Hoofstuk 6

20 1 0
                                    

Hoofstuk 6

Nadat die kerk uit is sit Daisy op haar foon en text heen en weer vir Dario hy kon nie by die begrafnis wees nie hy het een of ander flou verskoning en nou is Daisy kwaad vir hom want sy het hom nodig gehad by die begrafnis sy voel asof hy haar verstoot in die tyd wat sy hom die nodigste het.
Dit het haar nie juis gister gepla nie al wat sy op gefocus was, was haar Ma se begrafnis.
Die rit huis toe was maar doodstil in die motor niemand het 'n woord gepraat Mildred half slaap in die motor omdat die diens te lank was.

En Daisy se vingertjies is pienk getik. En Anne sit en kyk uit by die venster en rook.
Toe die motor uiteindelik stil hou vra Gredwon vir sy sister of daar genoeg kos gekook is sodat hy en sy vrou ook kan kry.
Hulle kinders is groot genoeg die een is getroud en die ander een is op varsity.
Mildred aan die anderkant het geen kinders nie maar dus seker maar verstaanbaar sy was nog altyd about the 'nice life'.
"Ek hoop Maggie het gekook, maar soos ek daai vet kind van jou sister ken het sy gekook en genoeg so jy en Anne is welkom." Antwoord Mildred vir Gredwon.

Almal klim uit die motor Daisy se oë is steeds gespits op haar foon.

En soos hulle die yard in gaan word hulle verwelkom met harde musiek, terwyl Andrea en Katinka lekker dans met bier in hulle hande en Katinka het haar kind in haar heup.

"Die onheiligheid!" verskreeu Mildred dadelik die klomp.

En Andrea is nie lui met woorde nie sy begin sommer alweer "Onheiligheid is jy (wys sy haar wys vinger na Mildred) jy , jy wat my Ma tien duisend rand skuld en kwaai vrinne speel ek weet nie eers hoekom jy begrafnis toe gekom het nie, ooooh ek sien jy het die tien duisend rand kom begrawe."

"Asseblief Andrea gedra jou moet nie so saam Aunty Mil praat." Probeer Daisy mooi met haar sister praat.

"Daisy the Melker!! Hoe was die kerk my sister jy darem iets geleer oor jou high and might houdings?" verander Andrea somer die gesprek.

Mildred is bloedrooi van kwaadheid daar wat sy staan maar dan stap sy in om die musiek af te gaan sit en om te kyk wat het Maggie gekook.
Anne en Gredwon het net daar gestaan sonder 'n woord nie juis verbaas oor Andrea se maniere nie, almal ken haar as die omkraper.

"Andrea hou nou net op geniet jou bier in stilte asseblief."

"Okay Daisy!!! Jy is mos die baas ! Hozaaa!"
En met dit gaan sit Andrea op Thabang se skoot.

Edwin staan op om saam met Gredwon te praat oor besigheid want hy is vas beslote dat Ellen vir hom al die besighede gelos het since hy die man is wat die plaatjies van vir ewig sal dra so hy soek paar tips by Gredwon oor hoe om die besighede te run.

"Ek gaan help liewer in die kombuis." Maak Daisy duidelik.

"Jy beter Ma is nie weer hier wat jou bederf nie." maak Katinka 'n opmerking.

"Skierlik het almal iets om te sê maar toe my Ma lewe was hulle doodstil net daar agter in die yard." Maak Daisy 'n sarkastiese opmerking teenoor Katinka.

"Het Prinses Diana nou saam my gepraat ek is nie 'n een om mee te mors nie ." staan Katinka dadelik nader.

Maar dus vlieg Andrea op "Oh stop net daar jy gaan mooi niks doe naan my baby sister nie hoor jy vir my jou skokiaan lieste."

En dus gryp die meide mekaar weer en Daisy loop stadig maar seker in die huis.

Gredwon en Edwin moes maar daar keer.
Maggie en Mildred is besig om op te skep. Maar met elke op skep gooi Maggie vleis in haar mond.

