Liefde Maak Seer
Season 2
Deur Jay
Hoofstuk 14Ek lê en dink sopas gebeur het.
“Jasiri jou Ma het gebel kom ek vat jou liewer huistoe.”
Hoor ek my Pa sê stem so vag weg.
“Okay dus reg Pa.”
Ek staan toe op van Kourtney se bed af gaan klop aan die kamer deur waar Brian slaap. “lekker slaap my engel ek sien jou môre.”
“Naand Sweets ek is rerig jammer oor vroeer ek was net te kwaad en het nie reg uit gedink nie ek sweer ek is nie ‘n vroue slaner.” Fluister hy.
“Relax babe ek ken jou nou al vir hoeveel maande om te weet jy is nie die tipe wat jou hand vir ‘n vrou sal lig. Ons sal môre praat slaap nou moet nou nie vir jouself kwaad wees nie.”
Na daai klap is ek bietjie bang vir hom dit is asof ek hom glad nie ken nie maar ek ooreed myself net dat dit nie weer sal gebeur nie hy was rerig net kwaad en miskien teleurgesteld in my omdat ek vir hom al die tyd die waarheid weg gesteek het.
“Is jy oraait my kind” wil seun weet toe ek doodstil is in die motor toe hy my huistoe neem.
“Ek is ja Pa, ek is net geworry dat my Ma weer vir my gaan uitskel.”“Moenie worry ek sal se jy was by my die heeltyd gewees, maak net seker jy gee geen tekens van dronknes af nie.”
“Arg Pa is ‘n ster, hoe ken Pa my dan ek is ‘n pro in acting.”
“Ek is bly om te sien jy is weer gelukkig my kind , en hierdie keer het jy die regte ou ontmoet die oomblik toe hy instap kon ek sien hy is ‘n goeie seun, ons het glads bietjie gebond oor wrestling ek het somer jou broer verlang hy kom mos nooit weer na my toe nie , groet my nie eers nie, maar ek neem hom nie kwalik ek het soveel pyn veroorsaak dit is ‘n wonderwerk dat jy weer saam my praat.”
Ek dink in my hart die enigste rede hoekom ek met hom praat is net omdat hy vir Brian bly plek gegee het vir die 3 dae.
“Ek is bly Pa hou van hom, hy is nogals ‘n goeie mens hy maak my beter en hou my op my tone. Ek is maar ‘n mens wat vergewe en Pa sal tog altyd ons Pa bly so gee net kans ek glo Manie sal eendag weer saam met Pa praat wees net geduldig.”
“Ek probeer so hard Jasiri om ‘n goeie Pa te wees maar lyk my ek laat julle net in die steek hoeveel maande het ek nooit vir jou gebel om te hoor en te vra hoe dit op universiteit gaan.”
“Maar Pa hoef mos nie ek is groot genoeg en ek verstaan soms ook nie hoekom Pa my nie eers eenkeer bel om te hoor hoe dit gaan.”
“Ek wil eerlik wees ek het nog altyd gedink jy is kwaad vir my oor dit wat gebeur het tussen ek en jou Ma, toe besluit ek maar om eenvoudig nie kontak te maak nie, maar ek is jammer rerig ek gaan probeer om dinge anders te doen.”
“Pa is vergewe niemand is perfek nie en mens kry net een Pa so ek sal nooit vir Pa haat oor wat gebeur het nie ek is lief vir Pa met Pa se foute.”Toe ons voor Wilma se deur stil hou is Seun in trane “Ek is lief vir jou my kind”
“Vee nou die trane af Pa sodat pa kan kom please explain vir die Holy Water anty.”
Hy lag somer dadelik toe ek Wilma die Holy water anty noem.
Ons twee is uit ek loop heel voor en Seun kom agter na.Ek wou nog klop maar dit lyk ek was ingewag. Want die deur gaan somer dadelik oop.
“’n regte straat meit!”
“Waaoh wag nou Wilma hou op die kind woorde gee.”
“Naand Mamma”
Ek sien Manie op die bank sit in die sitkamer.
“Dus goed jy is ook hier Seun ons moet almal praat “Sy maak die deur agter ons toe en ek en my Pa is sitkamer toe.
