Liefde Maak Seer
Hoofstuk 3
Season 2
Deur JayKarla se Ma het sommer platters gebring aangesien ouma Lienkie al vroeg laat weet het sy is te oud om voor potte te staan.
Maar ek dink vir myself kamig te oud vir kook maar vinnig by drama opsit en moeilikheid veroorsaak.
Liam junior sit op my skoot terwyl karla haar Ma help om die tafel op te dek, ouma lienkie is in haar kamer glo klere gaan change, want haar wit pak kan nie vuil raak nie.
“Kyk hoe mooi lyk julle twee saam” Beduie sy die oomblik toe sy uit haar kamer kom.“Ek is lief vir hierdie klein manetjie.” Maak ek toe somer ‘n stelling want ek sien al klaar waarna hierdie gesprek toe gaan en Karla is net in die ander vertrek.
“Ek kan sien ou jasaritjie, jy sou ‘n ver beter Ma gewees het as sekere mense.”
Ek maak asof ek hoes net om die gesprek te keer voordat dit ‘n klimaks bereik.
“Uhmfff..”
“Is jy oraait kind?”
“My keel ouma “
“Aih gee vir klein liam hier gaan drink water kind”
Op die manier het ek vinnig ‘n awkward conversation ontsnap.
“Is jy oraait vriendin?”
Karla het gesien dat ek kombuis toe is en my agtervolg.
“Ek mos net ‘n hoes fake, die Gogo tsosti is weer onfire.”
“Ek wil nie lag nie, maar hoekom nou Gogo Tsotsi?”
“Jy weet sy is oud en baie dramatic so die naam pas haar perfek.”
“Wat het sy weer gepraat? “
“Nee niks nie.” probeer ek drama vermy.
“Ek weet wanneer jy lieg , sy het weer gesê junior moes jou baby gewees het right?”
Ek weet nie moet ek ja of nee sê maar dit kom voor dat Karla die gesegde elke dag moet hoor.
“Presies , jy ken my al so goed. Ek is so jammer Karlie”
“Dit is niks nie Jess sy doen dit maar so op, ek is nou al gewoont aan die ruimpie dat ‘Jasiri moes Liam junior se Ma gewees het sy is ‘n oulike dame jy is ‘n straat meit’ same old same old, ek sweer dit sal Junior se eerste sin is wanneer hy kan praat want sy vertel dit vir hom ook dan moet jy sien hoe glimlag hy”
Die is baie awkward ek weet nie wat om te sê nie, ‘n gedeelte van my voel ook dat ek die een moes gewees het wat swanger geraak het van Liam dat ek die een gewees het wat sulke oulike blou oog baby gehad het. Maar ongelukkig is dit die teenoorgestelde.
“Miskien as ek saam met haar praat sal sy op hou want jy het tog ook gevoelens, dit moet seer maak om elke dag dit te hoor. “
“Dit maak seer vriendin, maar ek verdien dit ek het my beste vriend seer gemaak.”
Hier gaan ons alweer ek het haar mos vergewe, nie heeltemal nie ek kyk nog elke keer oor my skouer , maar die ding is ek het haar vergewe hoekom sal sy 10 keer hierdie ruimpie herhaal.
“Karla luister en luister nou mooi, wat jy aan my gedoen het is nou in die verlede ek het dit bedoel toe ek sê ek vergewe jou want vertrou my om aanhou in die verlede vas te kyk gaan nie vir een van ek en jy vrede en liefde bring nie, daar was ‘n tyd wat ek myself vir Liam se dood blameer het ek was in ‘n donker gat letterlik, maar soos tyd gaan het ek geleer om myself te vergewe ons almal het bygedra tot die hele gemors, as ek nie mind games met Liam gespeel het nie sou julle twee se aand saam nooit gebeur het nie, en as ek nie so selfsigtig gewees het en hom dadelik gelos het oor wat gebeur het nie sou hy nog vandag hier was. Ek besef nou eers na ‘n jaar dat liam rerig lief vir my was en wat tussen julle twee gebeur het rerig net ‘n groot fout was. Ons sou nie die ideale paartjie gewees het nie met jou en Junior in die prentjie maar as ek terug kyk sou ek en Liam se liefde vir mekaar al hierdie struikel blokke oorkom het want wat ons vir mekaar gehad het was dieper as die sea.”
Trane rol van my oë af , ek wou nie diep raak nie maar dit was net weer van daai oomblike wat ek besef het ek was nog nie volwasse genoeg om ons situasie op die regte manier te hanteer nie.
Karla het dadelik vir my vasgehou.
“Ek is so jammer Jess daar is aande wat ek selfs wens ek kon dinge anders doen, julle was rerig ‘n for keeps couple. Soos jy sê ons kan nie die verlede verander nie. En moet nie jouself in die hart skop omdat jy hom nie kon vergewe in daai oomblik nie. Ek sou ook soos jy reageer het, so verstaan hoekom jy hom moes los, verstaan dat jy te emotioneel was en nie oor dit kon kyk nie. ons het net vandag môre is nie belowe nie.So kom ons gaan in en gaan geniet die lunch en geniet die geskenk wat Liam vir ons gelos het.”
Karla is dood reg en dit is die eerste keer wat ek ‘n volwasse karla ontmoet.
“Nog een laaste vraag vriendin ek wonder nou al lank. En net jy het die antwoord wel seker Dedrei ook.”
Ek vee my trane toe af baie nervous om die vraag te vra maar die onsekerheid maak my dood.
“Okay vra dit kan seker nie goed wees as dingetjie se naam in die sentence is.”“Moet nie snaaks wil wees nie glads dingetjie”
“Kom nou toe vra wat jy wil vra die mense wag vir ons.”
“Hoe was Liam?”
“Hoe mean jy?”
“Sexually… ek mean was dit darem groot genoeg stimulerent?”
Klara vrek soos sy lag vir my wat sulke explicit vraag vra.
“Damn Jess…. Ek kan nie met jou deal nie.”
“Moet nie lag nie gee my ‘n antwoord ek wil tog net weet awwwa.”
“Wel , as jy moet weet hy het nogals ‘n groot tool in sy toolbox gehad”
Karla is rooi soos die woorde uit haar mond kom.
“Arg what ‘n pity dus nou wurm kos vriendin, ek was darem te stadig.”
“Toe nou Jess is jou koors hoog? Wat het jy met my kerk sister vriendin gedoen wat amper nooit explicit goed praat nie?”
“Ek het maar net gewonder dit is mos nie snaaks nie of hoe?”
“Dit is glad nie wuh. Kom ons gaan in.”
Ons twee is toe in om die ander te join.
Word vervolg.
YOU ARE READING
Liefde Maak Seer!
Romance'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...