Swart Roos
Deur Jay
Hoofstuk 73
"Leon Schuster speel seker saam met my, kom asseblief uit kamera man" Gaan Aunt Tietie voort soos sy rond kyk.
Andrea staan verbaas en kyk "Nogals 'n joke hier is ek in lewendige lywe Aunt Tietie, hardloop die strate af en gaan verkondig dat Andrea Chelan Chula Cheka Ferari Kovaki Plaatjies opgestaan het soos laserus" Gaan Andrea al te kwaai voort.
"Jy is sowaar uit die tronk hoe het jy dit reg gekry?? Jy was 'n voorvlugte paar dae gelede en jy het moord gepleeg en nog mense in verkleur manetjies verander, hoe op aarde kry jy dit reg om uit die tronk te kom???" Aunt Tietie praat baie vinnig van geskrik is.
"So jy soek die hele juicy details om oor te gaan vertel?? Kom ek gee dit vir jou ... Ek het saam een van die polisiemanne geslaap en dus hoekom ek uit is..."
"Aih nee rerig?? Rerig?? Maar ek is nie verbaas jy is mos maar so los van kleins af en die polisies van hierdie dorp is mos maar maar jags" Aunt Tietie klap glads haar tong.
"Arg laat ek my gesin gaan groet voor hulle by jou hoor ek is uit want jy is baie gevaarlik Tietels ek sal nog skaars die hek in gaan dan het jy al klaar die plaatjiese die nuus gegee" Gaan Andrea voort soos sy na die hek stap.
"Ek moet gaan Sanna moet die hoor, 'n regte harde krimeneel tussen ons , ons kinders is nie meer veilig nie oooo " Gaan Aunt Tietie voort.
Maggie was nog die skottelgoed toe sy deur die venster sien wie by die hek in kom skrik sy haar boeglam dat sy aan die zink moet klou.
"Daisy!! Daisy!! Daisy!!" Skreeu Maggie benoud.
Daisy hardloop ook maar baie vinnig in die kombuis in "Wat is dit Maggie"
"Andrea is uit!" Gaan Maggie swak voort.
"Het ek my naam gehoor? My sisters onder een dak how nice ! Terwyl ek soos 'n verlore skaap toe gesluit is niemand kom kuier eens nie waar is daai bles hoender?? Man gevreet bitch mildred??????" Gaan Andrea in een asem voort.
"Hoe het jy uit gekom?" Vra Maggie.
"Nee wag Maggie het ek gehoor Mildred?? Is sy ook uit?" Vra Daisy met groot oë.
"Arg nee julle verwelkom nie eers julle middle sister met liefde ek julle ook mos verlang... Die feit bly staan ek is uit!! Maak nie saak hoe nie maar ek is uit!! So Diana jy wil vir my sê jy weet nie poes haartjies is uit nie?? Oooo julle beter security kry Mildred Ben 10 wig plaatjies is 'n ander gemors sy kom vir julle sy is al twee dae uit die tronk en sy het nog nie haar verskyning hier gemaak??? Ek se julle kry vir julle bulletproof veste want Aunt dinge is 'n regte gemors sy gaan nie twee keer dink voordat sy kak maak nie , maar kyk hier wat staan Tietie weer so vroeg in die hek met haar pis gown en vrot slippers?" Gaan Andrea voort.
"Hoe kan die polisie Mildred laat uit kom?? Sy is 'n gevaar!" Gaan Daisy maal voort sy gaan dadelik in na haar kamer om haar foon te gaan haal om vir Jasiri te bel.
"Jy en jou Auntie is dieselfde jy is net soos sy vuil in die hart en sal nie twee keer dink om mense in jou lewe seer te maak deur jou moet ons nou van Katinka afskeid neem deur jou sit haar kinders sonder 'n Ma deur jou sit ek met brand wonde deur jou roep aunt Tietie my 'n verkleur manetjie !!! Deur jou treur Ma Thabang en stuur vir ons geeste om ons te pla hiller bedags" Gaan Maggie voort baie kwaad.
"Kyk die een se krag trip alweer(Begin lag Andrea) Katinka het dit self aan haar gedoen nou word ek blameer tipies julle heilige soort en Aunt Tietie beter haar slippers gaan was maar kyk hier ek lus dan nou 'n bottle blacklabel ek gaan my nou gaan was sister van my en dan trek ek daai wit all stars van my aan en dan my sister gaan ek tarven toe eeey die lewe is darem lekker .... Julle moet sowaar bodyguards vir Mildred kry ek en sy is nie dieselfde sy skiet atleast brand ek so bel maar die brandweer mense om jou te beskerm ou Magsie" Gaan Andrea voort soos sy die gang afloop.
Maggie voel asof sy wil vir Andrea met die koppie gooi maar sy hou haarself in.
****
Kevin huil van die pyn hy is pienk gebrand sy gesig en sy bors.
Mildred het hom nog vas ook gemaak met 'n draad. Magretta , Dennis en Dario is ook vasgemaak hulle al vier sit teen die muur van die sitkamer vasgemaak al van die vorige aand af.
"Wie nie hoor nie moet voel!!! Sien jy wat kan ek doen??? En jou stuk slêt daai Jonelle is oppad!! Ja sy is oppad om die party te join sy dink sy kom sien jou aih jinne toggies ek maak haar eerste vrek" Lag Mildred al te lekker.
Word vervolg
Comment , like , share