Hoofstuk 68

11 0 0
                                    

Swart Roos
Deur Jay

Hoofstuk 68

Daisy en Maggie kom terug van die lyk huis af die klere weg gevat en die begrafnis plan oor gehandig.

"Andrea het die vrou rerig lelik gesteek het jy sien hoe geswel sy is in haar gesig?" Gaan Maggie voort soos sy bestuur.

"Sowaar Andrea het rerig skade gedoen maar ek wou nog vra hoe voel jy oor Andrea aangesien sy jou so lelik gebrand het?"

"As ek 'n insecure vrou was my sister dan het ek in depresie geval maar ek moet maar gewoond raak vir die nuwe ek, ek sal dalk gaan vir berading maar ek moet myself nou aanvaar ek kan nie nou ook wil swak wees nie julle het my nodig as julle ousie... Ek haat nie vir Andrea nie wat sy gedoen het was verkeerd maar ek dink sy het reguit op daardie stadium gedink toe sy die kamer aan die brand steek sy wou selfs dood brand saam met my as die polisies nie opgedag het nie was ons altwee dood ek dink sy het net genoeg van die lewe gehad maar ek wil saam haar gaan praat in die tronk net om duidelikheid oor sekere dinge te kry maar ek gaan oraait wees ek moet net Mielie Pitte en The girl het ons nou meer as ooit nodig ek oorweeg om hulle aan te neem maar ek het nie 'n werk nie en ek wil graag my studies klaar maak" Gaan Maggie voort.

"Dit is swaar kan jy nie kyk of jy online kan klaar maak dan studeer jy van die huis af? Ek sal jou help dit is waarvoor sisters daar is... Mammie sou wou hê ek sal julle moet help... En ek bid die gereg gee tog vir ons die kinders of anders beland hulle in die sisteem"

"Of erger by Katinka se ouers... Maar my sister ons sal praat na die begrafnis oor alles"
Hulle hou dan voor Katinka se ouers se plek stil.

"Duimpie!! Duimpie !!" Roep Berta breë bors. Sy sit en rook op die stoep.

"Wat is dit nou weer Berta?" Skreeu Duimpie van binne.

"Die ryk gat plaatjiese is hier ek het gewag wanneer hulle gaan kom. Kom uit!" Skreeu Berta.

Berta is Katinka se Ma en Duimpie is haar Pa.

Maggie en Daisy gaan die hek binne.

"Goeie Middag Auntie Berta" Gaan Beide Maggie en Daisy voort.

"Kom sit ek wag al van ek gehoor het my kind is dood vir julle maar nie een dag op nou wil julle twee dae voor die begrafnis opdag tipies ryk gatte" Gaan Berta kwaai voort.

Beide Maggie en Daisy kyk die auntie aan.

"Ons is jammer, ons weet ons moet vroëer gekom het maar ons het ons eie dinge gehad om uit te sorteer maar Auntie kon mos om gekom het om te hoor wat gaan vir wat" Gaan Maggie voort.

"Hoekom moes ek om gekom het??? Ek is dalk arm maar agter julle sal ek nooit hardloop nie ek het gesien hoe julle my kind soos 'n hond behandel maar sy het dit anyways verdien wat sy dan gedink om daardie slegte broer van julle te trou... toe teël sy lelike donderse kinders wat soos monsters lyk alles julle broer se skuld ek het haar gesê trou vir cheslin hier op in die straat nee sy vok agter ryk gatte aan dit is hoekom ek nie oor die weg gekom het nie ek gaan ook nie deel wees van daai begrafnis nie so julle moet maak laat julle uit my yard kom of ek roep vir Brakkies om julle ordentlik hier uit te jag...."  Gaan Berta kwaai voor soos sy die zol op die grond gooi.

"Kom ons loop liewer Maggie" Fluister Daisy.

"Kan 'n Ma so 'n koue hart hê?" Gaan Maggie verbasend voort.

"Trap!! Of ek roep vir brakkies!" Gaan Berta vol bors voort.

Daisy en Maggie loop dan.

"Het jy geruik sy het dagga gesit en rook" Gaan Daisy voort die oomblik toe hulle in die kar klim.

"Ek dit geruik... Ek gedink die auntie het verander maar nog nooit nie eers die dood maak haar sag teenoor haar dogter en dit gaan mos alles oor glade hare maar dan vergeet sy Katinka het boesman korrels en ek wonder wat is onder daai benoude barrette wat sy daar op haar kop het seker ook harde korrels maar dan kom sê sy van ons broer het haar klein kinder gespoil het sy gesien hoe lyk sy??? Laat ek ophou voor ek goed sê" Maggie Start die Kar en hulle trek weg.

"Fuck off julle ryk gatte" Skreeu Berta toe Maggie en Daisy wegtrek.

Hulle is oppad na Dario hulle huis.

Die twee hou stil voor die huis "Is darem stil hier lyk nie of hier dood is..." Gaan Maggie voort.

"Magretta mos seker in die tronk nou moet oom Dennis begrafnis reël en hy sukkel seker want hy verloor sy vrou en kind op een tyd" Gaan Daisy besorg voort soos hulle uitklim.

"Ons het nou te veel dode in die gemeenskap drie begrafnisse op een naweek aih" Gaan Maggie voort soos hulle op stap na die deur.

Daisy klop aan die deur.

Dus maak Dario die deur oop.
"Halo lief gewonder wanneer...." Gaan Dario voort

Daisy en Maggie skrik so groot dat hulle nie nog twee keer dink nie.

"Hardloop Maggie hardloop!!!! Moet nie nog agter kyk nie hardloop" Gaan Daisy benoud voort soos sy en Maggie terug na die kar hardloop.

Voor Maggie by die kar kom slaan sy neer.
"Hier val jy ook nog kom ons sal by die huis kyk waar jy seer gekry het" Skreeu Daisy vir Maggie.

Die twee spring in die kar is net tyres wat geraas maak soos hulle wegtrek.
Dario staan baie verward in die deur hy weet nie wat sopas gebeur het nie.

"Nou weet ek wat Aunt Tietie gevoel het sowaar ek weet nie hoekom dwaal die dooies ewe skierlik??"

"Die Here se koms is naby" Gaan Daisy voort.

"Sowaar my hart en hy nog die deur oop ook gemaak?? Jy het gesien neh?" Gaan Maggie voort soos sy die kar trap deur die strate huistoe.

"Hy het sowaar..."

"Nou verstaan ek Aunt Tietie se pyn ek is ewig spyt ek het haar uitgelag"

"Hier is iets nie reg nie... Dink jy is Thabang se Ma wat ons nou straf vir Andrea se goed?" Vra Daisy.

"Moet tog nie sê jy glo ook daai Auntie kan pampoene ry en magic doen??"

"Jy dan gesê Aunt Tietie lieg nie"

"Dan is dit waar ... ANDREA wat het jy gedoen" Gaan Maggie voort.

Word vervolg

Swart RoosTempat di mana cerita hidup. Terokai sekarang