Hoofstuk 62

8 0 0
                                    


Swart Roos
Deur Jay
Hoofstuk 62

"As ek vir Aunt Tietie die tee stel gee gaan jy tog loop?" Vra Maggie vir Aunt Tietie want sy het nie lus vir Daisy se privaat besigheid om ook op die strate te wees nie Daisy gaan al klaar deur baie goed.

"Kom ek kyk die duur tee stel of die familie geheime uhmmm" Gaan Aunt Tietie voort.
Manie sit ook aan die kombuis tafel baie gespanne.

Maggie gryp vir Aunt Tietie aan die arm "Kom ek is moeg vir jou ! kom!" Trek Maggie haar.

"Los my ! los my ek is oud so jy lig jou hande vir 'n ou vrou?" Gaan Aunt Tietie benoud voort.

"Ek bied jou so mooi die tee stel aan sowaar wil jy die nuus hoor het jy nie al genoeg oor die jare hierdie familie se naam sleg loop en maak ?? en tog is ons net goed vir jou." Gaan Maggie kwaai voort sy vergeet sy het nog brand wonde wat haar nie toelaat om rof te wees nie.

Sy smyt vir Tietie uit by die deur.

"Sy dink seker sy gaan my keer ek weet mos waar is Daisy se kamer venster" Dus loop Aunt Tietie mooi om die huis tot by Daisy se kamer venster om afte luister.

Maggie se wonde begin bloei.

"Kan ek jou help?" Vra Manie.

"Nee dankie ek sal regkom" Gaan Maggie voort soos sy in badkamer toe verdwyn.

"Blometjie maak oop dit is jou Babbie maak oop" Gaan Wilma voort soos sy klop aan die deur.

"Miskien slaap sy Ma ons sal moreoggend hierdie uitsort" Gaan Jasiri voort.

Daisy maak dan die deur oop.

"Kan ons daar binne in die sitkamer gaan praat?" Vra Daisy haar oë is bloed rooi.

"Maar natuurlik Blometjie" Gaan Wilma voort en sy agtervolg vir Daisy in sitkamer toe.

Sy gee dan vir Jasiri 'n bevel om vir Manie te gaan roep.

Maggie gaan ook die sitkamer binne. 

"Ek kan ek asseblief aleen praat ? julle kan luister en dan julle input gee" Gaan Daisy voort.

"Okay dan blometjie" Gaan Wilma voort

"Maggie het my ooreed om julle 'n kans te gee ek was nie juis seker oor julle nie ek weet julle is ordentlike mense, maar julle moet ook verstaan ek gaan deur baie op die oomblik en het spasie nodig om alles te verwerk so ek vra mooi dat ons stadig beweeg ek sal eenkeer in 'n week kom kuier vir nou om die kant van my familie beter te leer ken maar dit is dit... En aan Oom Manie ek was bietjie teleurgesteld omdat oom nie na my gesoek het nie want oom het geweet van my bestaan ek wil graag weet hoekom oom nie na my gesoek het nie?" Gaan Daisy voort.

Een traan verlaat Manie se oog " Mildred het gesê sy het 'n aborsie gehad vertrou my as ek sê ek het nie geweet jy lewe nie ek sou alles in my vermoë gedoen het om jou op te spoor of vir jou te sorg"

"Is waar ek het goeie kinders groot gemaak as hy geweet het was jy nou vandag 'n bosman maar jy is een Jasiri sal sorg dat jy jou van verander" Gaan Wilma voort.

"Stadig Auntie jy het mos gehoor wat my sistertjie gesê het sy wil alles stadig en op haar tyd verwerk" Lewer Maggie komentaar.

"Dankie Maggie.. Ek verkies om die plaatjies van te behou dit gee my darem nog 'n sense of belonging ek gaan nie somer gou my van verander dalk in die toekoms maar dankie Auntie Wilma" Gaan Daisy beskaafd voort.

Dit lyk asof Wilma 'n oorval wil kry maar Jasiri kalmeer haar.

"As dit hoe julle wil dinge gedoen wil hê dan kan dit seker maar gebeur jong maar moet net nie later aan kom kruip nie" Gaan Wilma voort.

"Ma!" Gaan Jasiri voort.

"Ek lek mos nie kinders se gatte nie" Skel Wilma soos sy opstaan.

Daisy se oë skiet dadelik vol trane.

"Ons nodig nou vir Andrea" Gaan Maggie kliphard voort.


Wilma storm by die deur uit.

"Ons is jammer vir ons Ma se gedrag sy het net meer verwag sy verwag altyd meer" Gaan Jasiri voort.

"Ek vergewe jou oom Manie ek  verstaan nou hoekom jy nie vir my kom soek het nie en ek verstaan hoe Aunt Wilma is sy soek vinng progress ek neem haar nie kwalik nie enige Ouma sal wil opmaak vir verlore tyd , Jasiri jy is 'n ongelooflike mens dankie" Daisy gee vir Manie 'n drukkie en dan vir Jasiri.

Word vervolg.

Comment , like, share .

Swart RoosHikayelerin yaşadığı yer. Şimdi keşfedin