Soms wonder ek wat mense van my dink
Dink hulle ek's 'n gelukkige meisie?
Dat ek irriterend is?
Dat ek net iemand is wat aandag soek?
Almal het seker hulle verskeie opinies
Partykeer wonder ek of hulle bewus is as ek breek
Of hulle weet dat ek ineenstort as ek depressiewe goed opsit?
Weet hulle dat ek skreeu?
Dat ek voel asof iemand hulle hande om my nek hou?
Dat ek sukkel om asem te hael?
Dat ek nie voel of daar enige iemand is wat ek kan vra vir hulp nie?
Weet hulle dat dit voel of hulle nie omgee oor my nie?
Weet hulle dat hulle my laat voel soos 'n spook?
Asof hulle reg deur my kyk
Weet hulle dat ek partykeer myself isoleer?
Dat ek net iemand wil hê wat sal luister?
Weet hulle wat doen ek as ek depressief voel?
Dat ek myself partykeer vernietig?
Weet hulle wat ek dink?
Om eerlik te wees, ek sou nooit die vrae hardop vra niePartykeer is dit beter om nie al die antwoorde te hê nie.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.