Terroriseer

8 0 0
                                    

Jy terroriseer my drome
Want dit was mos nie genoeg om my hart uit my bors te skeer nie.
Nee, ek moet luister na die geluid van jou lag
Ek moet jou gesig voor my sien
Ek moet voel of als is soos dit was
Ek moet my hand uitstrek na joune
Net om wakker te word in realiteit
Asemloos.
Gebroke.
In pyn.
Hoe selfsugtig kan 'n mens wees?
Nie net om jou hele menswees te ontrafel nie
Maar om terug te kom elke aand in 'n opgefokte sprokiesverhaal

Iemand help my asseblief, want elke oggend voel dit of iemand hulle hande om my nek hou.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now