Hoofstuk 55

9 0 0
                                    





Swart Roos
Deur Jay
Hoofstuk 55

Andrea staan en klap hande "Ja Mildred, Aunt dinges kyk waar sit ons nou niemand gaan vir ons kom uitbyl nie Kevin syp jou geld lekker daar buite dink nie eers om vir jou hier te kom uithaal nie, jy moes gesien het hoe hardloop hy toe hy sien ek vir Thabang dood gesteek hy het in jou kar gespring en lelik weg gery..."


"Andrea ek het nie lus vir jou nie iemand gaan my kom uitbyl mag dalk nie Kevin is nie maar hier gaan ek uit kry en vir my 'n prokureur kry ek gaan nie gaan sit ek het mos niemand seer gemaak nie ek is die een wat in die been geskiet is..."

Die polisiebeampte kom na die sel toe "Magretta kom jou seun lewe" Gaan die Polisiebeampte voort.

"Maar hoe is dit moonlik ek het dan self sy pols gevoel en gesien hoe hulle hom in die swart sak toe maak" Gaan Magretta voort.

"Fok Auntie gaan net hoe wens ek hulle gesê Thabang lewe nog maar jy is darem een dom moordenaar Auntie Magretta jy moes seker gemaak het van jou saak Thabang het nog gelewe toe maak ek seker ek maak hom vrek Katinka aan die ander hand net een steek op die ding se droë vel pram toe kan ek sien sy gaan hemel toe" Lag Andrea al te lekker.

"Kom Mevrou ons het nie heeldag tyd nie of wil jy hier bly???" Vra die polisiebeampte vir Magretta.

Sy half hardloop na die sel deur toe maar sy is nog effens deurmekaar oor hoe Dario oorleef het.

"Daar gaan my maatjie aih" Sig Mildred.

"Jy het mos nou vir my jou sister se kind jou niece , jou nat stuk die persoon wat jou help met jou evil geite...." Gaan Andrea voort.

Mildred is glad nie beindruk nie sy kyk vir Andrea baie vuil. "Ons ken nie mekaar hier in die tronk nie ons is nie familie nie"

"O smaak Aunt dinges nou so?? Moet nie worry nie ek wil ook nie saam met 'n volstruis sonder hare gesien word nie die vrouens in die tronk gaan nie twee keer na my kyk as ek saam jou uithang nie met jou hare wat lyk die bees het dit gelek... Nee Dankie Mildred Ben 10 pryk Plaatjies ek ken jou ook nie van vandag af nie" Maak Andrea haarself duidelik.

"Atleast het my eie oom my nie geklim nie" Gaan Mildred onderlangs voort.

"Wat sê jy nou daar praat harder laat ek jou hoor tamatie bek"

"Jy my gehoor..." Gaan Mildred voort.

"Okay ... okay ek sien jou jy het 'n vuil trap ek sien jou.... Ek sien jou!" Andrea begin warm raak sy skop vir Mildred al op haar skiet wond.

"Eina! Eina !" Skreeun Arme Mildred van die pyn.


*****
Jasiri is die volgende oggend vroeg by die hospitaal.

"Manie het darem die toets gedoen ons kry die uitslae vandag hoe voel jy?" Vra Jasiri vir Daisy.

"Ek voel oraait fisies net binne wat ek baie konflik met myself het en weerheens dankie dat jy so alles vir my doen ek weet nie wat ek sonder jou sou doen nie die Hendrikse het darem een ding reg gedoen..." Gaan Daisy voort.

"Hulle het en daarvoor sal ek verewig dankbaar aan hulle wees....  Nog 'n ding Wilma is so opgewonder sy wil glads vir jou 'n welcome home party reël sy is vasberade dat jy Manie se kind is... Al kan sy nie oor die idea kom dat hy Mildred van aller mense swanger gemaak het nie is sy nogals in haar skik om nog 'n klein kind by te kry"

"Sy is tog so oulik... Sê ek vir haar Wilma of ouma? Dus nou as Manie my pa is" Dit kom voor asof Daisy einlik van die idea hou om 'n Bosman te wees.

"Liewer Babbie sy het een van my dogters amper dood geslaan toe hulle vir haar Ouma noem so noem haar liewer Babbie sy hou van om jong voor te kom oud bestaan nie in haar boeke nie, jy gaan somer inpas by ons daar is 'n paar maal familie lede soos Wilma se skoonma Ouma Lienkie sy vat nie one daardie een..." Lag Jasiri lag te lekker

Daisy smile "Nou ja waarvoor wag ons gaan kry die DNA toets sodat ons kan bevestig nog 'n guns ek wil jou foon leen ek het nog dae laas saam met Dario gepraat"

"Dario is glo dood... Magretta my gisteraand van die tronk af gebel om te hoor of ek haar sal kan verdedig.."


Daisy se oë skiet vol trane "Wat?? Hoe?" Vra sy deurmekaar.

"Dit was 'n ongeluk Magretta hom oor die kop geslaan met die pan ek sal vandag as ek na haar toe gaan vir haar vra wat presies gebeur het ek wil haar nie juis verdedig nie omdat sy my gedreig het maar ek het 'n hart en ek ken vir sy en Oom Dennis nou al jare.... Ek weet hoe dit voel om die liefde van jou lewe op 'n jong ouderdom te verloor so as jy wil praat ek is hier... Jy gaan deur baie op een tyd  vir sulke jong mensie en dan is daar nog matriek ook ek dink jy moet maar oorweeg om die res van die jaar by die huis te bly" Gaan Jasiri voort.

"Hoekom moet alles op een tyd gebeur? Hoekom? Help my verstaan Jasiri dit is asof ... wel ek weet nie  dit is seer Dario was my eerste liefde my eerste soen ..." Daisy probeer sin maak van alles.

Jasiri gee haar 'n drukkie "Vat een tree op 'n dag asseblief moet nie hard op jouself wees nie jy sal hier deur kom ek is hier met elke tree onthou dit"

"Dankie, maar kan ek net vir paar minute aleen wees"

"Ek gaan kry solank die DNA toets results moet ek vir jou iets saam bring?"

"Nee dankie" Gaan Daisy hartseer voort.

Jasiri loop ook maar met 'n seer hart uit die kamer sy kry Daisy diep jammer.


Word vervolg

Comment, like, share...

Swart RoosDonde viven las historias. Descúbrelo ahora