Deel 15

116 5 0
                                    

Liefde Maak Seer
- Jay
Hoofstuk 15

Die middag na skool het ek straight na Tannie Irma toe gegaan sy design my matriekafskeid rok, sy is baie gewild hier in ons dorp sy laat die meisies elke jaar soos princess lyk.

Toe ek ariveer by Tannie Irma sê boetiek sien ek Wilma is alreeds daar.

"Goeie Middag Tannie , hey Ma"

Hulle altwee groet my en Tannie Irma wys my dadelik die finale produk dit was aan 'n beeld 'n rooi rok sy het die slit verwyder en ek moet se dit lyk nogals awesome dit lyk soos die rok wat Cinderella gedra het. Ek kan amper nie 'n woord uit kry nie dus nie wat ek in gedagte gehad het nie maar dus asemrowend.

"Ek hou baie van die rok meisiekind!"

"ek ook Ma"

Ek kan amper nie glo ek en Wilma stem oor iets saam nie.

"Wel, gaan pas aan."

Ek het toe die rok gaan aanpas en dit het perfect aan my gesit. Al wat ek nog kort is juwele en skoene en grimeering.

"My kind jy lyk soos 'n droom jy gaan almal sê voete onder hulle uit slaan."

"Dankie Ma!"

Toe ek kla die rok aangepas het en ek langs my Ma sit op die bank in die boetiek ons het gesit en wag vir Tannie Irma om die rok in 'n boks te gaan sit.

"Ma ek wil graag saam jou praat."

"Ma luister meisiekind!"

"Ek is so jammer vir alles , Ma het my vertrou en ek het vir Ma teleurgestel ek weet jy soek net die beste vir ons maar hoe sal ons leer as Ma heeltyd vir ons probeer beskerm."

Die woorde het so swaar uit my mond gekom, want mens weet nooit hoe Wilma sal reageer nie maar tot my verbasing was sy nogals nie kwaai nie.

"Ek aanvaar jou verskoning my kind. Ek is net lief vir jy en Manie jy sal nie nou verstaan nie maar eendag as jy kinders van jou eie het sal jy sien jy soek net die beste vir hulle. En nou is nie die regte tyd om foute te maak nie Jasiri jy moet nou fokus op wat jy wil word jy kan altyd later in die lewe foute maak en daar uit leer juis te jonk fokus op skool en wat jy na skool gaan doen"

Wilma is diep, maar ek verstaan tog ook haar oogpunt wat sy my probeer sê is fokus op jou toekoms.

"Ma is reg! Dankie ek is baie lief vir Ma!"

"En ek vir jou meisiekind ek sal alles doen om vir jy en Manie gelukkig te sien."

Ek wil nie die egskeiding gesprek opbring nie , ek wag maar laat sy self vir ek en Manie sê. Miskien wil sy ons nie sê omdat sy nog hard baklei vir haar huwelik.

Nadat Wilma klaar betaal het en ons die rok ontvang het gaan drink ons 'n milkshake en praat bietjie oor die lewe en na dit is ons huistoe.

******************

Dit was ses uur en ons het pas ons aand ete klaar geeët en ek het na my kamer gegaan om te sit en leer.

Ek kon nie fokus nie my gedagtes was heeltyd by Liam. Ek moet iets doen voor die dag verby gaan.

Ek tel toe my foon op en stuur hom 'n boodskap.

'hey kan ons nou meet ?'

Dit het gelyk hy het net vir my gewag om hom te text want die boodskap was skaars deur toe kom sy reply.

'okay waar?'

'loop tot hier by my hek dan kan ons 'n draai loop'

'k'

Ek moet nou eers aan 'n plan dink om uit die huis te ontsnap. Ek het my vinnig gemaklike klere aangetrek en iets aan my lippe gesmeer my onderste lip is steeds stukkend.

Ek het aan Manie sê kamer deur geklop en toe hy oop maak smeek ek hom om gou by sy kamer venster uit te dodge. En natuurlik moet hy vir my cover as Wilma weer besluit sy wil unannounced in my kamer opdag.

Ek het uiteindelik by die hek gekom en gestaan en wag en dus toe ek Liam sien aankom damn dus die eerste keer wat ek hom in jeans sien en ek moet se dit maak my bene van vooraf lam.

"ek dog ek moet jou uitlos!"

"wel is dit hoe jy my groet?"

"Hallo Jasiri!"

"Dus beter Liam."

Ek is nou skierlik Jasiri wat het van 'oulik' geword. Die mans mens is rerig kwaad vir my as ek nou skierlik op my naam genoem word.

"Okay wantoe gaan ons?"

"Ek weet nie ons kan maar net 'n draai loop tot by die naaste winkel"

Ons het begin loop na die naaste winkel toe wat twee strate van onse straat was, Liam het nie 'n woord gepraat nie en ek probeer nog dink hoe om verskoning te vra.

Toe ons naby die winkel is en onder 'n lig paal staan begin ek te praat.

"Jy wonder seker hoekom ek jou genooi het, wel ek wil graag ... jy weet..... verskoning vra oor nou die aand ek was nie myself nie ek het iets aklig gehoor en toe haal ek dit op jou uit! Ek is jammer Liam"

Ek kon hom skaars in die oë kyk ek is bang ek gaan lam word.

"Wat was so aklig dat jy so mean met my was , ek het dit rerig nie verdien nie! Hoe dink jy het ek aan die slaap geraak?"

Ek weet nie moet ek hom alles vertel of dit toe smeer met 'n leeun maar dan dink ek aan laas vrydag in die boom huisie hy het my vertrou en oop gemaak oor sy ouers se egskeiding so ek skuld hom ook die waarheid.

"My ouers gaan ook skei!"

Die trane het weer begin loop toe die woorde uit my mond kom.

En Liam het die trane met sy sagte vingers afgevee. Sy hande oor my gesig dit het weer daardie gevoel terug gebring wat ek elke keer kry wanneer hy aan my raak.

"Ek is jammer oulik ! Maar jy moes saam my gepraat het ek weet presies waardeur jy gaan hoe jy voel."

"Ek weet ek moes maar ek was in my feelings at that moment ek het nie straight gedink nie."

"ek aanvaar jou verskoning.... En onthou ek is hier as jy wil praat okay?"

"Dankie! Ek sal dit onthou"

Hy gee my dan weer 'n drukkie maar hierdie keer hou hy my styf teen hom vas. Ek is maal oor Liam en ek moet vir hom dit sê ek het nog nooit so oor iemand gevoel nie. En net toe ek wil vir hom sê dat ek lief vir hom is interrupt iemand ons......

Word vervolg

Liefde Maak Seer! Tempat cerita menjadi hidup. Temukan sekarang