Interne Fout

8 0 0
                                    

Ek's pateties.
En ek besef dit
Meer as wat normaal is seker
Dit maak net seer
Want ek probeer so hard
So fokken hard
My hele lewe om vriende te kan maak
Maar op die ou einde is dit op'n een of ander manier nogsteeds ek wat uitgelaat word
Is ek so irriterend?
So depressief?
So nie goed genoeg nie?
Is daar iets binne my wat mense laat wegskrik?
Wat mense my nie wil laat hê nie?
Is daar 'n interne fout met my?
Hoekom voel dit of ek alleen is?
Ek probeer so hard die afgelope tyd
Ek doen al die regte goed
Hoekom voel ek soos 'n fout?

Jy hoor my nie eers as ek skreeu nie.

Wat's fout met my?

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now