy glas water en ek met my glas Gin.
"Jasiri die sal seker die eerste keer wees dat ek jou dronk sien.""Arg babe dus niks nie , ek het nog verlede jaar met die after party gedrink jy moet tog net een shot try vanaand asseblief net vir my."
"Ek sal sien hoe die nag verloop my skat."
Ek sit toe op sy skoot en begin soen hom sy lippe soen tog lekker maar nie so lekker soos Liam sin nie.
Hoekom compare ek die twee? Hulle is totally different.
"Ek haat myself." Die woorde het per ongeluk uit my mond gekom.
"Hoe nou?"
"Nee niks nie."
"Ek het duidelik gehoor jy sê jy haat jouself, is daar iets fout?"
Ek dink vinnig aan 'n verskoning "Ek mean ek haat myself omdat ek drink en jy wil nigter wees."
"Oh maar is niks nie babe , terwyl jy net hier by my is en op my skoot sit is ek happy."
"Jy is so sweet"
Amper close. Die tyd het gegaan en ek het net nou en dan my glas by die bar vol gaan maak. Karla gee haarself 'n lekker tyd op die dans vloer met die anders is net ek en Brian wat soos twee ou mense eenkant sit en mekaar se geselskap geniet."Aha aha Jess jy kan nie wil heelnag so sit kom dans saam ons."
"Ek bly liewer net hier saam Brian."
"Ienik 'n man op paser."
"Arg Karla ek pas hom nie op nie."
"Gaan dans tog net Jasiri laat jou maatjie se siel kan rus." Gee brian my 'n bevel.
"Is jy seker lief?"
"Dood seker."
Ek staan toe op lekker dronk loop slinger slinger saam Karla na die dans vloer.
"Dedrei my eie skoon sister kom hier laat ons , ons famous twerk dans wat ons by die after party op Roman hulle se tafetjie gedoen het, doen."
"Yes kerk sister kom ons wys hulle."
En ek het Dedrei is hard besig met ons twerking ons vriende het glads 'n kring om ons gemaak terwyl Brian maar nogsteeds daar eenkant aleen sit.Ek was hoog vals dalk weer die vodka wat vir my so vals het want lord knows ek kan nie vir Dedrei vat nie , veral na die stunt wat sy nou die dag gepull het in die kombuis.
Ek was glads uit asem uit toe die song stop en die twerking end kry.
En daar begin sommer 'n nuwe dans liedtjie en Karla vat my hand ek en sy doen die 2 step.
"Is jy seker jou boyfriend is oraait hy lyk nie hy pas in hier by ons nie." Probeer 'n dronk Karla hard praat sodat ek haar kan hoor want die musiek is te hard.
"Hy is piek fine, trust me hy is die tipe wat nie rerig gewoond is aan hierdie tipe goed nie."
"Okaay ek sien jy het nou rerig 'n goeie manetjie gekry Jess."
Ek voel natuurlik sleg omdat ek my geniet en hy daar eenkant sit.
En dus gewaar ek Kourtney langs hom sit...
Word vervolg.
KAMU SEDANG MEMBACA
Liefde Maak Seer!
Romansa'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...