Hoofstuk 16

11 0 0
                                    

Swart Roos
Deur Jay
Hoofstuk 16

Daisy het skierlik haar oë oop gemaak Mildred het so groot geskrik.
"Is die nurse wat so geraas maak kind hoe voel jy?" Mildred vat Daisy se hand.

"Ek voel oraait is net ek klink nou baie snaaks" Gaan Daisy voort.

"Al wat belangrik is , is dat jy oraait is dis al ek weet nie werk jou Ma se medisie fonds nog nie want hoe op aarde gaan ons die rekening betaal" Mildred lyk kamig bekommerd.

"Ons sal uitvind moet nie nou al daaroor stress nie... Bel liewer vir my die polisie" Gaan Daisy voort.

"Hoekom die polisie?? Hoekom die polisie" Mildred los dadelik Daisy se hand en staan op en kyk haar erinstig aan.

"Ek gaan 'n saak maak teen Edwin"

"Wat is jy bevok? dit gaan net nog meer skande in die familie bring die gemeenskap mense kyk ons al klaar aan oor wat volgende gaan gebeur verbeel jou die polisie van gaan hou voor my sister se huis stil en laai haar enigste seun???" Mildred half skreeu.

"Op die stadium gee ek nie om nie, ek was nice met hom hy het my seer gemaak wie weet wat hy volgende aan my kan doen ek is jammer Aunt Mill maar hy gee my geen keuse nie." Daisy sukkel om te praat want sy haal asem deur haar mond.

"Moet nie so harteloos wees nie hy het kinders wie gaan vir hulle kyk as hy moet gaan tronk?"

"So nou is ek harteloos ek dink nog aan sy kinders want ek wil albei hy en Katinka laat vang het maar ek sien haar nog oor ter wille van die kinders, sien Aunt Mildred nie wat is besig om te gebeur nie?? As ek nie nou vir hulle wys waarna toe ek instaat is nie gaan die aanhou gebeur tot ek vermoor word."

Daisy het klaar haar mind opgemaak, alhoewel Mildred nie saam stem nie.

Mildred haal dan Daisy se foon uit haar bedkasie en sit dit in haar handsak.
"Niemand gaan die polisie bel nie as jy dink jy wil 'n saak teen Edwin maak gaan ek laat hy 'n saak teen Dario maak , want Dario het hom in ons huis aangerand en daar is getuies glo my vir Maggie koop ek om met vetkoeke vir Andrea met 'n paar rand vir Blacklabel en my boeta vat altyd my kant ..."


Daisy sig en trane verlaat haar oë "Wat het ek verkeerd gedoen? Hoekom behandel julle vir my asof ek nie deel van julle is nie? hoekom? Aunt Mill ek vertrou jou met my hele hart ek was al een wat vir jou opgestaan het as Maggie en Andrea hulle sleg van jou praat..."

"Jy sal nie nou verstaan maar eendag sal jy verstaan" En dus loop Mildred vinnig uit by die kamer.

"My Ma is skaars 'n week onder die grond en my lewe is hel, hoekom was ek nie saam met haar in daai kar ongeluk nie??Hoekom God?? Hoekom?? Niemand het my lief soos my Ma my lief gehad het nie , niemand ondersteun my soos sy my ondersteun het nie, ek wonder hoekom sy nie alles vir die anders gegee nie... Miskien moet ek maar die prokureur kontak en alles oorplaas na Andrea , Edwin  en Maggie miskien dan gaan hulle lief is vir my soos ek lief is vir hulle."  Daisy lê en praat met haarself.


Mildred en Sara kom by die huis aan almal om hulle is dronk glads Gredwon ook.

"Wat gaan hier aan is nou eers dinsdag!" Gil Mildred.

"Nee ou sis Andrea en Thabang het krate biere gaan haal by die bottle stoor so wie is ons, ons syp saam" Gaan Gredwon voort.

"Mamma ek is honger!" Huil Katinka en Edwin se een seun teen Katinka se been.

"Het ek nie vir jou gesê jy moet loop vokken lê!!!" Vervloek Katinka die arme kind.

Mildred vat die kind aan die hand "Julle moet op hou kinders maak as julle weet julle hou nie van vir hulle sorg shame kom Aunt Milla gaan gee vir jou 'n vetkoek"

"Jy Mildred jy hou jou verniet Jesus jy ons sien almal reg deur jou" Gaan Katinka voort.

"Wel jy kan deur my sien maar jy sal niks aan my kan doen" Gaan Mildred voort.

Katinka kyk haar vuil.

Mildred is in kombuis toe om vir die kind die vetkoek te gee.

"Die hele besigheid stress my uit ek gaan nou saam syp"

Dus is Mildred in sitkamer toe met 'n glas
"Ek soek ook julle , na vandag se dinge, ek nie geweet Daisy is so nie"

"Thabie baby gooi daar vir Aunt Dinges... Nee jy mos gedink ons lieg as ons sê daai ding hou haar beter as ons" Gaan Andrea voort lekker in 'n vibe

Thabang gooi ook vir Mildred die glas.

"So Auntie Dinges ek weet jy het 'n plan laat weet vir on sook dan help ons want Daisy is 'n gemors" Gaan Edwin voort.

"Ja, Ja kom Mildred" Gaan Maggie voort.

"Julle moet solank net terug sit ek gaan haar solank speel , doen solank alles wat sy vra as ek strike dan gaan alles vir julle back to normaal vertrou my net hierdie een keer. Andrea jy moet rerig rehab toe gaan doen soos Ellen gevra het en Maggie gaan asseblief terug college toe. Edwin ek gaan haar nog convince dat jy moet in die yard bly ek het Ellen aan die prokureur voorgestel en ek ken paar donker geheime van die prokureur ek moet net my feite agter mekaar kry end an kan ek 'n deal met hom strike wat ons almal gaan benefit julle moet net belowe julle is aan my kant."


Andrea kry al te lekker "Ons duidelik vir Aunt Mill onderskat gooi nog vir daai ou girl laat hy val waar hy wil"

"Jiso Mildred is rerig slim dankie Aunt mill ek kan nie wag om die uitdrukking op De Melker se gesig te sien nie vokken Diana tief!" Gaan Maggie voort.

Gredwon smile netso breed "Solank ons almal iets uit hierdie deal kry is en en Sara Game"

"Ek en Katinka is ook Game... Daisy se dae is getel.."
Gaan Edwin voort
Die klomp cheers glads in die sitkamer.

Word vervolg

Comment , like, share, share

Swart RoosWhere stories live. Discover now