Deel 45

42 2 0
                                    

Liefde Maak Seer 
Season 2 
Deur Jay 
Hoofstuk 8

Ek het vroeg opgestaan steeds geskrik deur wat gisteraand gebeur het. Wilma was besig om breakfast te maak.

“Die vakansie is amper oor en ons het nog nie eers Ma en Dogter tyd saam spandeer nie.”

“Môre Ma, ek besef dit maar ek is mos nie eers Ma se gunsteling nie so dit pla my nie eers dat ons nie tyd saam spandeer nie.”

Ek probeer haar laat sleg voel maar duidelik het sy geen gewete nie.

“Meisiekind as dit nog gaan oor jou outjie wat wil kom kuier voel ek glad nie sleg nie jy weet mos ek tolerate nie sulke goed nie.”

Sy tolerate nie sulke goed nie okaay.

“Maar Ma laat Manie toe om sy meisie voor Ma te flankeer.”

“Aih nee die enigste rede hoekom ek dit tolerate is ek het nie ‘n meisiekind in die huis nie as jy weg is en ek is gewoont ons is twee vrouens in die huis.”

“Nog ‘n skok so Dedrei is nou my plaas vervanger.”

“Is jy dalk jaloers op haar?”

“Nee ek is nie as Ma maar net die history wil weet dan sal Ma nie so maal oor haar wees nie.”

“vertel ek luister.”

Vir die eerste keer vertel ek vir Wilma Bosman hoe ek vir Dedrei leer ken het en die woorde uit haar mond is unbelievable.

“Almal het ‘n verlede, sy is anders as wat jy haar nou beskryf.”

“Anders? Dit is alles net ‘n act.”

“Jasiri daar is plek vir jy en Dedrei in my lewe so hou op jaloers wees en maak vrede Manie is baie lief vir haar en so is ek sy help my met baie goed in die huis.”

“Maar Ma kan nie my outjie ook net ‘n kans gee nie, ek gaan bietjie vir Daddy sê hoe unfair Ma is.”

“Meisiekind ek sal jou outjie eendag ontmoet wanneer dit ‘n erinstige ding is, jy is nog nooit oor Liam nie. Jou Pa is so sleg hy worry nie eers meer oor julle nie, maak jou oë oop hy het nou ‘n nuwe family”

Sy praat die waarheid in’n manier my Pa is nou net gefocus op sy nuwe family infact ek het hom sondag in die kerk gesien en hy het my net gegroet van ver af. Om te dink hy was al een in die huis wat my verstaan het en my part gevat het Wilma was nog altyd team Manie.

“Ek is oor Liam Ma, ek kan nie glo Ma wil my net sien kripeer en in ‘n hoek sit en huil oor Liam, hy het sy keuse gemaak om die aarde te verlaat.”

“Ek en jy weet dit albei my kind kyk net gisteraand wat jy kamig sy gees sien, jy verlang hom en nou droom jy van hom allow jouself om oor sy dood te kom hierdie goed vat tyd en nou is jy alweer in iemand anders se arms nee skaam jou Jasiri.”

Ek het begin swak raak hoe kan sy hoe kan sy?? As sy nie my Ma was nie het ek haar lankal ‘n helse klap gegee. Wie gee haar die reg om vir my te sê hoe ek voel en hoe ek nie voel nie. Maar ek moet maar my composure hou.

“Ma weerheens dit was nie ‘n droom nie ek het Liam gesien , en dit is nie omdat ek hom verlang nie hy het net opgedag out of nowhere. Ek sweer ek maak dit nie op nie, en Ma van alle mense moet weet die lewe gaan aan en ons het gister die gesprek gehad. En oom Hannes lyk nog dood verlief op Ma gee hom ‘n kans.”

Dit was die vinnigste manier hoe ek so ‘n aunty kwaad gemaak het, sy meddle mos in my liefdes lewe hoekom kan ek nie in haar liefdes lewe meddle nie.

“HOU OP MET HANNES!!! Daai donderse krippel ouma moes nooit haar mond gerek het nie kyk wat het sy nou veroorsaak.”

Wilma staan dadelik op en half gooi haar bord in die sink.

Liefde Maak Seer! Where stories live. Discover now