Liefde Maak Seer
- Jay
Hoofstuk 34
Soms het jy nodig om tot stilstand te kom om jou siel te vind. Soms het jy nodig om te huil oor dit wat jy verloor het. En soms moet jy lag oor wat God vir jou wil gee. Soms is die gisters vol hartseer maar die môres vol beloftes.
Ek kon nie my oë toe maak nie, Wilma het maar nou en dan kom inloer om te sien of ek oraait is.
"Ma hy was my alles! "
"Ek verstaan my kind. Maar God het 'n doel met alles. Woorde kan nie beskryf hoe jy nou voel nie meisiekind maar jy is 'n warrior."
Ek het haar vertel van ek en Liam sê verhouding maar ek het nie die Karla storie vertel nie. Sy het verstaan en ek dink dus net omdat Liam nie meer lewe nie as hy gelewe het en sy het uitgevind dan was dit 'n ander storie.
"Dankie , Ma!"
Sy het opgestaan en my aleen gelos sodat ek my kan uit huil.
Ek het sy voicenotes op WhatsApp oor en oor gespeel. Ek dink nie enige een sal verstaan hoe ek voel nie.
Hoekom moes hy dit doen? Hoekom!!
Dit was glad nie die oplossing nie. En dit oor my! Hoe moet ek sy gesin in die oë kyk.... met die wete dat ek die rede is waarom hy nie alles kan doen wat hy nog altyd wil. Life is so unfair!
******
Dit was 'n swaar week vir elkeen van ons op die skoolterein.
Ek het myself begin blameer, as ek hom maar net vergewe het sou alles reg was, sou hy hier gewees het.
Karla was ook onsteld ek wil haar 'n drukkie gee maar hoe kan ek somer net alles vergeet. My hartseer is by die ongebore baba hy/sy moet nou sonder 'n pa groot raak.
Ek sal myself nooit kan vergewe nie.
(By die beeenkoms )
"Goeie môre leerders! Julle almal weet seker nou al wat maandag gebeur het. Ons het vandag die familie van Liam hier net om saam met hule te simpatiseer en paar van sy vriende gaan ook iets sê."
Het die skool hoof aangekondig.Albei Liam se ouers saam met Ouma Lienkie was teenwoordig. My oë was heeltyd op haar die hartseer in haar oë. Terwyl Liam se Ma daar gesit het met geen emosies in haar oë dit was maar nog net weer 'n geleentheid vir haar om geld te kry. Sy Pa het ook verpleterend gelyk.
Roman het begin , hy het vertel oor hoe hy en Liam ontmoet het en hulle sokker jokes , mens kon in sy stem hoor hy is gebreek.
En dus toe hy vra dat ek moet iets kom sê. Dit was onverwags , hoe kan hy so iets aan my doen. Ek is skaars voorbereid en ek is die einste rede waarom die mans mens koud in die yskas lê.
Maar ek het maar dapper opgestap na die poduim.
" Goeie dag aan almal. Weerheens my inegemee gevoel aan die familie, ek weet nie waar om te begin (trane begin rol) maar ... maar ek wil net sê dat ek hom verskriklik gaan verlang daar was nooit 'n donker dag met Liam in die omte altyd vol grappe(lag) ek gaan alles van hom verlang. Ons oggend geselsies, hoe hy my altyd gewag het al gaan ons laat is vir skool want ek het al ewig gedraai(lag).
Was hy nou 'n wyse klong hy het my elke dag iets nuuts geleer.
Was hy perfek? Nee totally not. almal het hulle foute, ek wens net hierdie was anders hy was 'n goeie mens.
Ek sal seker nooit verstaan nie maar hy is nou in 'n veilige plek. Ek is jammer Liam ( trane) ek is rerig jammer! En ek sal altyd jou oulik bly! Altyd!"En netso het ek my toespraak klaar gemaak. Roman het vir my 'n glas water gebring.
Ek het tot by Ouma lienkie en sy ouers gegaan om hulle 'n drukkie te gee.
