Hoofstuk 5
"Asseblief Andrea ek het nie snaaks bedoel nie asseblief moet my nie seer maak."
Staan en plei Daisy.En dus het Mildred gehoor en sy is dadelik uit
"Jou meit wie dink jy is jy? Dink jy ons gaan ons Ma se huis verlaat? Huh? Of dink jy , jy gaan dit erf? Jy maak jou laat Prinses Diana! Ek en Ma het oor die huis gepraat en dus 'n familie huis 'n boedel huis so niemand gaan nêrens ek wil jou 'n les leer!" en dus lug Andrea die stuk bottle kop in haar hand op reg om Daisy te steek.
Maggie staan daar sonder om 'n woord te sê of om vir Andrea te keer.
Dus spring Mildred dadelik in "Steek daai kind en jy slaap vanaand in die tronk."
Dus gooi Andrea dadelik die bottle kop eenkant en bespring sommer vir Mildred.
"Jy lankal my Ma se geld gevreet jou ou teef , vandag gaan ek jou wys ek is nie my Ma wat jou somer net so gelos het nie by my gaan jy kak."
Andrea sit neet op Mildred se rug terwyl sy Mildred al in die gesig met haar naels krap.
"Andrea hou op! hou op!" gaan Daisy nader om Andrea af van Mildred af te kry maar sy kom nie reg nie.
En dus kom Gredwon (Mildred en oorlede Ellen se enigste broer).Vader aleen weet waar het hy die heeltyd rond gedwaal maar hy ruk vir Andrea soos niks van sy sister se rug af en dus het hy haar aan haar nek net om haar so bietjie te wurg.
Sy skrik haar boeglam laat die pis behoorlik van haar swart rok af loop.
Almal is doodstil Daisy staan en hou haar kop."Ek verlang somer nou my Ma." Praat sy in stilte sodat niemand haar kan hoor nie.
Mildred staan en hou haar gesig daar is 'n bietjie krap merke en soos haar broer vir Andrea los wil sy sommer weer vir Andrea gryp maar Gredwon keer dadelik.
"Is tyd dat julle moet groot raak! Maggies ! my sister het sulke stryd met jou gehad Andrea ek gaan dit nie duld nie. Mildred kry jou ook inraad jy is die kinders se aunty maar jy is ook in die mix van hierdie goed."
Almal is doodstil.
Andrea is geskrik.
"As julle nou so aangaan wil ek nie hier wees as die testament gelees word nie want dan is dit seker oorlog." Gaan Gredwon voort.
Andrea is die huis binne om haar lieste wat sy natgepis het te gaan was terwyl almal aangaan lyk niks het sopas gebeur nie.**********
Die sondag oggend (Volgende oggend)Daisy lê en huil weer met haar Ma se photo teen haar bors.
"Ek wens ek was saam met jou in die kar dan het ons altwee dood gegaan, Ma los my met al hierdie mense wat nie rerig vir my omgee nie." lê en praat sy met die photo wat sy in haar hand hou en trane loop behoorlik van haar wange af die kussing is sop nat.
Sy het so met die photo in haar hand aan die slaap geraak die vorige aand.
En dus is daar 'n klop aan haar kamer deur sy vee vinnig die trane af.
"Ek kom nou."Toe sy die deur oop maak staan Mildred daar met 'n deftige kerk pak.
"En as jy nog nie reg is nie kind?"
Daisy is verward niemand het haar vertel van kerk toe gaan nie.
"Môre Aunty Mil hoe laat begin die kerk?"
"Jy het nog genoeg tyd om reg te maak dit begin eers 11 uur, en dus nou maar eers half 9." Antwoord Mildred vir Daisy terug.
"Okay dan Aunty gee my net paar minute en ek is klaar."
