Dis tyd om eerlik te wees
Ek sit al my wapenrusting neer
Vir die een oomblik
Sal ek oopkaarte speel
Daar was nie
Daar is nie
Daar sal nooit
'n Kans wees nie.
Jy en ek.
Dit het vir 'n oomblik
Vir 'n moment
Vir my als beteken
En ek sal nooit kan terug kyk en enige iets haat nie
Al was ek in twee geskeer
Al het jy 'n deel van my hart gesteel
Wat ek nooit weer kan terugkry nie
(die enigste ding wat jy van my sal hê)
Êrens binne my weet ek
Dat ek nie oor jou gaan kom totdat ek die hele waarheid praat nieAlmal sê die waarheid maak jou vry, maar hulle vertel jou nie dat dit eers jou moet vernietig nie.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.