"Ek is so jammer dus alles my skuld."
"Dus nie jou skuld nie meisiekind. Liam het my alles vertel. En jy was die liefde van sy lewe glo my. Jy sal altyd welkom wees in my huis . En moet jouself nie blameer. Hoor! Sulke goed gebeur my kind."
"Dankie Ouma lienkie!"
Daardie woorde van ouma lienkie het my weer hoop gegee dit het laat ek besef dit was nie my skuld nie.
Dedrei het my ook kom omhels.
" Jammer Jasiri vir al die tye wat ek so mean met jou was. Ek besef nou dat Liam jou rerig lief gehad het. Ek is jammer dat ek julle kort tydtjie saam hel gemaak het."
Sy was in trane dus hoe ek weet haar verskoning was genuine.
"Ek vergewe jou!. "
Ons het mekaar vas gehou vir paar minute.
Wat my hart gebreuk het was toe hulle laat 18 wit duiwe die lug in sweef met die skool koor wat 'amazing grace' sing. En daar het sy photo gestaan. Ek sal nooit weer daai blou oë sien, nooit weer daai sagte lippe soen😔😕
********
Ek het besluit om eeder by die huis te bly as wat ek begrafnis toe gaan.
Wilma en Manie was weg ek het net daar gesit.
Ek wil hom tog nie in 'n kus sien nie, ek wil nie.
"Kom ons gaan Jess!" Hoor ek 'n bekende stem.
"Wat soek jy hier veraaier!"
"Jess dus nie nou die tyd nie. Kom jy gaan spyt wees jy het nie behoorlik gegroet nie."
Ek het maar niks gesê nie Karla was reg ek moet behoorlik gaan groet. Ek het net my sweaters aangetrek met 'n paar tekkies. Ek beplan nie om lank te bly ek wil net sy gesig vir Ou laas sien.
Toe ons daar aankom was mense nogsteeds besig om die lyk te kyk. Ek het stadig maar seker nader gegaan Karla het my hand gehou, ek was steeds kwaad vir haar maar ek het support nodig.
Daar het hy gelê dit het gelyk asof hy net slaap.
Ek het begin snik , trane kan nie die pyn weg vat."Asseblief word wakker." Ek het my hand oor sy kop gestreel.
"Toe jy my hartbreek was jy nogsteeds die beste fout wat ek ooit gemaak het, en as ek kon dinge verander het sou ek! Word wakker ek het jou lief , en ek sal Karla en haar kind aanvaar word net wakker asseblief Liam!(huil snikkend). Jy kan my nie los nie!"
Karla het my getroos. Toe hulle sy lyk toe maak toe hardloop ek soos 'n maal haas uit by ouma lienkie se huis.
Ek wou net weg kom dus net te seer. Hoekom moet die lewe my so slaan , wat het ek aan die lewe gedoen??
Toe ek my weer bevind is ek by die boomhuisie ek en Liam se eerste date...
Herinderinge het begin afspeel en daar het ek gesit en huil. Iemand kan jou seer maak maar wanneer die dood intree maak daardie seer nie meer sak nie. Dit verdwyn spoorloos al wat jy onthou is die goeie tye.
En jy sit met baie berou as hy maar nou net hier was...Blou oë gevaarlike oë , sagte lippe , sagte hande en daai signature woord 'oulik' lewe is gegee en lewe sal weer geneem word.
Liefde is spesiaal, liefde laat jy splinter nuut voel, liefde laat jy groei , liefde laat jou siel blom, maar liefde laat jou siel sterf .
Liefde Maak Seer .... 😑😔
Word vervolg
YOU ARE READING
Liefde Maak Seer!
Romance'N verhaal oor hoe die liefde soms mens kan seer maak ! En somige kere dink jy is die einde ! Jasiri was nog nooit verlief nie.... Maar sy het nog altyd haar oog op Liam gehad. Gaan sy uiteindelik vir Liam se dat sy verlief is op hom? " "hey Liam...