Anne sit alweer in die sit kamer sit en rook haar voos.

Dus lui Daisy se foon sy is dadelik kamer toe om te antwoord dus Dario.

"Hey babe."

"Moenie nog heey Babe nie , jy het my Ma se begrafnis gemiss en nou heey babe jy my"

"Ek bel dan nou reeds daaor babe ek wou oor die phone verskooning vra ek weet my texts is nie genoeg nie, maar ek wil hê jy moet hoor hoe jammer ek regtig is."
"Dario ek wil verstaan maar jou verskoning maak net nie sin nie, jou ouers was hier ek is lief vir jou maar hierdie is nie die eerste keer wat jy my in die steek gelaat het nie."

"Maar Babe dit is my foon se skuld hierdie keer dit moes my wakker gemaak het."

"Dario , hou op lieg en praat die waarheid jy was saam die ouens vrydag gewees en toe het jy dronk geraak en dus die rede waarom jy nie kon opdag nie babelaas want ek ken jou Ma sy het jou tien ten een wakker gemaak so los net die small talk asseblief admit net jy was uit saam met bo Andre goed en ons sal oraait wees."

Dario sig effens voordat hy kan terug antwoord.

"Okay ek was saam met hulle gewees. Ek is so jammer my Daisy blom."

"Ek weet nie hoe ek jou hierdie keer sal kan vergewe nie ek weet nie Dario dit was vir my die seerte dag in my hele lewe en ek het letterlik jou hand nodig gehad om vas te hou punt is jy was nie hier nie en dit breek my." Begin Daisy te huil.
"Daisy ek is van velede week af saam met jou toe jy uitvind oor jou Ma se dood ek was elke dag van die week met jou vir jou skool werk gebring ek het vrydag maar net 'n break nodig gehad , ek was selfs in pyn om my meisie so te sien dink jy dit is lekker vir my? Dink jy dit is? en ek haat myself omdat ek jou Ma se begrafnis gemis het maar al wat ek vra is wees redelik."

Die trane rol nogsteeds van Daisy se oë af "Dario ek weet nie wat om te sê ek is regtig kwaad en seer gemaak maar wat ek besef het is dat die lewe te kort is so ek dink ek en jy moet maar eers 'n break van mekaar af vat ek is nie myself nie en ek wil nie daai tipe vibe na ons verhouding toe bring nie ek wil nie."

Daar is 'n stilte vir 'n oomblik voordat Dario kan reply

" 'N break? Na alles? (Hy begin huil) ek's fokn lief vir jou.. so fokn lief vir jou!(Begin hy te skreeu) Ek weet ek sê dit te min maar ek sê dit nou. Al die kak wat ons al deur is . fokn lief vir jou!"

Daisy hoor dadelik die seer in sy stem en verander dadelik van plan.

"Okay kom ons los die break want ek is net so lief vir jou ek het jou nou meer as ooit nodig want my Aunty Mill val dinsdag weer in die pad dan het ek niemand om mee te praat nie niemand."

"Dankie Babe ek sal opmaak ek belowe kom jy môre skool toe?"

"Ja ek moet het nie juis 'n keuse nie ek is seker Janelle het my verlang."

Janelle is een van Daisy se beste vriende sy kon nie die begrafnis bywoon nie want sy hou nie van begrafnisse nie en dus was dit nie juis 'n probleem vir Daisy nie.

"En ek ook my skat ek is so gewoont ek kom steel jou pouses om sokker saam my te gaan speel."

"Dus sweet van jou ek het net so skool verlang."

"Ons sien dan mekaar môre, moet my Pa jou kom oplaai?"

"Asseblief as dit nie moeite is nie ek vertrou nie my broer agter 'n wiel nie."

"Okay dan dus settled lief jou babe."

"En ek vir jou."

Daisy gooi haar foon op die bed en sy is in kombuis toe om te gaan is Mildred en Maggie al klaar.

Swart RoosDonde viven las historias. Descúbrelo ahora