En dis al hoe ek myself weghou van jou
Al hoe ek nie met jou praat nie
Met die wete dat al sê ek jou enige iets
Soos hoe my hart doodgaan sonder jou
Soos hoe elke atoom in my lyf jou terug wil hê
Soos hoe my brein baklei teen my hart
Sou jy nie omgee nie
Sou dit nie saak maak nie
Want ek is nie sy nie.
As ek sy was, sou jy omgee
Jy sou bekommerd wees
Jy sou sê jy soek haar terug
En hoe lief jy haar het
Maar ek is nie sy nie.Ek wens ek was sy, net sodat ek jou kon gehad het vir nog 'n oomblik.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.