Hoofstuk 58

10 0 0
                                    






Swart Roos

Deur Jay

Hoofstuk 58

Kola en Magretta arriveer by Magretta se woning.

"Ek is net bly my seun is lewendig dink jy hy kan onthou dat ek hom seer gemaak het?" Vra Magretta voordat sy uitklim.

"Nee jinne my sister daai is jy en Dario se sake maak net laat jy vir Dennis hy die huis kry dit is al kan hy bang is vir sy eie seun" Beduie Kola.

"Is deur hom wat ons so drama het as sy suiker vingers nie gejik het na die gambling masjiene toe dn was ons gesin drama vry"

"Gambling? Wat vertel jy my nou?? geen wonder jy raak so maer my sister en dan het Dennis nog 'n amp in die kerk kry hy nie skaam?" Gaan Kola verbaas voort.

"Kyk hier moet tog niks vir die mense vertel asseblief ek wil so graag saam jou gesels oor die maar ek het 'n stort nodig vertel vir Dennis dat hy moet huistoe kom" Magretta klim uit.

Kola skreeu agterna "Hy het nie 'n keuse netnou dowel hy my meubels ook uit haha die bybel praat hoeka van die vals profete".

"Vee voor jou deur eers my sister ten minste het my man dowel probleme en hy hou dit undercover wat van jou seun? Wat ou meide in die openbaar vry vir geld??" Skreeu Magretta terug.

Kola is bloed rooi sy trek dadelik weg is net die kar tyres wat antwoord gee.

Magretta klop dan en Dario maak oop hy dink nie nog twee keer nie hy gooi homself in sy Ma se arms en hy begin huil.

En Magretta troos hom.

*****

Jasiri loop in by haar huis en Wilma en Manie spring baie opgewonder agter die banke uit
"Surprise! Surprise!" Skreeu hulle albei met balloons in hulle hande

"Dit is net ek" gaan Jasiri moedeloos voort.

"Waar is Daisy?" Vra Manie.

"Ja waar is my nuwe klein kind??" Wil Wilma ook weet.

"Wel sy wil niks met die Bosman gesin te doen hê nie"

"Wat bedoel jy sis??" Gaan manie voort.

Wilma kyk vir Jasiri want sy soek ook antwoorde.

"Sy het in soveel woorde vir my gesê sy wil nie deel van ons wees nie... sy voel dat jy boeta jy het geweet dat sy bestaan maar jy het nooit die moeite gedoen nie en nou wil jy Pa van die jaar speel "

"Is daai kind dan laf??? Is sy nie bly sy het nou 'n ordenlike familie gekry nie??? Is sy nie bly ons verlos haar van daai swaar lelike morsige Plaatjies van nie??? Is sy nie bly ons verlos haar van daai leeunaars en kinderverkagters en moordenaars???" Gaan Wilma al te kwaai voort.

"Ma! Ma! Bly tog net stil" maak Manie vir Wilma stil.

"Ek verstaan op 'n manier ek dink sy het net tyd nodig..." Gaan Jasiri voort.

"Sy moet verstaan Mildred het vir my gelieg dat sy die kind verloor het as ek geweet het sy lewe dan het ek haal lankal op gespoor julle ken my tog sis , Ma! Ek is nie die tipe mens wat nie sal worry ek hey eerlik waar eers paar dae agter gekom dat sy dalk myne kan wees die manier hoe sy lyk " gaan Manie al te hartseer voort.

"Ek is nie eers verbaas nie daai ding met haar gelekte Mango pit hare is boos aardig ek glo jou my kind Ek glo jou" Gaan Wilma voort.

"Ons moet dit vir Daisy vertel miskien as ons met die balloons en snacks opdag by die hospitaal gaan dit haar op cheer"  maak Jasiri 'n voorstel.

"My kind jy is dood reg ... Hannes !! Hannes ooo jirri boetie ver blês slaap weer Ek weet nie hoekom is hy so moeg want ek is voor die een Here nie swanger nie" Verskreeu Wilma vir Hannes wakker.

Manie en Jasiri kan nie hul lag hou nie.

" jirre vrou kan ek nie net bietjie slaap" gaan Hannes voort soos hy opstaan.

"Niks van daai nie kom jy moet ons hospitaal toe ry my kind is moeg bestuur sy moet agter sit saam met haar kinders wat sy so min aandag gee... Jasiri en Manie kry elkeen van julle 'n kind ek gaan haal my Holy water in case daai blometjie moeilik is julle weet mos my water maak reg wat daar fout is" beduie Wilma soos sy in kamer toe verdwyn.

Jasiri en Manie en Hannes voer ook maar hastig hul take uit wat hulle gekry het.

Daisy lê en huil al te hartseer op die hospitaal bed

"Ek is sowaar 'n weeskind..." gaan sy voort met trane wat rol.

Word vervolg

Comment , like , share

Swart RoosUnde poveștirile trăiesc. Descoperă acum