Beter

20 0 0
                                    

Ek's jammer dat ek jou gegooi het met woorde wat jy gedink het jy verdien
Dat ek jou afgebreek het soos almal met jou gedoen het
Dat ek jou nie hulp gegee het toe jy dit nodig gehad het nie
Dat ek jou hart nog meer stukkend gemaak het
Dat ek gesê het jy verdien als wat mense aan jou doen
Dat ek jou afgekraak het in plaas van opgebou het
Dat jy moes groot geword toe jy nog 'n kind was
Dat ek altyd ander mense beter as jy hanteer het
Dat ek hulle hoër geag het as jy
Dat ek jou sny met woorde wat jou seermaak
Dat jy nooit kon verander in wie jy eintlik was nie, want ek het jou in 'n kamer in my hart toegesluit
Dat ek nooit vir jou opgestaan het nie
Dat ek niks gedoen het as mense oor jou loop nie
Jy verdien beter.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now