Hoofstuk 1
Die rëen was besig om te val en 'n hoop mense het om 'n oop graaf gestaan met swart sambriele. Die predikant het die draers aangekondig wat die swart kus uit die swart lykswa moet dra na die graaf.
"Maggie Plaatjies , Andrea Plaatjies , Daisy Plaatjies , Edwin Plaatjies, Mildred Hoffman, Gredwon Roelfse"
Die ses het na die kus gestap in die rëen wat besig was om hul swart klere sop nat te maak.
Elkeen probeer sterk voorkom maar die seer kan mens in elkeen van hulle se oë sien.
Toe hulle die kus op die oop graaf sit en die predikant sy laaste paar woorde sê voor die kus gaan saak. Begin die mense te huil veral die kinders van die oorledene.
Toe die kus klaar gesak het vra die predikant vir die familie om blomme in die graaf te kom gooi. Dus amper soos 'n sien vir ou laas.
Maggie stap nader omdat sy die oudste dogter is van die oorledene sy sak voor die graf met die volgende woorde "Mamma rus in vrede." Sy vee haar trane af en gaan na die swart tent om haar sit plek weer in te neem volgende was die tweede oudste dogter Andrea sy het 'n baie kort rokkie aan en huil nie juis baie nie en haar laaste woorde was "Uiteindelik is die ding dood." Maar niemand kon hoor nie want die koor sing al te lekker koortjies, en dus maak sy ook weer haar way terug na die swart tent om haar sit plek in te neem. Derde kom die enigste seun van die oorledene sy naam is Edwin hy neem die blommetjies en gooi dit in die graaf met die volgende woorde "Dankie Here nou kan ons kry wat aan ons behoort." Steeds kon niemand niks hoor nie die koor was so hard. En laaste kom die baby van die oorledene 'n baie mooi skraal bruin oog meisie met lang bruin hare en haar laaste woorde was "Ek gaan Mamma mis veral wanneer my matriekafskeid nader Mamma was my beste vriend die huis gaan stil sonder mamma wees maar ek gun mamma die rus." Trane stroom behoorlik van haar gesig af en met dit gee sy 'n laaste kyk af in die gat om die swart kus vir ou laas te sien wat besig is om nat te word.Die undertakers was besig om die gat stadig maar seker met grond te vul. Die mense het nie nog langer in die rëen gestaan en wag vir die gat om behoorlik toe gegooi te word nie baie het somer in hul motors gespring en na die huis gejag vir ete. Selfs die oorledene se kinders al kind wat oor gebly het was Daisy sy het daar gestaan totdat die gat toegegooi was en daar het sy aleen die kranse gestaan en lees vir 'n minimum van vier mense.
Word vervolg.
