Hoofstuk 2

26 0 0
                                    

Hoofstuk 2
Daisy het stadig maar seker huistoe geloop in die rëen een van die familie lede het vir haar lift aangebied maar sy het dit van die hand gewys.
Sy het in die rëen geloop sonder enige sambriel of enige baatjie al wat sy aangehad het was 'n kaal arm swart rok.
Toe sy uiteindelik by die huis kom het meeste mense al pad gegee.
"Is jy oraait Daisy?" wil Mildred weet.

"Ek sal wees ek nodig nou net 'n warme stort dus al aunty Mil."
Antwoord sy sonder om vir Mildred in die oë te kyk. Mildred is haar Ma se sister en Gredwon is haar Ma se broer.

"Jy lyk nie oraait nie Daisy, jy hoef nie voor te gee nie jy het 'n baie belangrike persoon in jou lewe verloor dis okay my kind om te treur en te huil met tyd sal dit beter raak." Mildred is 'n persoon wat baie omgee en altyd ander voor haarself sit.

"Ek weet aunt Mil dus net Mammie het so vinnig weg gegaan sonder om behoorlik te groet." En met dit skiet haar oë weer vol trane.
Mildred vat haar om die lyf en lui haar na haar kamer.
"Kom ons kry jou eers uit die nat klere my kind dan kan jy stort en aunty sal vir jou net hier wag met 'n lekker bekker warme tea."

Daisy glimlag vir die eerste keer "Aunty is 'n stêr."
Mildred is uit by die kamer en Daisy is in die stort wat sommer in haar kamer is. Haar Ma was 'n goeie besigheidsvrou en het 5 besighede besit voordat sy gesterf het so die huis is redelik groot en gemaklik. Al haar kinders het saam met haar gebly selfs Daisy se enigste broer met sy vrou Katinka en hulle string kinders. Almal is klaar met skool behalwe Daisy sy doen haar matriek nou eers. En nie een van hulle werk nie hulle het nog altyd staat gemaak op Ellen(Hulle Ma).
"Waar is daai bedorwe bokkie?" Vra Maggie die oomblik toe sy die kombuis binne kom van buite af.

"Van wie praat jy nou ?" Wil Mildred weet.
"Oo ek het nie eers gesien aunty dinges is hier binne nie ooo nog lanklaas vir madam gesien." Bars Maggie uit die oomblik toe sy vir Mildred sien.
"Juffrou'tjie jy loop heelweek draaie om my so moet nie maak asof jy my vir die eerste keer sien nie, ek was en is nou al die heelweek hier."

"Jammer Tannie ek was seker net te besig met begrafnis rëelings dat ek nie eers vir Tannie raak gesien het nie." Sy spreek die 'Tannie' woord uit soos wit mense dit uitspreek want sy probeer om sarkasties te klink.
Mildred het net daar gestaan en sig.
"Ja maar waar is Daisy de Melker?"
"Die kind het gaan stort , sy voel nie lekker nie."

"Nee wag Tannie stort? Rerig wie dink sy nou dan wie is sy ? koning Jesus?"

"Sy het haar Ma verloor asseblief sy gaan deur baie op die oomblik."
Maggie sit haar hande in haar heupe "O so wat was daai van my wat ons vandag begrawe het? Dit was ook mos my Ma maar sien jy dat ek gaan shower? Nee aha die swart potte moet nog gewas word."

"Maggie kan jy vir een oomblik nie selfsigtig wees nie? ons almal hanteer dinge op verskillende maniere, jy weet wat het Ellen vir daai kind beteken jy weet dit."

Maggie staan daar met 'n mond vol tande "Okay dan as daai madam klaar gewas het doen my die guns aunty dinges en laat weet haar die swart potte wag daar buite."
En met dit loop Maggie uit by die kombuis deur.
"Die kind het geen respek nie, geen maar ek is nie verbaas nie sy is maar van kleins af so 'n rebel." Staan en praat Mildred met haarself.
Nadat Mildred die koppie tea gemaak het stap sy af in die gang na Daisy se kamer , sy klop eers om te hoor of dit veilig is om in te kom.
"Ek is amper klaar trek net gou my slaap klere aan, is dit aunty Mil?"

"Ja my kind dus ek."

Nadat Daisy klaar aangetrek het maak sy die kamer deur oop met 'n glimlag.
"Jy het so 'n mooi glimlag my kind."

"Dankie aunty Mil, is dit drie tee lepels suiker?"
"Ja natuurlik ek weet mos hoe my familie oor hulle drie tee lepels suiker is, jou Ma het my altyd geskel as ek tee vir haar maak en ek gooi te min suiker in was altyd ek en sy se stry."

"Ja nee ek kan glo sy was baie oor tee gewees elke oggend voor ek skool toe gaan moes ek 'n koppie vir haar in haar kantoor los."
Soos Daisy dit vertel kan mens die seer in haar stem hoor.
"Aih my kind alles gaan oraait wees" vryf Mildred haar sagte hande oor Daisy se rug.
"Kom kruip onder die komberse en moenie worry nie ek is nog tot maandag toe hier om seker te maak jy is oraait."
Met dit kruip Daisy onder die komberse en Mildred gee haar 'n soen op haar voorkop.

"Daisy ek gaan die kamer sluit sodat niemand jou kan pla nie Maggie is alreeds op oorlog uit."
Daisy lê en sig "Aih Aunty Mil."

Mildred neem die sleutel van die kamer deur en maak die gordyne toe en sluit Daisy in haar kamer toe sodat sy kan slaap.

Word vervolg.

Swart RoosWhere stories live. Discover now