Waar's die ouers wat moes daar wees?
Die wat ek moes kon vertrou?
Die ma wat saam my gebid het as ek wakker geword het van 'n nagmerrie
Die pa wat elke dag met my gespeel het al was hy doodmoeg
Ek weet ek moes die soet dogter wees
Die een wat altyd luister
Nooit gehoorsaam is
Wat perfek is
Wat niks opskroef nie
Ek moes die voorbeeld wees
En ek was nie.
En ek is nie.
En ek's jammer.
Ek wil net weer klein wees
Ek wil net voel of hulle nog trots is op my wanneer my brein ander goed vertel.
Wys my die leuens in my kop is nie waar nie
Hulle aksies skreeu vir my dat dit is.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.