Deel 36

105 4 0
                                    

Liefde Maak Seer 
- Jay
Hoofstuk 36 

('N jaar later)

Die spanning kon mens voel in die lug , die son het skaars opgekom en almal was by die Garage om vir hulle matriek uitslae te wag, ja matriek was finaal iets van die verlede vir somige van ons. 

Maar vir my Jasiri Bosman dogter van Wilma en Seun was hierdie net die begin van 'n nuwe hoofstuk. 

Liam sê dood was 'n skok gewees, maar met die hulp van 'n sielkundige het ek besef dat ek moet vrede maak, ek kan nie die verlede verander nie.

Ek het nooit weer van hom gedroom nie, ek weet nie eers waar sy graf is. 

"Geluk Jess jy het met 4 onderskeidings geslaag." 

"Wat jy lieg mos nou karla kom ek kyk self!" 

Ek en Karla het nie juis vrede gemaak nie maar ons praat darem met mekaar, ons vriendskap sal nooit weer dieselfde wees nie. Sy lyk baie oulik met haar pensie. 

Dus sowaar ek het met 4 onderskeidings geslaag dit kon ek net nie glo nie wat is die saying these days "Mamma I made it!" 

"Geluk aan jou ook Karla! En sterkte met alles wat voorlê " 

En voordat sy dankie kon sê het ek geloop.

Ek is trots op myself na alles wat gebeur het , het ek nogsteeds deur gedruk. Maar ek kon dit nie doen sonder Wilma en Manie se ondersteuning. 

"Heeey girl!" 

Ek en Dedrei het baie na aanmekaar geraak die laaste paar maande van skool, al hou ek haar op 'n distance ek vertrou niemand nie. 

"Yes Dedrei! Jy seker goeie nuus." 

"Wel ek het nie soos jy geslaag nie mevrou Bosman maar ek het darem geslaag! Jy het goed gedoen, ek is seker Liam is trots daar wat hy is." 

"Arg Dankie en geluk! Ek is seker hy is , hy is tog my guardian angel. Maar glo my as hy hier was sou my 4 onderskeidings soos niks gelyk het. Hy sou nou 5 of 6 gekry het." 

En dus die waarheid despite his play boy attitude was hy nogals vrek slim. 

"Ek kan glo. Maar nou ja wat gaan jy nou doen?" 

"Ek het aansoek gedoen by die universiteit van die vrystaat. Om Law te studeer hulle wag net vir my punte. Ek gaan somer dit nou fax. Is tyd om hierdie klein plekkie te verlaat en my vlêrke te versprei. Wat gaan jy doen?" 

"Nee jong ek gaan maar by shoprite gaan werk soek! Sterkte ek moet gaan neh ons sien mekaar and take care." 

Ons twee het mekaar 'n lekker drukkie gegee dit kan dalk net die laaste wees, om te dink sy was my number one enemy maar ja die wiel draai. 

Ek het skaars die deur binne gekom toe wag Wilma en Seun my al in. 

"Hoe lyk dit Jasiri?" 

"Ja meisiekind het jy darem geslaag!"

Hulle twee se egskeiding was finaal en Seun het meer en meer probeer om 'n goeie teenwoordige Pa te wees. Om hulle saam te sien maak my hart bly net om te weet hulle het vrede gemaak met die feit dat daar nie meer 'n kans vir hulle is nie. 

Ek het net die koerant op die tafel gegooi sonder 'n woord. Toe Wilma my naam sien en die 4 onderskeidings langsaan het sy behoorlik geraas gemaak. En Seun het net my hand gevat. 

"Ek is so trots op jou my dogter die eerste Bosman wat met flying colors geslaag het! "

"Dankie Pa!!" 

Liefde Maak Seer! Where stories live. Discover now