Deel 76

45 2 0
                                    

Liefde Maak Seer
Season 2
Deur Jay
Hoofstuk 39
Dit was tyd om totsiens vir Wilma te sê hierdie twee dae wat sy by my was het ek net weer besef hoe kosbaar 'n Ma is, mens kry net een Ma. Ek kan nou nie weer wag vir die volgende vakansie om huistoe te gaan om tyd saam met my Ma te spandeer nie.
"Wat sal jy dan nou so hartseer lyk meisiekind Ma is net 'n phone call away."
"Is net ek het weer van voor af besef hoeveel Ma wêrd is, ek gaan Ma verskriklik verlang maar soos Ma se Ma is net 'n phone call away."
Ek gee haar 'n stywe drukkie.
"Toe nou glimlag kind God het jou baie lief, en Ma ook pas jou op en ek sal plan maak om elke dag te probeer bel net om op hoogte van sake te wees."
Sy gee my 'n klein knyp op my wang voordat sy in die uber klim om haar na die bus stop toe te vat.
En ek moet letterlik net die knop in my keel sluk want ek kan nie laat Wilma skuldig voel as ek nou huil omdat sy loop. Ek het daar bly staan tot die uber uitsig was.
"Ja ou Jess jy is weer op jou eie." Praat ek met myself die oomblik toe ek my kamer binne gaan wat skierlik baie leeg voel.
Ek neem my foon om die photos deur te gaan wat ek en Wilma gevat het die twee dae wat sy hier was. 'Telfies' soos sy dit noem dus nie 'Selfies' nie dus Telfies volgens Wilma.
En dus kom ek op photo's van ek en Brian af.
En die herinderinge speel in my kop af van daai photo dit was toe ons , ons 3 maande saam gevier het. Ek was genuinely gelukkig die glimlag op my gesig in die photo vertel die storie.
Hy het my weer hoop gegee vir liefde en geluk maar terselfde tyd het hy weer my vertroue in liefde en geluk laat verdwyn. Die simbool van liefde is rooi maar vir my is dit pik donker, so donker dat ek nie my toekoms sien met liefde.
Al liefde wat nie seer maak nie is my gesin se liefde vir my, dit is een liefde wat ek vir 'n feit weet sal my nooit in die steek laat nie.
En so begin ek die photo's van my foon af te delete.
My fundament van menswees is besig om te verkrummel met elke photo wat ek besig is om te delete, trane rol van my oë banke af.
"Ek haat Liefde"
"Oulik."
Ek kyk dadelik op toe ek die woord hoor.
"Liam..."
"Jy sal liefde weer vind en hierdie keer gaan dit die regte een wees, belowe my net jy sal 'n oop hart het teenoor liefde , soos die dag toe ek my oë op jou gesit het, jy was so onskuldig niks geweet van liefde af nie maar jy het my 'n kans gegee so wees daai mens wat ek leer ken het ek weet sy is iewers daar binne 'n lieflike mens, vol geluk, vol liefde..."
Ek het hom aangekyk met trane wat net nie wil stop nie.
"Maar Liam jy was my sielsgenoot."
"Ek was nie Oulik jou siels genoot is nog erens daar buite, is tyd om vrede te maak met die verlede is tyd om vrede te maak dat mens moet seer kry om te leer jou toekoms is vol geluk."
Dit voel vir my asof hierdie 'n goodbye van sy kant af is, dus asof ek hom nooit meer gaan sien nie.
"Liam hoekom klink die soos 'n goodbye?"
"Want dit is oulik, ek het rus in my siel gevind die oomblik toe ek jou sielsgenoot sien."
"Bedoel jy, jy weet wie dit is?"
Probeer ek tussen soveel trane en pyn vra.
"Ek weet ja , maar ek kan nie sê nie jy sal dit binnekort uitfigure."
"Maar ek wil nie laat gaan van jou nie, jy het my weer hoop kom gee dat jy vir altyd en ewig saam my sal wees moet nie gaan nie asseblief kom kuier nog gereeld asseblief."
"Oulik jy sal nog altyd special wees vir my altyd, en ek sal altyd oor jou kyk maar ek moet gaan rus my siel het vrede gevind, ek is lief vir jou kyk mooi na Junior."
En met dit verdwyn hy.
En ek begin snik huil "Liam !!! Neee Liam kom terug asseblief."
Dit voel weer soos die dag toe hy daar voor in die klas lê en die paramedics hom dood verklaar.
Ek moes my eenvoudig uit huil.
Word vervolg.

Liefde Maak Seer! Where stories live. Discover now