Hoofstuk 61

9 0 0
                                    



Swart Roos
Deur Jay
Hoofstuk 61

Die trane rol uit Maggie se oë

"Hulle het met die kar se brieke gepeuter dus waar" gaan Maggie voort.

"Was jy deel van dit het want hoe weet jy?" Vra Daisy met soveel seer in haar stem.

"Ek was baie lief vir Ma ek sou nooit as ek geweet het, het ek alles tot op 'n stop gesit "

"Hoe weet jy was die vraag Maggie" gaan Daisy voort.

"Aunt Dinges vir Andrea gedreig sy het glo by Edwin gehoor dat hy en Andrea die ding saam beplan het ek het godsewaarheid nie geweet nie maar ek het wel die polisies laat weet toe hulle my kom ondervraag het in die hospitaal ek het hulle alles vertel so hulle gaan vedere ondersoek instel ".

"Dus nou een skok na die ander Dario is ook dood Magretta hom dood gemaak ek weet eerlikwaar nie hoe om oor alles te voel ek is net in skok Maggie ek weet nie meer watter kant toe nie... Dinge tussen ek en Dario was nie meer dieselfde na Ma se funeral ek wou hom los maar ek het nooit die guts gehad nie maar nou is hy dood en my hart is diep seer"

"Jy moet alles op jou tyd verwerk en onthou jy moet nog op jou skool werk ook begin fokus jy is nou seker al baie agter ek weet alles is nou te veel maar jy is sterk jy sal deur druk maar onthou om bietjie asem te haal en is okay as jy eers volgende jaar jou matriek wil klaar maak maar soos ek sê jy is een sterk meisie jy kan deur druk die jaar block vir nou eers die negatiwiteit uit... Ek sal vir Oom Dennis bel om te hoor hoe dinge daar gaan maar vir nou moet jy eers rus ons huis is deurmekaar maar ek kan vir jou 'n koppie tee maak en dan gaan ek hier by jou inkruip en seker maak jy is veilig "

"Ja nee ons moet nog huis ook reg maak want ons gaan seker katinka hier uit begrawe" sig Daisy effens.

"Haar ouers soek niks van haar af nie vandat sy so hulle Sassa kaarte gesteel het en die geld loop en uit syp het"

"Maar steeds hulle moet haar mos darem begrawe watter ouers is hulle?"

"Is van daai harde boesmans wat nie somer vergewe nie" Lag Maggie effens om die atmosfeer in die kamer bietjie lig te maak.

"Aih jinne Maggie....."

Dus hoor hulle 'n klop aan die deur.

"Ek gaan maak oop" gaan Maggie voort.

"Okay dan as dit die bosmans is sê ek is nie hier nie ek nie nou krag vir dit ook nie"

"Is reg my sister"
Maggie gaan dan deur toe.

Sy maak oop sonder om te vra wie dit is.

Aunt Tietie staan daar met 'n bak vol vetkoeke.

"Oo jirri kind hier is die vetkoeke wat ek belowe het" sy loop somer in verby Maggie.

"Dankie Aunt Tietie maar nou is nie 'n regte tyd nie " gaan Maggie voort.

Aunt Tietie is al klaar in die kombuis "ooo maar julle nodig iemand om die huis skoon te maak kyk die bloedspatsels teen die mure oooo ek neem aan dit is Thabang se bloed... Ek weet nie hoe julle in die huis veder gaan lewe nie want as dit my huis was sou ek lankal dit verkoop het wat van daai drie been pot spook hier???? En hy was lelik gewees nou dink net as jy hom moet hier in die kombuis in die aand sien " Aunt Tietie gaan al te dramaties voort soos sy die bak met die vetkoeke op die tafel neer sit.

"Dit is ons huis hoe sal ons dan maak?" Gaan Maggie sonder lus voort.

" 'n huis vol demone ek altyd gesê ryk mense het die meeste probleme ... maar nie te min julle my mos na die begrafnis belowe dat ek daardie oulike tea stel van oorle Ellen gaan kry so ek kom haal dit ooo sy was oor daai steletjie elke keer as ek hier kom kuier dan haal sy dit uit en jy moet weet as daai steletjie uitgehaal word dan kom die nuus lekker uit " gaan Aunt Tietie voort.

Maggie kyk vir Aunt Tietie "Maar niemand het gesê Aunt Tietie moet die tea steletjie kry nie..."

"Wat weet jy? Ek persoonlik saam met Ellen daai oggend van haar dood gepraat en sy gesê as sy dood gaan dan moet Ek daai tea steletjie kry"

"Maar... Sy het nie eers geweet sy gaan dood" probeer Maggie redeneer.

"Jy bevraagteken alles geen wonder Andrea het jou fried chicken gemaak want jy is oorig jy hoor mos ek sê Ellen het gesê ek kan daai tea steletjie erf" Hou Aunt Tietie dik.

Dis klop die bosmans.  Maggie is weer deur toe.

"Naand Maggie ons is hier om saam met Daisy te praat " gaan Jasiri beskaafd voort.

"Naand julle ek neem aan julle is die bosmans? Sy voel klein bietjie nie lekker nie maar julle kan in kom" gaan Maggie voort.

"Ons is ja dankie" gaan Jasiri voort en hulle gaan in.

"Waar is blometjie waar is my klein kind??" Gaan  Wilma  kliphard voort soos sy in loop.

Aunt Tietie sit al te gemaklik spits haar ore.

"Wie is blometjie ? En hoekom maak jy so geraas?" Vra Tietie direk vir Wilma.

Jasiri en Manie groet vir Tietie .

"Dit is my klein kind Daisy"

"Ooo die is nou sappige nuus hoe is sy jou klein kind ek nog nooit vir jou hier rond gesien nie maar is jy dan nie die prokureur wat saam Daisy hier was?" Gaan Aunt Tietie voort soos sy vir Jasiri aankyk.

"Auntie is jy die hoof van die huis as jy so klomp vrae het ek soek vir blometjie" Gaan Wilma voort.

"Ooo nee ek is die buurvrou ek bly langsaan maar ek ken die familie vir jare dus hoekom toe ek hoor van Ellen se testament ek dat Daisy alles erf was ek teleurgesteld want rerig kon Ellen nie ding 'n groot vrou soos ek kon baie beter na haar kinders gekyk het ek weet hoe om met geld te werk  maar nee daai Daisy lê in een van die kamers gaan soek haar maar , terwyl ek vir Maggie vra hoe is Daisy jou klein kind " gaan Aunt Tietie voort.

Wilma is die gang af Jasiri probeer haar keer Maggie is swak sy weet nie wat om te maak sy kyk maar vir Manie en dan vir Tietie wat hande gevou sit en wag vir die storie.

Word vervolg

Comment , like , share

Swart RoosWhere stories live. Discover now