Ek dink dis wat my vang op die ou einde
Dat na soveel maande, ek nogsteeds nie weet wie jy is nie
Jy was so trots om te sê jy is net wie jy sê jy is
Maar ek dink nie eers daai is die waarheid nie
Om eerlik te wees, weet ek nie wat presies ek moet dink van jou nie
Want daar's hierdie beeld wat jy probeer skep
Hierdie masker wat jy aan sit
En dan's daar wat mense sê van jou
En dan's daar wat ek self dink oor jou
En alles pas nie mooi bymekaar nieDalk is dit beter dat ek weg bly, want iemand wat jy nie kan opsom nie is 'n gevaarlike persoon op die ou einde.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.