DEEL 7

166 6 0
                                    

Liefde Maak Seer
- Jay
Hoofstuk 7

Ek was net oppad om die deur toe te maak toe Liam my hand vat , my eerste reaksie is om weg te ruk maar ek doen nie.
Dit voel vreemd om sy hand vas te hou, maar ook tog reg. Ek moet nou net nie te veel daarin lees nie, hy doen dit seker maarnet omdat ek nie weet waarna hy my toe vat nie en omdat dit donker is.
Ons het geloop wat vir my gevoel het soos ‘n uur voordat ons in ‘n plek kom wat vir my bekend lyk maar ook nie. Die geselskap na hierdie vreemde plek was nie te sleg nie maar hy het heelpad die Dedrei gesprek vermy.
Ek verstaan tog dus moeilik vir seuns om oor break ups te praat almal dink in elk geval dis die seun se fout.
“Liam, waar is ons nou?”
“By ons ou huis.”
“Maar ek dog julle het dit verkoop”
“ons het wel my Ma het!”
“Wat soek ons hier? Is dit veilig ! wat van die nuwe eienaar?”
“Hou op vrae vra kom net.”
Ons sleep soos diewe in om by die agter yard uit te kom. Toe ons daar is se hy vir my om op die hout trappe op te klim. Toe ek op kyk besef ek dis ‘n boom huisie.
Aww dit laat ek nogals spesiaal voel. En op daardie oomblik het ek skoon vergeet dat ons iemand anders se grond betree het.
“Ek wil jou die sterre van hier af wys, dit is asemrowend.”
Sy stem aleen maak laat alles wat hy sê soos 'n liefdes lied klink
Ek weet nie wat om te sê nie, ek kry weer daardie gevoel die een wat voel asof daar butterfies in my mag rond dwaal.
“Dis so waar iets wat ek nog nooit van tevore gesien het nie.”
Dis al wat ek kon uit my mond kry. Ek was natuurlik speechless.
En toe begin hy die storie vertel van sy kinder dae en die boom huisie.
“Hierdie boom huisie was vir my gebou toe ek maar net 5 jaar was en ek het elke dag hier kom speel met my superman costume dit was vir my pret. Die plek het so baie herineringe en dis almal net goeie herineringe. En die sterre het ek eers agter gekom toe ek 16 maak want toe begin ek agter kom daar is niks so pragtig as om in die nag hier te le en op in die lug te kyk. Die sterre het saam met my gepraat, ek weet jy dink is maligheid maar dis die waarheid jy sal agter kom.”
“Dis sowaar iets uit ‘n fliek Liam.”
En sowaar die sterre het gelyk of hulle met my kommunikeer, ek kon dit voel toe ek na dit staar.
“Jy is die eerste Meisie wat ek hierna toe bring , ek weet nie hoekom nie maar jy het die afgelope tyd ‘n baie belangrike rol in my lewe gespeel. En met alles wat huidiglik aangaan met my het ek net hierdie atmosfeer nodig, en jou geselskap.”
Die voel so onwerklik ek gee myself ‘n klein knyp op my boud net om seker te maak ek droom nie, yip ek droom nie.

“Dis so oulik van jou Liam, ek waardeur dat jy my hierna toe gebring het, dit beteken alles vir my. Hierdie hele ervaring is amazing dankie. ”
En dis toe Liam begin oop maak hy het my begin vertel van wat tussen hy en Dedrei gebeur het, nie dat ek nie geweet het nie.
Liam sê oë het vol tranne begin skiet soos hy vertel wat gebeur het. Ek het nog nooit iemand so “raw” en "emotional" soos hy gesien usually steek mans mense hulle gevoelens weg nie Liam nie.
Ek kon nie net sit en luister hoe hy sy hart teenoor my uitstort.
Dus gee ek hom 'n drukkie, dit was so onverwags.
Maar sy arms het ook om my dun lyfie gegaan, sy hande om my het net weer gevoelens in my opgewakker wat ek nie geweet het bestaan.
En toe ons uiteindelik mekaar los. Kyk ons diep in mekaar se oë.
Toe gebeur die oomblik wat ek voor gewag het vir 3 jaar.
Sy pink lippies land op myne. Sy lippe is so sag ek kan dit skaars beskryf.
Dis nou wat ek Magic noem! My tone het behoorlik gekrul in my skoene. So ‘n manetjie weet hoe om te soen.
Na daardie soen het ons albei niks gese nie, hy het op sy rug gele en die sterre gekyk terwyl ek op sy bors in sy arms le. Ek het skierlik veilig en gerus gevoel.
Word vervolg

Liefde Maak Seer! Where stories live. Discover now