“Wanneer het jy by die huis gekom” vra ek vir Manie wat nie eers vir Seun kan groet of in die oë kan kyk.
“Paar minute gelede”
“En wat het met jou oog gebeur.”
“Roman nadat jy daar weg is het ons baklei.”
“Ja my kind word baklei deur Jasiri se straat meit maniere.” Vibreer Wilma op een van die banke.
“Wilma jy maak asof Jasiri net ‘n stuk ding is, sy is mos jou kind ook begin behandel haar soos jou dogter maggies.”
Antwoord Seun haar terug.
“ Jy is gewoond jy bederf die klimyt dus hoekom jy sien nie haar foute raak nie, ek is moeg van haar ek moet by Dedrei hoor dat sy so wraggies die manetjie wat sy nou sien hierna toe gebring het.”
Ek het geweet daai meit sal nie haar mond kan hou nie ek gaan haar iets aan doen ek belowe.
“As jy in die eerste plek vir haar toegelaat het om die manetjie te bring na jou huistoe sou sy nie vir jou hoef te lieg nie, wat moet sy nog doen om jou te wys dat sy haar eie besluite kan neem Wilma! Jasiri is lankal nie meer ‘n kind nie, ek sou nog verstaan het as Jasiri soos die ander meisies in die gemeenskap was , was op skool swanger geraak het. Sien jy nie dat sy verantwoordelik is nie? Sy studeer sy doen alles wat sy nog altyd wou doen dit aleen moet laat ‘n klokkie in jou kop lui om vir jou te sê Jasiri is verantwoodelik.”
Ek smile diep in my hart Seun is team Jasiri all the way en wat hy sê maak perfek vir my sin.
“SEUN! Trap uit my huis nou dadelik ! jy glads vir haar nuwe boyfriend skuiling aangebied, ek skaam my vir jou! Watter man laat toe dat sy dogter manne huistoe bring wat sy skaars vir paar maande ken, jy vergoed haar in haar kwaad.”“Luister en jy gaan my mooi luister, jy is ‘n mooi een om te praat jy laat Manie doen wat hy wil, hy het die reg om sy meisie in jou huis te bring maar wanneer ek dieselfde guns vir my dogter doen wat nie eers in een bed met die manetjie slaap in my huis dan kan jy vir my sê ek moet my skaam nee jy moet vir jou skaam.”
Manie vlie dadelik op “Hey tjy gaan my nie vokken sê wat is jou problem met my? Huh?”
En ek staan toe op om reg om vir Manie te gryp wat saam my Pa praat soos hy wil.
“Manie wie check jou woorde jy gaan nie met ons Pa praat soos jy wil nie hy het ‘n het ‘n vokken punt beet jy kry alles reg!!!!!!!!!!!! ek moet net sluk en aanvaar. Ek voel net alles wat ek doen is nie goed genoeg nie, ek mag nie foute maak nie ek mag nie date nie maar jy , jy kry alles reg alles!”
“Jy gaan nie met my so praat nie manetjie !” maak seun ook sy stem een kant dik
Wilma het net verdwyn in kamer toe .
En die stry raak hoe warmer in die sitkamer hierdie keer is dit ek en Manie.
“Dit is jy en Ma se probleme nie myne nie ek het nie vir haar gesê om my voor te trek nie, jy weet mos jy het veroorsaak dat Ma jou nie vertrou nie!”
“Met wat van My ??? huh?? Ek luister nadat ek nog net gehoorsaam my hele lewe gewees het gedoen wat sy gevra het.”
“Stadig julle twee om onder mekaar te baklei gaan niks help nie.”
“Neh man hou jou bek Seun.”
En met een sien ek my Pa slaan vir Manie met ‘n vuis dat hy neerslaan, sy lip was maar stukkend soos hy en Roman baklei het en toe gee Pa hom ook nog so een van die bestes.
“kom jou toe.”
En dus maak Wilma weer haar verskyning die keer met haar 2 litre bottle holy water en sy begin net links en regs gooi selfs vir Manie en Seun ook dus woes soos sy bid en gooi ons het skoon vergeet ons het nou gestry.Word vervolg.
YOU ARE READING
Liefde Maak Seer!
Romance'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...