En ek kan nie antwoord en sê wat's fout nie
Want hoe de fok vertel jy iemand dat hulle die probleem is
Dat al probeer jy hoeveel daai deel wegsteek en ignoreer
Dat dit altyd opkom.
Hoe vertel jy iemand dat jou grootste vrees is dat jy hulle nooit gaan vergeet nie?
Dat jy amper angs kry as jy dink aan of jy dalk 80 gaan wees en nogsteeds spyt wees?
En dis dalk een van die goed wat seerste maak.
Toe jy vir iemand alles kon sê
En nou kan jy net dink aan als wat jy nie moet sê nie
Want die woorde word nie meer in die openbaar toegelaat nie.
Dit voel of al my woorde deesdae so leeg is soos wat ek voel.
My glimlag aangeplak om vrae weg te hou.
Maar die enigste plek wat ek nie kan beskerm nie is die ding wat die meeste saak maak
My hart.
Ek't al derduisende kere probeer om vir hom wapenrusting aantrek
Maar tog steek pyle nog raak
En dis wat my nog laat bloei.
My laat verlore voel toe ek vyf minute terug oraait was
Dis al die pyle met woorde wat vergete is deur almal behalwe my.Die trane wat van my wange af loop speel vir my langspeelplate van dae wat al moes vergete gewees het.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.