Liefde Maak Seer
Season 2
Deur Jay
Hoofstuk 35
Ek haat dit maar hoekom moet Wilma altyd reg wees. Die oomblik toe ek my voete op campus sit hoor ek hoe almal in groepe staan en praat oor dit wat in die koerant is.
"Die Meisie is glo 'n law student hier by ons haar eie kêrel het haar verkrag dus nou vir jou 'n skande."
"Miskien het sy dit opgemaak want hoe op aarde hulle het dan gedate die meisies van vandag sal alles doen miskien wou die outjie haar los en toe maak sy nou 'n storie oor hom op."
Ek hoor so hier en daar die komentaar en ek kan nie verhelp as om te voel dat hulle weet dus ek nie, maar ek probeer om normaal op te tree. Die woorde maak seer maar ek wou mos klas toe kom. Ek het gedink ek is gereed om die wêreld in die oë te kyk, maar ek is nie.
En dus gaan ek die klas in doodstil sonder 'n woord dit voel asof almal se oë op my is.
En dus roep 'n groep meisies my "Halo jy is mos Jerome se vriendin right?"
"Ja ek is hoekom?" vra ek dadelik met 'n houding.
"Ons gehoor van sy aanvaal wou net hoor of hy okay is." antwoord een van die meisies.
"Hy is... (Sluk my spieg) hy is nogsteeds in die hospitaal ek was gister by hom en hy is nog in 'n kritieke toestand sy Ma het my verseker sy sal my bel as daar enige veranderinge is maar dit lyk huidiglik nie goed nie."
"Awww ons almal sal hom in ons gebede hou, kom sit maar hier by ons vandag my naam is Cluadia en die is Gretchen en Dominique."
Ek wou eers die aanbod van die hand wys maar ek sien ook nie kans om stok siel aleen te sit nie.
"Ek is Jasiri aangename kennis vat ek elkeen se hand."
En dus sit ek langs Claudia.
"Jasiri wat dink jy van die storie in die koerant dink jy die meisie het die manetjie aangekla omdat sy aandag soek?" vra Gretchen
Die vraag slaan my diep maar ek moet net my composure hou anders gaan ek my eie game weg gooi.
"Uhmm.. kom ons begin by die begin 'n storie het altyd twee kante, en hoekom sal 'n vrou lieg oor iets so erinstig? Ek mean come on ons ken nie wat tussen hulle twee gebeur het nie en watter tipe ou hierdie manetjie was hoekom verwag ons altyd die slegte van vrou mense af? Hoekom? Miskien het dit gebeur maar dit is nie vir ons om te judge nie kom ons wag vir die hofsaak en dan sal ons almal mos die antwoord het, maar as julle my nou sal verskoon ek dink nie ek wil in die klas wees nie gaan liewer huis toe."
Sonder dat een van die meisies nog kon vrae vra is ek vinnig op en loop uit by die klas kamer se deur.
My hart klop vinnig my trane loop uit my oë uit ek het net op die grond gefocus en dus loop ek in iemand vas dat die blaaie en boeke waai ek het my hard gestamp teen die persoon se kop.
"Dammit vervlaks kyk waar jy loop my hele notas is nou die wêreld vol versprei" begin die persoon op my te skreeu.
"Ek is so jammer ek is so jammer vergewe ek sal help op tel."
Ek het nie die persoon in die gesig gekyk nie maar toe ek die blaaie begin op tel en ek kyk op en my oë vang die persoon se oë was daar 'n oomblik van stilte.
Ek knip my oë vier keer, maar so waar die persoon lyk nes Liam nou nie presies soos Liam nie maar sy vel kleur sy blou oë sy neus sy lippe.
"Ek kan sweer ek het jou iewers gesien." Breek hy die stilte.
"En ek kan dieselfde sê."
"Ek is Louie."
"Ek is Jasiri aangename kennis en weerheens jammer oor jou notas."
"Dus alright, ek sal moet gereeld in mense vas loop want wow jy is beeldskoon." Gee hy my 'n kompliment wat volg met 'n glimlag.
En ek is awkward dadelik "Okay."
En dus maak ek laat ek weg kom, hy het my pas weer aan Liam herinder, maar een ding hy is nie Liam nie maar sexy die is hy. Hoop ek loop hom weer in die toekoms raak.
En dan herinder die stem in my gedagtes my weer dat ek klaar is met mans. Daai was maar nou net toevalig.
Toe ek by my kamer kom kry ek 'n heerlike reuk voordat ek die deur oop maak.
"Dit ruik mos lekker hier binne wat het Ma weer aanmekaar geslaan."
"Jy is darem vroeg terug ek was somer maar net lus om vir jou 'n lekker ete voor te berei."
Ek het haar kos verlang moet dit sê.
"Ma was reg ek moes liewer maar nog by die huis bly ek kan nie glo die storie is in die koerant nie, ek hoop nie ek moet gaan getuig in die hof nie want dan weet die hele wêreld en ek wil die eers net vir myself hou."
"Kom sit op die bed my kind, as jy nie wil jou identiteit bekend maak glo ek die staat sal dit respekteer jy sal seker moet 'n skriftelike getuie moet gee, maar my kind hoe voel jy rerig ek weet jy wil nie daaroor praat nie maar praat ek is hier vir jou."
"Ma ek weet nie hoe om te voel nie die ding met my is ek probeer sterk wees en dan raak dit te veel dan kry ek 'n break down soos gisteraand so dus veilig om te sê ek voel huidiglik asof ek in 'n Leon movie is en hy enige tyd net gaan uitspring en sê 'you've been shuckes'."
"Aih my kind die sal ook verby gaan ek belowe jou. Maar nie te min ek dink ek en jy moet Altha se Seun gaan besoek so laat middag laat ek vir hom kan bid."
"Ek weet nie moet ek saam gaan nie Ma , dus my skuld dat hy daar lê en dit vreet aan my, ek kan net nie so ver kom om myself te vergewe."
"Meisiekind jy moet saam kom hy het jou nou nodig jy kan nie die verlede verander nie maar jy moet nou sterk wees vir hom en glo dat hy sal recover om jouself nou te blameer is nie die moeite werd nie dus nie te se jy het Brian gestuur om hom seer te maak nie."
Op 'n manier is Wilma reg en ek stem toe in om hom te gaan sien
Word vervolg
KAMU SEDANG MEMBACA
Liefde Maak Seer!
Romansa'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...