Hoofstuk 24

11 0 0
                                    

Swart Roos
Deur Jay
Hoofstuk 24

"Mamma wat het jy weer gemaak?" Vra Jasiri vir Wilma.

Hannes het vir Jasir vertel wat Wilma gedoen het.

"Ek moes geweet het Hannes gaan weer skinder hy is erger as sy Ma Lienkie" Gaan Wilma kwaai voort.

"Ma wat het jy gemaak?" Vra Jasiri weer.

"Ek het gaan bid vir daai blomme meisietjie wat haar naam? Die een met die gebreukte neus" Gaan Wilma voort.

"Daisy? Ja maar wat het jy na dit gedoen"

"Ek het na haar huis toe gegaan om saam met haar Familie te praat nie juis praat maar bid maar ooo daar is hierdie rou vrou wat haar mooi hou ek weet Jesus skape nie lelike mense nie maar ooo daai vrou is bitter lelik binne en buite die Here moet my vergewe." Gaan Wilma voort.

"Moet nie sê Ma het weer van die Holy water gebruik gemaak nie? ooo Ma moet terug huistoe gaan Ma kom gee my net al my dae" Gaan Jasiri voort.

"Maar natuurlik moes ek my Holy water gebruik daai vrou is die duiwel ek sal moet vir haar bid. Wie gaan na die tweeling kyk as ek moet terug huistoe gaan"

"Ek sal plan maak" gaan Jasiri voort.

******

Nadat Mildred haarself droog gemaak het , het sy somer gesort.

Terwyl sy in die stort is lui Kevin se foon.

Hy antwoord "Hey babe"

"Heey Kevy!" Gaan die meisie aan die anderkant van die foon voort.

"Wat maak my baby ek mis jou kan nie wag vir die semester verby te gaan dan sien ek jou" Gaan Kevin voort.

"Arg babe ek sit maar hier op die stoep lekker bored... Hoe gaan dit nog met jou studies ?"

"Jy weet hoe hectic kan varsity raak babe... ek sit en study nou reeds vir môre se toets" Lieg Kevin sonder om 'n oog te knip.

"Dan pla ek jou maar nie my Kevvy ek sien jou dan wanneer die semester om is.... Ek bêre al hierdie good stuff net vir jou jy is die beste outjie ooit ... Slim en hardwerkend" Gaan die meisie aan die anderkant voort,


"Lief vir jou Skat...." Gaan Kevin voort.

"Lekker leer en gee jou beste in daai toets hoor jy"

"Dankie skat geniet jou dag veder" En dus drop Kevin die foon.

Mildred kom die kamer binne.
"Kom baby laat ons mall toe gaan" Gaan Mildred voort.

"Mammie ek het 'n nuwe tracksuit ook nodig ek hou nogals van daai Kappa spanne." Gaan Kevin sonder skaamte voort.

"Gaan jy nie was nie?" Vra Mildred

"Nee Mammie ek sal was as ons terug kom wil mos nie al Mammie se perfume af was nie" Flirt Kevin.
Mildred smile netso breed "Jy is darem iets anders en ek hou daarvan , jy sal nie glo wat nou gebeur nie"

"Wat?" Vra Kevin.

"Die kerk vrou my met vuil water kom nat spat!!" Gaan Mildred kwaai voort skoon vergeet sy het nou so breed gesmile laat haar tande uitsteek.

"Ek is jammer Mammie kom hier" Hy hou sy hande uit vir haar om hom 'n drukkie te gee.

"Awww kevin" Gaan Mildred voort soos sy hom 'n drukkie gee.

"Enige iets vir Mammie"

"Nou kom trek aan laat ons weg wees ek wil nog hospitaal toe gaan na ek vir jou uitgesort het ek het 'n apel om te skil saam met 'n sekere Madam." Gaan Mildred voort.

"So ons gaan in verskillende karre ry? Want ek wil nie hospitaal toe gaan"

"Ja jy kan huistoe kom as ons klaar is by die mall" Gaan Mildred voort.

Kevin trek vir hom vinnig aan.

Hy en Mildred loop deur die kombuis om uit te gaan. Andrea en Katinka sit aan tafel sit en kaarte speel.

"Die twee dronkgatte kom nou ewe skierlik oor die weg" Maak Mildred 'n opmerking soos sy verby loop.

"Woah! Moet nie my verkeerd kry nie Aunt dinges ek laaiks steeds nie vir Katinka nie." Gaan Andrea voort.

"Ek laaiks ook nie vir Andrea nie!" Gaan Katinka ook voort.

"Maar hoekom speel julle kaarte saam" Vra Kevin.

"Ons speel vir dagga , die een wat verloor kry nie die zol nie" Gaan Andrea voort.

"Aunt Dinges se klein manetjie laaiks ook maar dinge" Gaan Katinka voort.

"Natuurlik sal hy, hy date 'n ou mens en ou mense hou van skinder so is aansteeklik een van die dae kry hy ook menopause" Gaan Andrea lag lag voort.

"Manne kry nie Menopause nie" Gaan Katinka voort.
"Wat ken jy het jy ooits lewenswetenskap op skool geslaag wag wag jy ken mos nie 'n skool se ingaan nie" Gaan Andrea voort.

Katinka is somer dadelik stil.

"Kom baby voor die twee mekaar dood maak" Gaan Mildred voort.

Wat Mildred en Kevin uit by die deur is.

"Ek wonder waar kry sy so geld" Fluister Katinka vir Andrea.

"Die meit is skelm sy doen iets in die mou sy, sy kan nie wil so nuwe lingerie aan het en nou gaan sy mall toe iets is fishy my skoon sister" Chorus Andrea.

"Groot fout ek sê jou"

*****
Die nurse haal Daisy se bandage af om haar stitches skoon te maak.

"Hoe lank gaan ek nog hier wees ?" Vra Daisy

"Nog net paar dae die dokter sal die steke kom kyk en dan sal hy dan besluit maar ek skat jy sal so teen maandag al huistoe kan gaan" Gaan die nurse voort.

"Dankie Vader" Sig Daisy.

"Is jy dan so moeg vir ons?" Vra die nurse.

"Nee dis nie dit nie ek wil by die huis wees want ek moet toesig hou oor my Familie" Gaan Daisy voort.

"Is hulle nie groot nie?" Vra die  nurse.

"Hulle is maar hulle is 'n handvol en ek het hulle so lief maar hulle is nie lief vir my nie en dit maak nogals my hart diep seer" Gaan Daisy voort.

"Aih Kind ek is so jammer maar miskien verstaan of sien jy verkeerd dalk is hulle leif vir jou" Gaan die nurse voort.

"Ek weet nie meer wat om te dink nie hulle aksies wys die teenoorgestelde" Gaan Daisy voort.

"Elke huis het maar sy kruis miskien moet jy hulle net 'n kans gee"

Dus kom Mildred in.

"Is nog nie besoek tyd" Gaan die nurse voort.

"Bepaal jou nursie ek het met my sister se kind kom praat!! Wat mos pastore met vuil waters na my huis toe stuur!" Begin Mildred kwaad raak.

Daisy maak maar net haar oë toe.


Word vervolg.

Comment, like , share...

Swart RoosWhere stories live. Discover now