Swem

15 0 0
                                    

Ek onthou elke oomblik
Die lag, die huil, die gevoel van vryheid wat saam jou gekom het
Die gevoel dat iemand in die wêreld my wou gehad het vir eens
Dit bring seer
Maar dit bring ook 'n bittersoet gevoel van geluk
Ek mag jou verloor het
Maar ek waardeer elke oomblik van geluk wat ek kon kry saam jou
En tog maak dit die seer 'n bietjie meer duidelik partykeer
Tog skeur dit my hart in stukkies
Net soos die oseaan, spoel dit oor my
En dit versmoor my partykeer
Maar dit beteken nie dat ek goed sou wou anders gehad het nie
Al laat ek dit anders lyk
Dit los my asemloos
Maar ons almal moet weer leer swem partykeer.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now